Tel: 087 551 7209 Epos: exito.stim@gmail.com

Klouter Kabouter!

Klouter Kabouter!

Gepubliseer op 31 Januarie, 2019

Gepubliseer op 31 Januarie, 2019

Vir baie kinders beteken pousetyd parkietyd! 

Dit is ‘n groot opwinding vir baie kinders, maar tog sal Juffrou dikwels een kind sien wat eerder alleen eenkant sit en speel en nooit eintlik op die klimraam of parkieapparate speel nie. Hoekom wil hy/sy nie soos die ander kinders swaai, gly of wipplank ry nie? 

Hier is ‘n bietjie meer inligting oor die belangrikheid van klim en klouter en hoe om almal oor PARKIETYD opgewonde te kry!

Hoekom is dit belangrik dat ‘n kind klim en klouter? Watter belangrike aspekte word ontwikkel wanneer daar gespeel word?

Bilaterale integrasie, verwys na die gebruik van die twee dele (regs en links) van die lyf tydens die uitvoering van ‘n aksie. Dit help met basiese aksies soos huppel, hardloop en touspring. 

Sterk Skouerspiere

Sterk Skouerspiere

Goed ontwikkelde skouerspiere sal help dat die potlood beter beheer en vasgehou word. Wanneer die skouerspiere sterk is, is handfunksies meer gekoördineerd. Dit sal ook verhoed dat die kind se hand gou moeg raak tydens skryf- of tekentake. 

OOgbewegings

OOgbewegings

Sterker oogspiere sal verseker dat bewegings beter vloei en iets visueels met gemak gevolg kan word. Fokus van die ogies sal ook verbeter.

Ruimtelike Oriëntasie

Ruimtelike Oriëntasie

Goeie ruimtelike oriëntasie sal ‘n goeie liggaamsbewustheid by kinders skep. Dit sal help met die aanleer van rigting soos links, regs, op en af. 

Skoppelmaai, Lekker Swaai!

Skoppelmaai, Lekker Swaai!

Dikwels neem mens aan dat swaai ‘n baie algemene aksie vir kinders is en iets wat hulle MOET geniet. Tog is dit nie vir alle kinders ewe lekker om te swaai nie. As hulle huiwerig is, kan jy hulle eers op jou skoot tel, terwyl jy op die swaai sit en rustig heen en weer swaai. Gee die kind kans om selfvertroue op te bou tydens dié aksie en as hy/sy dit met gemak doen, daag die aksie ‘n bietjie uit met die volgende:

  • Vra die kind om op ‘n voorwerp te fokus; so sal die oë stil gehou word, terwyl die liggaam heen en weer beweeg. Voorwerpe word so uit verskillende hoeke bestudeer. 
  • Vra die kind om van baie stadig na baie vinnig te probeer swaai. Kan hy/sy die verskil agterkom? ● 
  • Hoe hoër en vinniger daar geswaai word, hoe meer sal balans uitgedaag word. Jy kan selfs ‘n ouer kind vra om te staan en swaai wat selfs nóg moeiliker sal wees. ● 
  • Moedig die kind aan om ‘n bal te skop terwyl hy/sy heen en weer swaai – dit sal sy/haar beplanningsvaardighede uitdaag.

Gly Verby!

Gly Verby!

Om te gly, is vir baie kinders vreesaanjaend! As jy sien dat ‘n kind angstig is, kan jy eers dat hy/sy op jou skoot sit sodat jy saam met die kind afgly. Jy kan ook teen die kant staan en die kind se hand vashou terwyl hy tot onder afgly; staan aan die onderkant van die glybaan en vang die kind. Moedig die kind aan om uiteindelik onafhanklik op te klim en onafhanklik af te gly.

Voordele van Gly... 

Voordele van Gly... 

- Sterk skouerspiere sal gestimuleer word wanneer teen trappe of leertjies 

opgeklim word. 

opgeklim word. 

- Omdat hul met altenerende hande en voete teen die trappies uitklim, word die 

middellyn gekruis. 

middellyn gekruis. 

- Rigting: Omdat daar teen die trappies opgeklim en tot onder afgegly word, word sy/haar liggaam aan rigtingverandering blootgestel. 

- Beplanningsvaardighede: Soos wat daar af gegly word, moet hy/sy dink aan die landing aan die onderkant wat vooruitbeplanning verg. 

WIP-WIP SO!

WIP-WIP SO!

As kinders ‘n bietjie skrikkerig is om op die wipplank te ry, kan jy agter hul staan of sit en vra dat ‘n ander maatjie aan die anderkant/oorkant sit. Moedig die kind aan om tegelykertyd met sy/haar haar bene hom-/haarself van die grond af boontoe te skop. Om die beplanning en tydsberekening beter te maak, kan julle ‘n ritme daaraan koppel: “Een, twee, drie, SKOP!”. Onthou om die kinders bewus te maak van hoe dit voel om hoog in die lug en ook laag op die grond te wees. 

- Om wipplank te ry, daag kinders se balans uit. - Oogbewegings: Omdat die ogies gaan fokus op die maatjie oorkant hom/haar terwyl hy/sy op en af wip, sal die agtergrond aanhoudend beweeg. - Beplanningsvaardighede: Die kind moet beplan hoeveel krag hy/sy moet gebruik om hoog in die lug op te wip wat beplanningsvaardighede oefen. - Rigting: Die kind sal die fisiese ervaring van “op” en “af” beleef. 

Skommel Skommel deur die Tonnel

Skommel Skommel deur die Tonnel

Jy kan agter die kind staan wanneer hy die tonnel binnekruip en hom/haar dan van die anderkant aanmoedig. Wanneer hy/sy dalk ‘n bietjie bang is, laat hom/haar eers ‘n bal deur die tonnel rol. 

  •  Middellynkruising: Een van die belangrikste vaardighede wat kinders leer wanneer hulle deur tonnels kruip, is om die middellyn telkens te kruis.
  • Ruimtelike oriëntasie: ‘n Kind leer om sy bewegings aan te pas, veral wanneer hy van rigting moet verander, soos wanneer hy/sy by die tonnel moet in- of uit- kruip.
  • Skouerversterking word baie verbeter omdat die kind handeviervoet deur die tonnel moet kruip.

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking 

met Onderwysers 

met Onderwysers 

vir Onderwysers!

vir Onderwysers!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy