Epos

Epos

: exito.stim@gmail.com

: exito.stim@gmail.com

Sukkel daar kinders in jou klas met legkaart bou, konstruksie speletjies of om items te vind wat gedeeltelik versteek is? 

Gepubliseer op 16 September, 2019

Gepubliseer op 16 September, 2019

Sukkel die kind dalk om legkaarte te voltooi of vind dit frustrerend?

Sukkel hy/sy om items te vind wanneer ’n gedeelte versteek of nie sigbaar is nie? 

Ervaar die kind probleme met konstruksie speletjies? 

Dit mag wees dat visuele sluiting nog nie voldoende ontwikkel het by hierdie kind nie. 

Wat is Visuele Sluiting?

Wat is Visuele Sluiting?

Dit verwys nie na die kind se oë of oogbewegings nie, maar eerder na die boodskap wat die brein ontvang rakende die inligting wat na die brein gestuur word. Visuele sluiting verwys na die vermoë van die brein om bekende items, simbole, figure en ook woorde te herken wanneer slegs ’n gedeelte sigbaar is. Dus moet die brein die onvoltooide of opgebreekte beelde, prente of figure voltooi tot ’n geheel. Wanneer die kind in Graad 1 kom word hierdie vaardigheid veral ingespan vir wiskunde, lees en skryf. Die kind mag probleme ervaar om woorde op te breek in lettergrepe, sukkel met die voltooiing van letters en syfers. Ons sien ook dat die skryf van woorde en sinne dikwels onvoltooid is en die kind is veral geneig om die laaste letters/klanke van woorde uit te laat. Om die rede is dit so belangrik dat dit juis vanaf ’n vroeë ouderdom gestimuleer word en goed gemonitor moet word deur onderwysers in die kleuterskool sodat die kind vroegtydig die nodige hulp kry. 

Probeer gerus van die volgende aktiwiteite om hierdie vaardigheid by kinders te stimuleer:

1. Kol-tot-kol prentjies

1. Kol-tot-kol prentjies

Hierdie is vir ons almal baie bekend. Laat die kind ’n lyn trek van die nommer 1 tot 10 om die prentjie te voltooi. As hy nie die volgorde korrek gaan volg nie sal sy prentjie nie voltooid wees nie. 

2. “Colour by numbers”

2. “Colour by numbers”

3. Stensils

3. Stensils

’n Stensil gee die kind ’n buitelyn van ’n prentjie of objek. Laat hy/sy die prentjie voltooi deur ander objekte by te teken na die tyd. Byvoorbeeld die kind kan ’n dier of vorm aftrek en dan ander detail bysit. 

4. Wat is die nommer of vorm? 

4. Wat is die nommer of vorm? 

Skryf ’n getal of vorm op ’n witbord en vee ’n gedeelte uit. Die kind moet dan raai watter nommer of vorm dit is. Jy kan dit moeiliker maak deur eenvoudige prentjies ook te gebruik. 

5. Voltooi die prentjie:

5. Voltooi die prentjie:

Jy kan ’n eenvoudige prentjie middeldeur knip en die kind moet die ander helfte klaar teken sodat beide kante dieselfde lyk. Jy kan ook ’n prentjie/lyn begin teken en die kind moet die prentjie/lyn in iets anders verander. Byvoorbeeld jy teken ’n sirkel; die kind kan dit in ’n gesig verander of selfs ’n motor se wiel.

6. GEBRUIK HUL SINTUIE

6. GEBRUIK HUL SINTUIE

Kinders leer deur te luister, te sien en te beweeg. Gebruik dus al drie die sintuie om nuwe konsepte aan te leer of om iets te onthou. Wys die voorwerp, benoem dit en klap dalk hande op die ritme soos die instruksie gesê word. 

7. Legkaarte bou:

7. Legkaarte bou:

Die geheim is om nie jou manier van legkaart bou (deur die hoekies eerste uit te soek) op die kind af te dwing nie. Leer hom/haar eerder om een stukkie op ’n slag te bestudeer deur na die kleure, vorms en objekte op die stukkie te kyk en te besluit waar hy/sy dink dit moontlik mag pas in die legkaart se prentjie. 

8. Prentjie Raai:

8. Prentjie Raai:

Teken ’n prentjie op die bord. Die doel van die speletjie is dat die kinders moet raai wat jy teken voordat die prentjie voltooi is.

9. Skaduwee Prentjie/Buitelyn Prentjie:

9. Skaduwee Prentjie/Buitelyn Prentjie:

Maak vir jou ’n paar van die prentjies bymekaar. Maak flitskaarte, wys dit vir die kinders en hulle kry beurte om te raai wat dit is.

Voel jy as juffrou soms onseker oor watter aktiwiteite op watter ouderdom in die klas gedoen moet word?

Sukkel jy om aktiwiteite te kry wat jy in 'n groot groep kan doen en dit steeds effektief is?

Wens jy dat julle kleuterskool 'n assesseringsstelsel het wat jou kan help om te identifiseer waarmee elke kind sukkel? 

Dan is die Èxito Skole Program net vir jou! 

Die Èxito Skole program verskaf weeklikse aktiwiteite vir die klaskamer wat aan al die nodige areas van kinderontwikkeling aandag gee. 

Dit bied jou ook ’n baie effektiewe evalueringstelsel om kinders se ontwikkeling in terme van al die onderskeie vaardighede te monitor ten einde hulle gereed te maak vir skool.

Your Privacy is Protected

Your Privacy is Protected

Facebook

Facebook

Twitter

Twitter

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking 

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy