'n Loopring: 

'n Loopring: 

Goed of Sleg?

Goed of Sleg?

Gepubliseer op 6 September, 2019

Gepubliseer op 6 September, 2019

Klink dit bekend?

Klink dit bekend?

Sy geniet dit tog so in haar loopring want nou kan sy uiteindelik kom waar sy wil wees. 

Dit is wonderlik – dit hou haar vir ure besig en verminder haar frustrasies omdat sy nie net op een plek hoef te beweeg nie. Kyk net hoe oulik is sy! 

Sy kan haar loopring darem teen ’n vreeslike spoed ry! 

Bang vir niks nie! 

Bang vir niks nie! 

Kyk net hoe mooi vinnig werk daai voetjies.

Is dié sinne wat jy al uit jou eie of dalk ouma se mond gehoor het? 

Of selfs ander mammas? 

Of selfs ander mammas? 

’n Loopring bied die kind tog so baie – waarom sal dit dan nie goed wees vir hulle nie? 

Hoekom is 'n loopring so sleg vir jou baba se ontwikkeling?

1. Dit weerhou kinders van kruip

1. Dit weerhou kinders van kruip

Een van die grootste nadele van ’n loopring is dat dit ’n kind se behoefte vir beweeg bevredig en dus sy interne motivering vir kruip regtig baie negatief kan beïnvloed. 

Vir baie babas is kruip dan veels te harde werk en waarom moet hulle tog kruip wanneer hulle soveel makliker en vinniger in die loopring kan beweeg. 

Die feit dat dit die baba moontlik kan weerhou van kruip is tog seker amper genoeg rede om haar nie in ’n loopring te sit nie? 

Lees gerus meer oor die noodsaaklikheid van kruip in ons "hoe-belangrik-is-kruip" artikel. 

Kruip het menige voordele, onder andere die stimulering van skouerstabiliteit, midlynkruising, bilaterale integrasie ens. 

Wanneer die baba dus ontneem word van die geleentheid om te kruip om eerder in die loopring te wees ontneem ons hom van die stimulering van al hierdie vaardighede. 

2. Dit briek die normale ontwikkelingsgang

  • Menslike ontwikkeling volg ’n normale ontwikkelingsgang. 

  • Ontwikkeling is uiteengesit waar die een ding volg op die ander. 

  • Die baba begin eers stadig die vermoë ontwikkel om sy nek te lig; dit versterk sy ekstensie patroon verder om die spiere in sy rug sterker te maak sodat hy mettertyd sy kop lekker hoog kan lig, dan sy hande kan uithaal onder sy lyf, met hulle kan opstoot en later ook uitreik. 

  • Daardie aanvanklike gewig dra op die hande voordat hulle gereed is om uit te reik bied menige propriosepsie blootstelling wat die kontrole in spiere verbeter sodat wanneer hulle dan gereed is om uit te reik dit meer gekontroleerd kan wees; dat sy kan skat in watter rigting sy moet uitreik, hoe ver sy moet uitreik en hoe om daardie spesifieke objek dan te kan hanteer en op te tel. 

  • Die een ontwikkelingsfase is dus noodsaaklik vir boustene vir die volgende fase. 

  • Daarom sê ons dat menslike ontwikkeling interafhanklik is. 

  • Die een vaardigheid is nodig vir die volgende. 

  • Die loopring meng in met die normale ontwikkelingsgang van ’n kind.

  • Want ’n kind wat nog nie kan loop nie is nie veronderstel om te kan loop nie.

  • Hy moet eers kan kruip, dan begin optrek, dan sywaarts loop teen meubels, stadig aan begin die meubels los en alleen staan, dan begin balans verbeter en selfvertroue verhoog en hakkerige, onseker tree neem en met tyd raak die tree al hoe meer gekoördineerd. 

  • Dus met tyd verbeter integrasie en kontrole. 

  • Maar met ’n loopring word ’n kind, nog voordat hy reg is vir kruip of goed kan kruip, al in ’n posisie geplaas waar hy kan loop. 

  • Dit is meestal vinnige tree wat ongekoördineerd is en van die een kas tot die volgende kas vas hardloop. 

  • Kinders leer ook nie beheer oor hul aksies nie en sukkel met diepte skatting om betyds te stop. 

  • Die loopring wat teen alles vas gestamp word ontneem hulle van hierdie motoriese beplanning om betyds te kan stop. 

3. Dit plaas die kind in 'n onnatuurlike loop posisie

  • ’n Loopring plaas die kind in ’n onnatuurlike loop posisie. 

  • Die heupe word na buite gedraai en die bene effens na buite gedruk ook. 

  • Dit kan lei tot verlengde spiere oor die heupe wat ’n effek op spiertonus en dus posturale kontrole kan hê. 

  • Verder werk die baba nie werklik teen weerstand om beter liggaamsbewustheid en spiersterkte op te bou nie. 

  • Dit kan later haar kwaliteit, veral in kontrole van aksies en ook posturale kontrole, beïnvloed.

Ja, jy ken seker baie mense of was dalk self ’n loopring baba en daar is niks fout met jou nie. 

Die feit bly staan – ’n loopring is ’n briek middel in normale ontwikkeling en dit is die vraag wat ons onsself moet vra. 

Wil ek werklik ’n briek in my kind se ontwikkeling wees? 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy