Gesels met ons op WhatsApp: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

VOORGROND/AGTERGROND:
VOORGROND/AGTERGROND:
WAT IS DIT?
WAT IS DIT?
WAARVOOR GEBRUIK JY DIT?
WAARVOOR GEBRUIK JY DIT?
EN HOE STIMULEER EK DIT IN DIE KLAS?
EN HOE STIMULEER EK DIT IN DIE KLAS?
Gepubliseer op 15 November, 2019
Gepubliseer op 15 November, 2019
Voorgrond/agtergrond (word soms ook figuurgrond genoem) gaan oor die vermoë om ’n spesifieke item of objek in ’n besige omgewing te kan vind. Dit is een van die eerste visuele perseptuele vaardighede wat ’n kind ontwikkel en is noodsaaklik regdeur die lewe.

Kom ons kyk na ’n paar basiese dinge waar jy elke dag voorgrond/agtergrond gebruik:

• Alledaagse lewe:
• Alledaagse lewe:
Om iets te soek bv. ’n spesifieke pienk hemp in jou klerekas; die regte tipe koffie op die winkelrak te vind; die rys in die kruidenierskas; die kudu in die veld raak te sien ens.

• Op skool:
• Op skool:
Om op ’n woord te kan fokus en te lees sonder om jou vinger te gebruik. Voorgrond/agtergrond is dus noodsaaklik vir lees en een van ons belangrikste skoolvaardighede en maak dit noodsaaklik om te stimuleer.

Om jou wiskundeboek in jou tas te vind.
Om jou wiskundeboek in jou tas te vind.
Om jou maatjie pouse op die speelgrond te vind.

Om te kan fokus op dit wat juffrou op die bord skryf.

Om die spesifieke plek in die boek te vind waar juffrou is.

Om aan skoolsport deel te neem soos netbal of skaak.

Voorgrond/agtergrond kan reeds van kleins af gestimuleer word en kan reeds vroeg as ’n uitdaging geïdentifiseer word. Hoe weet jy ’n kleuter sukkel met voorgrond/agtergrond?

Die kind sukkel met legkaarte
Die kind sukkel met legkaarte
Die algemeenste waarneming is dat die kind gefrustreerd raak en sukkel om iets te soek bv. ’n sekere dier in die speelgoedkas; om vir jou te wys waar die perd is op die bladsy

Hoe kan ons dit reeds van kleins af oefen?

Babas
Babas
Help die kind al van vroeg af fokus. Begin met ’n swart-en-wit mobiel bo die omruilstasie in die klas of wys vir hom prente met swart-en-wit gedrukte eenvoudige geometriese vorms. Dit bied goeie kontras en help die kind om te leer fokus.

Tydens voeding maak oogkontak met die kind en gesels met hom. Hier is julle baie naby aan mekaar en kan die baba begin fokus op jou gesig, jou oë en jou mond soos jy gesels. Dit is ook noodsaaklik om dit vir mamma te noem.

Behalwe vir voeding skep ook genoegsame ander tyd waar julle naby kontak het.

Bied genoeg geleentheid vir ervaring van die buitelewe. Ons is so geneig om oorbeskermend teenoor daai klein lyfies te wees en hulle net in die bed te hou; onthou, verryk hulle wêreld sonder om hulle oor te stimuleer. Gaan van vroegs af na buite. Gooi ’n kombers buite op die gras onder ’n boom of lig die gordyne en plaas baba by ’n venster waar hy die beweging van ’n boom se blare kan waarneem.

Help hom om van kleins af op ’n item te fokus. Begin met ’n ratel wat jy beweeg, ’n mobiel en later balspeletjies. ’n Handpop verskaf ook baie vermaak van kleins af

Begin met een-prent boeke. Gee die kind geleentheid om daarna te kyk terwyl jy hom vertel

Ouer babas en kleuters:
Ouer babas en kleuters:
Bou saam met hulle indruklegkaarte. Wys een stuk op ’n slag bv. die hond en wys hoe jy van bo na onder en van links na regs die regte gatjie soek. Gee later vir die kind die stukkie en laat hy nou self die plek soek. Al kan hy dit nog nie indruk nie, veral kinders onder ’n jaar, sal hy tog vir jou kan wys waar is die hond se plek.

Gaan later oor na legkaarte. Wys eers vir hulle hoe jy ’n twee-stuk legkaart aan mekaar sit. Kyk, hier is die hond se kop. Die hond kort ’n lyf. Kom ons soek die lyf? Later gee jy net die hond se kop vir die kind en vra hy moet tussen al die stukkies daardie legkaart se maatjie soek. En voor jy weet begin hulle self bou. Sodra twee stukke bemeester is gaan dadelik oor na drie tot vier ens.

