Tel: 087 551 7209 Epos: exito.stim@gmail.com

Hoe Belangrik is Kruip Regtig
Hoe Belangrik is Kruip Regtig
?
?
Gepubliseer op 1 April, 2019
Gepubliseer op 1 April, 2019

Moes my kleinding al kon kruip?
Moes my kleinding al kon kruip?
Is kruip regtig so noodsaaklik?
Is kruip regtig so noodsaaklik?
Wat as my kind glad nie kruip nie?
Wat as my kind glad nie kruip nie?
Kruip is een van die groot mylpale wat op almal se lippe is wanneer jou kind ongeveer 7-10 maande oud is. Sommige mammas raak skoon senuweeagtig oor die vraag, “En, kruip kleinding al?”. Indien hy/sy nog nie kruip nie, hoor mammas dikwels stories soos ’n kind wat nie gekruip het nie, kan later nie wiskunde doen nie. Ander mammas voel weer as hy/sy wíl kruip, sal hy/sy een of ander tyd dit doen.

Waaroor die groot Bohaai?
Waaroor die groot Bohaai?
Jy, as mamma, kan verwag dat jou kind enige tyd tussen 8-10 maande sal (behoort te) begin kruip. Party kinders is sommer al voor 8 maande aan die gang en daarmee is daar, natuurlik, niks fout nie. Ons mag wel bekommerd raak wanneer hy/sy na 10 maande nog nie kruip nie.

Kruip is inderdaad ’n baie belangrike legkaartstuk in ’n kind se ontwikkeling. Dit vorm deel van die normale motoriese ontwikkelingspatroon en speel beslis ’n belangrike rol in die ontwikkeling van latere vaardighede. Daarom wil ons jou graag help dat jou kleinding wel sal kruip.

Kruip is onder andere ’n belangrike bousteen in die ontwikkeling van die volgende vaardighede:

1. Skouerstabiliteit
1. Skouerstabiliteit
Dit verwys na die skouerspiere se sterkte wat die nodige stabiliteit bied vir die hande en vingers om fyn kwaliteit bewegings te kan doen soos bv. ryg en skryf. Onvoldoende skouerstabiliteit het ’n direkte invloed op die vaardighede van die hande.

2. Bilaterale integrasie
2. Bilaterale integrasie
Dit verwys na die vermoë van die twee dele van die liggaam om op ’n geïntegreerde manier saam te werk, soos om bv. te kan huppel, galop, knip, die middellyn te kruis en ander fynere vaardighede wat die hande moet (kan) doen.

3. Liggaamskema/-beeld
3. Liggaamskema/-beeld
Dit verwys na die denkbeeldige beeld van jou liggaam in die brein, dus hoe jou brein jou liggaam sien. Hierdie beeld

help die kind later om nuwe take te beplan en uit te voer. Dit is amper

soos ’n padkaart of ’n instruksieblad in jou brein wat jou help om sekere roetes te beplan om by vaardighede uit te kom of dit is die verduideliking van hoe om ’n vaardigheid te doen. Voorbeelde hiervan is bv. watter spiere

jy vir ’n bepaalde aksie moet gebruik – hoe jy hulle moet saamtrek en in watter volgorde aksies moet gebeur. Jy moet dus ’n goeie liggaamsbeeld hê om jou liggaam doeltreffend en effektief te kan gebruik en vaardighede te kan aanleer, nuwe dinge te kan doen en om dinge te kan beplan.

Uit net hierdie 3 punte van vele meer is dit duidelik dat kruip verseker ’n groot rol in die kind se ontwikkeling speel en gevolglik noodsaaklik is.

Daar kan verskeie redes wees waarom jou kleinding nie kruip nie soos bv. hy/sy het ’n vrees vir beweging en vertrou sy/haar lyf nie genoeg nie; sy/haar spiere is te swak of hulle kan nie die motoriese aksie beplan nie.

Hier is ’n paar praktiese oefeninge om tuis te doen om die bostaande probleme aan te spreek. Doen die aktiwiteite op ’n daaglikse basis en moet asseblief nie verwag dat jou kind na net een week se oefeninge sommer gaan kruip nie. Kyk vir tekens van verbetering: kan hy/sy hierdie week iets doen wat hy/sy die vorige week nie kon regkry nie? Ja? Dan ís daar verbetering. Indien jy egter week na week geen mate van verbetering met betrekking tot die kruipaksie bemerk nie, kontak ons gerus vir verdere raad of besoek ’n arbeidsterapeut.

1. Bal Oefeninge
1. Bal Oefeninge
Plaas jou kind op sy/haar maag bo-oor ’n groot oefenbal. Rol hom/haar vorentoe en agtertoe sodat sy/haar kop en voete telkens omtrent 10cm van die grond af is. Hop hom/haar saggies op en af. Beweeg hom/haar na links en regs.

Draai hom/haar op sy/haar rug en herhaal al die bewegings.

Trek hom/haar op tot in ’n sit posisie en herhaal al die oefeninge op die bal. Indien hy/sy vir die bal bang is, sit eers saam met hom/haar op die bal tot hy/sy rustig is. As hy/sy glad nie die bal kan hanteer nie, het hy/sy moontlik ’n vrees vir beweging. In sulke omstandighede sal dit sinvol wees om ’n arbeidsterapeut te nader.

2. "Tummy Time"
2. "Tummy Time"
Baie, baie, baie magie lê tyd (“tummy time”) is noodsaaklik. Laat hy/sy net so plat op sy/ haar maag lê. Plaas ’n speelding ’n klein entjie weg van die kind sodat hy/sy moet strek om dit in die hande te kry; moet dit nie so ver voor die kind neersit dat dit buite bereik is wanneer hy/sy sy/haar lyf lekker uitstrek nie. Die strek beweging is belangrik; dis wat die kind moet doen. Die beloning vir daardie beweging is dat hy/sy sy/haar speelding in die hande kry.

3. Die Kombersie-rol
3. Die Kombersie-rol
Rol ’n kombersie in ’n rol op. Laat die kind in die kruip posisie staan met die kombers onder sy/haar maag vir ondersteuning. Jy kan met jou hande teen sy/haar voete druk om te voorkom dat sy/haar bene agtertoe skop. Die weerstand wat jou hande bied sal ook vir hom/haar terugvoering gee oor hoe hy/sy sy/haar voete en bene in hierdie aksie moet beweeg (vorentoe).

4. Kom in Posisie
4. Kom in Posisie
Sit ’n handdoek onderdeur sy/haar lyf. Lig die handdoek op sodat hy/sy in ’n kruip posisie staan. Beweeg die handdoek nou stadig vorentoe en help hom/haar so om een vir een die bene en hande vorentoe te beweeg.

5. Kruiwaloop
5. Kruiwaloop
Ondersteun hom/haar met jou hand onder die maag en laat hy/sy kruiwaloop.

Wanneer moet ons bekommerd wees?
Wanneer moet ons bekommerd wees?
Hierdie aktiwiteite kan reeds van 6 maande af gedoen word om die kind voor te berei vir kruip. Ons verwag egter dat ’n kind binne 8-10 maande begin kruip. Indien jy getrou die oefeninge doen en van 8 maande af weekliks geen vordering sien nie, of indien jou kind 10 maande oud is en hy/sy steeds nie kruip nie, is dit noodsaaklik om ’n arbeidsterapeut te besoek.

Hoe meet ons vordering?
Hoe meet ons vordering?
Vordering behels dat die kind die kruip posisie kan handhaaf; langer in die kruip posisie kan staan; in die kruip posisie staan en vorentoe en agtertoe wieg; in die kruip posisie met sy/haar hande begin uitreik na ’n objek; ’n poging aanwend om te beweeg, al seil hy/sy eers op die maag of agteruit en dan vorentoe – uiteindelik sal die seil verander in kruip.

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy