Tel: 087 551 7209 Epos: exito.stim@gmail.com

Waarom is skoolgereedheidstoetse noodsaaklik?

Gepubliseer op 28 Februarie, 2019

Gepubliseer op 28 Februarie, 2019

Waarom moet ek my Graad R leerder/kind stuur vir ’n skoolgereedheidstoets?

Wat is die rede, doel en die voordele daaraan verbonde?

Wat behels ’n skoolgereedheidstoets?

Wat behels ’n skoolgereedheidstoets?

Wanneer is die beste tyd om my kind/leerder vir skoolgereedheidstoetse te neem?

Hierdie vrae is algemeen op baie Graad R juffrouens en ouers se lippe. Juffrouens wonder baie maal wanneer dit nodig is om ouers aan te moedig om ’n kind te neem vir ’n skoolgereedheidstoets. 

Wie doen skoolgereedheidstoetse? 

Wie doen skoolgereedheidstoetse? 

Wie doen skoolgereedheidstoetse?

Wie doen skoolgereedheidstoetse?

Skoolgereedheidstoetse word meestal deur opvoedkundige sielkundiges en arbeidsterapeute gedoen. Dié artikel handel spesifiek oor die toetsing deur ’n arbeidsterapeut. Wanneer ’n kind vir ’n arbeidsterapie evaluering kom word daar op ’n holistiese wyse na ’n kind se ontwikkeling gekyk. Dit beteken dat daar na sy ontwikkeling in totaliteit gekyk word. Kinderontwikkeling is interafhanklik van mekaar en daarom moet daar na al die onderliggende komponente wat ’n kind se skoolfunksionering kan beïnvloed gelet word. 

Die onderliggende komponente behels die volgende:

Agtergrondinligting

Agtergrondinligting

Agtergrondinligting rakende die kind se ontwikkelingsgeskiedenis, mediesegeskiedenis, gedrag en emosionele ontwikkeling.

Sensoriese Integrasie

Sensoriese Integrasie

Hier word daar gekyk na die werking van die verskillende sensoriese sisteme. ’n Mens moet bewus wees van alle stimulus en dit kan registreer. Daarna moet die sensasies geprosesseer word sodat mens sin kan maak daarvan. Die sensasie word dan geïntegreer met ander sensasies sodat dit betekenisvol word en sodat die mens ’n doelgerigte aksie daarom kan beplan. Ons moet ook al die verskillende sensasies wat inkom kan hanteer, prioritiseer en toepaslik daarop reageer. Die hantering en integrasie van sensasies lei tot verfynde vaardighede en speel ook ’n groot rol in kinders se gedrag, emosies en konsentrasie.

Posturale Kontrole

Posturale Kontrole

Posturale kontrole is die vermoë om verskillende liggaamsposisies te behou teen swaartekrag en effektiewe veranderinge te maak aangaande omgewingsveranderings of lokale versteurings. 

Grof motoriese en fyn motoriese vaardighede.

Grof en fyn motoriese vaardighede verwys na die kind se vermoë om groot bewegings te maak soos 'n bal skop en arms swaai of om fyn te vat en op te tel.

Bilaterale Integrasie en Midlynkruising

Bilaterale Integrasie en Midlynkruising

Bilaterale integrasie en midlynkruising: dit is die vermoë om die twee helftes van die liggaam in ’n gekoördineerde wyse te laat saamwerk. 

Motoriese Beplanning

Motoriese Beplanning

Motoriese beplanning: praxis (motoriese beplanning) is die vermoë om onbekende bewegings te kan beplan en uit te voer met vaardigheid en in die korrekte volgorde. Bv. beweging te kan naboots, ’n simbool af te teken, beplan hoe om ’n letter A korrek te skryf.

Visuele Persepsie

Visuele Persepsie

Dit is die vermoë om sin te maak van dit wat jy sien. Die fondament van alle skool take naamlik lees, skryf en wiskundige aspekte.

Konsentrasie, aandag en geheue.

Konsentrasie, aandag en geheue.

Kon jy lank genoeg konsentreer om te onthou wat jy gesien het?

Onafhanklikheid

Onafhanklikheid

Onafhanklikheid in taakvoltooiing, organisering van werk, volg van instruksies, luistervaardighede. 

Gevolgtrekking...

Gevolgtrekking...

Die doel van skoolgereedheidstoetse is om te bepaal of al die onderliggende aspekte wat ’n kind se funksionering op skool kan beïnvloed op standaard is. Daar word dus baie dieper gekyk as alledaagse waarnemings wat jy as ouer of as juffrou doen. Hier kan diep onderliggende uitdagings bepaal word en vroegtydig die nodige ondersteuning gebied word. En dit verklaar waarom ’n skoolgereedheidstoets so belangrik en noodsaaklik is vir alle leerders. Daar is baie klein dingetjies wat nie noodwendig ’n kind se funksionering op kleuterskoolvlak só beïnvloed dat ’n ouer of juffrou dit besef nie, maar tog in ’n evaluering opgetel kan word. Indien dit vroeg aangespreek word kan latere skooluitdagings voorkom word aangesien dié tipe uitdagings gewoonlik sneeubal – die uitdaging word met tyd net groter aangesien die een ding die volgende ontwikkelingsaspek beïnvloed. 

Wanneer moet ek my kind laat toets?

Wanneer moet ek my kind laat toets?

Dit is voordelig dat leerders voor die einde van die tweede kwartaal van Graad R getoets word sodat daar nog tyd is om die areas wat ondersteuning benodig te bevorder. Een van die grootste voordele is dat ouers en juffrou bewus word van die areas van die kind se ontwikkeling wat dalk meer oefening benodig sodat die oefening gedoen kan word terwyl daar nog meer buigbaarheid en tyd in hulle skoolprogram is. Terapeute gee gewoonlik aanbevelings met oefeninge of watter buitemuurse aktiwiteite voordelig sal wees vir jou kind. Deur so ’n evaluering kry jy as ouer en as juffrou ook beter insig in die kind se menswees en op watter manier hy moontlik beter sal leer en begryp.

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking 

met Onderwysers 

met Onderwysers 

vir Onderwysers!

vir Onderwysers!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Powered by ConvertriPowered by Convertri