SOEK-SPELETJIES. Daar is ’n magdom; hier noem ons net ’n paar:

o Steek items in ’n bak met rou rys weg en laat hulle dit soek.

o Lotto-speletjies waar die prentjie gepas moet word op die bord.

o Bingo kan ook aangepas word vir die klaskamer.

o Doolhof – werkstukke of “mazes”.
o Doolhof – werkstukke of “mazes”.
o Kleur prentjies in volgens nommers (die kind moet die nommers soek om dit volgens die aanwysings die regte kleur in te kleur).

o Wys vir hulle ’n besige prent (met ’n verskeidenheid van items op) en vra hulle moet jou wys waar is die perd.

o Gee vir elkeen ’n bakkie vol blokkies/pennetjies en vra hulle moet ’n geel een uithaal of hulle moet al die kleure sorteer.

o Speel “tippie tippie touchers”. Julle kan dit speel met kleure, vorms en selfs objekte vir die kleiner maats bv. gaan raak aan ’n stoel.

o Speel “ek sien met my kleine-kleine ogies”.

o Stuur hulle in die skool se tuin in en vra hulle moet ’n bakkie vol klippies gaan optel. Of hulle moet al die speelgoed in die sandpit oppak.

o Teken ’n klomp gekleurde kolle/syfers wyd verspreid oor ’n sementblad. Jy skree ’n nommer/kleur en hulle moet so gou as wat hulle kan op daardie nommer/kleur gaan staan.

Hoe gemaak met maatjies wat sukkel met voorgrond/agtergrond?

Vir die kind wat erger voorgrond/agtergrond probleme het is dit dalk wys om hom voor in die klas te sit sodat ekstra visuele stimuli tot ’n mate uitgeskakel word.

Moedig die kind aan om sy tafel so skoon en netjies moontlik te hou om die vind van objekte te vergemaklik.

Indien ’n kind na oefeninge nie beter vaar in die vaardigheid nie is dit noodsaaklik om hom te verwys vir arbeidsterapie omdat die vaardigheid so baie funksionele uitdagings teweeg kan bring.

• IDEES VIR OUERS:
• IDEES VIR OUERS:
Dit is noodsaaklik dat ons as onderwysers ook ons ouers bewus maak van speletjies wat hulle tuis kan speel om kinders se ontwikkeling aan te moedig. Dit is deel van ons plig om ouers in te lig omdat hulle die grootste rol en verantwoordelikheid het teenoor ons kinders se stimulering en ontwikkeling. Hier is ’n paar idees wat julle vir die ouers kan gee:

Nog ’n speletjie is dalk ’n skattejag waar die kind vir spesifieke objekte in en om die huis moet gaan soek

Laat die kind die pare kouse sorteer wanneer dit uit die was kom of sorteer die pasta soorte uit.

Laat die kind (indien dit veilig is) die messe en vurke terug pak.

Vra vir die kind om dinge vir jou te gaan haal en te soek. Ons is geneig om te vinnig eerder self dit te doen bv. kry vir mamma jou blou kosblik in die kas. As hy dit nie kry nie gee leidrade, moet hom nie wys nie. Kyk mooi eers op die boonste rak. Sien jy dit? Nee, goed kyk nou op die onderste rak.

Laat die kind die koffie wat julle gebruik vir jou uitwys of afhaal van die winkelrak

Speel “ek sien met my kleine-kleine ogies”.

Tydens storietyd soek iets kleins op die bladsy en vra hom of hy die slakkie kan sien. Weereens leer hom soek, moet hom nie net wys nie.

Gebruik die advertensieblad van jul naaste supermark en laat sy al die vywe met ’n rooi pen omkring.

Vir meer idees en spesifieke riglyne skakel in by ons Exito program vir Skole of Tuis vir ouer en kind by die huis.

Sluit aan by die Èxito Skole Program!
Sluit aan by die Èxito Skole Program!
Wat is die Exito Stimulasie Program?
Wat is die Exito Stimulasie Program?
Die Exito Skole Evalueringsprogram is 'n stimulasie en evalueringsprogram vir leerders van 4 maande – 6 jaar

Dit is ontwerp as 'n hulpmiddel vir onderwysers sodat hulle op ‘n holistiese wyse kan kyk na kinderontwikkeling.

Onderwysers kry handleidings met uitgewerkte aktiwiteite waar een vaardigheid die volgende ondersteun en dit stelselmatig opgradeer om groei en vordering te weeg te bring.

Die onderwysers ontvang volledige evalueringsmateriaal om die kinders se vordering aan te dui. Kinders word deurlopend ge-evalueer en die program verskaf riglyne oor waar 'n kind moet wees, dus kan onderwysers baie vinnig vasstel as daar 'n probleem is en dit kan onmiddelik aangespreek word.

Wat maak die program so uniek?
Wat maak die program so uniek?
Dit is 'n gebruikersvriendelike en deeglike evalueringssisteem

Dit is 'n effektiewe en prakties uitvoerbare program wat kinders se ontwikkeling op alle vlakke deurlopend monitor

Dit bied 'n raamwerk om vroegtydig uitdagings te indentifiseer en kinders dan te verwys sodat elke kind optimaal kan ontwikkel

Interessante, leersame en prettige aktiwiteite wat kinders se aandag hou en alle areas stimuleer en daardeur ontwikkeling verbeter

Die program verskaf riglyne aan onderwysers vir belangrike aspekte van ontwikkeling

Your Privacy is Protected
Your Privacy is Protected
Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking

met Onderwysers
met Onderwysers
vir Onderwysers!
vir Onderwysers!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy