Gesels met ons op WhatsApp: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

WAAROM RUIL LEERDERS HANDE
WAAROM RUIL LEERDERS HANDE
AS HULLE SKRYF EN
AS HULLE SKRYF EN
WAAROM IS DIT NIE GOED NIE?
WAAROM IS DIT NIE GOED NIE?
Gepubliseer op 11 Mei, 2019
Gepubliseer op 11 Mei, 2019
Kinders wat hande tydens skryfaktiwiteite wissel, is ‘n baie algemene verskynsel. ‘n Kind ruil sy/haar hande weens een van die volgende redes:

1. VERLAAGDE SPIERTONUS IN DIE HAND OF IN DIE SKOUERGORDEL:

Die kind het nie die nodige spiertonus om vir lang tye aaneen te skryf of in te kleur nie. Sy/Haar handjie word dus te moeg en seer en dan ruil hy/sy die potlood na die ander hand. Die kind begin meestal altyd met ‘n sekere hand wat heel moontlik die dominante hand is en na ‘n ruk ruil hulle die hande.

2. MIDDELLYNKRUISING
2. MIDDELLYNKRUISING
Daar is dikwels kinders wat sukkel om die denkbeeldige lyn wat hulle lyfies in twee deel, te kruis. Party van dié kinders sal hul lyfies tydens tafelwerk draai om te kompenseer vir die feit dat hy/sy nie sy/haar middlelyn wil/kan kruis nie; ander werk fisies met die regterhand aan die regterkant van die bladsy en dan met die linkerhand aan die linkerkant van die bladsy.

Twee maklike maniere om te bepaal of ‘n kind moontlik met middellynkruising sukkel, is:

a. Plak ‘n groot papier teen ‘n muur
a. Plak ‘n groot papier teen ‘n muur
Maak twee kolletjies bietjie wyer as skouerbreedte van die kind uit mekaar. Laat die kind presies in die middel staan. Gee vir hom/haar die potlood; hy/sy kan die potlood in enige hand vat. Wys dat hy/sy van die linkerkolletjie na die regter- kolletjie moet teken. As hy/sy sy/haar lyf draai of hande ruil om die opdrag uit te voer, sukkel hy/sy definitief met midlynkruising.

b. Vra hom/haar om sy/haar linkerbeen met sy/haar regterhand te raak

Staan voor hom/haar en wys wat hy/sy moet doen. Help hom/haar hand oor hand. As hy/sy dit steeds nie reg kry nie, sukkel hysy moont-lik met middellynkruising.

Middellynkruising is ‘n baie, báie belangrike vaardigheid om te ontwikkel. Kinders begin reeds van 6 maande af hulle middellyn kruis en teen die ouderdom van 4 jaar behoort hulle dit met gemak, sonder huiwering, te kan doen. Indien ‘n kind wat 4 jaar oud is steeds met middellynkruising sukkel, is dit nodig om hom/haar na ‘n arbeidsterapeut te verwys.

3. DOMINANSIE WAT NOG NIE VASGELÊ IS NIE

Die vermoë om ‘n voorkeurhand te hê, word handdominansie genoem. Dit verwys daarna dat die kind konstant fynmotoriese take met een spesifieke hand sal doen, terwyl die ander hand ‘n stabilisasierol inneem. Die kind begin handdominansie ontwikkel tussen die ouderdom van 2-4 jaar; hierdie handdominansie word vasgelê teen die ouderdom van 4-6 jaar. Wanneer ‘n kind teen 5 jaar nog nie ‘n voorkeurhand het nie is dit ‘n aanduiding dat jy hom moontlik na ‘n Arbeidsterapeut moet verwys sodat vasgestel kan word wat die probleem is.

Waarom is dit vir ons so belangrik dat ‘n kind tussen 4 en/of 5 jaar nie meer sy/haar hande wissel nie?

Die brein is opgedeel in verskillende areas. Daar is sekere areas wat hulle toespits op sekere vaardighede. Verskillende areas kan dus in sekere funksies spesialiseer. ‘n Kind moet ‘n dominante hand ontwikkel sodat een handjie die meester in fynmotoriese take kan word. Wanneer hande gedurig geruil word, verloor die dominante hand baie stimulasie wat kon help om verder te spesialiseer. Verder is dominansie noodsaaklik vir bilaterale integrasie (i.e. die vermoë van die twee dele van die liggaam om geïntegreerd saam te werk). Weer eens wil ons bv. hê dat die linkerbeen baie goed kan ontwikkel met betrekking tot balans sodat die regterbeen kan spesaliseer in doeltreffende skop om die bal tussen die pale deur te kry. Of die linkerhand moet spesialiseer in ‘n stabilisasierol sodat die regterhand werklik uitstekende fynmotoriese vaardighede kan ontwikkel.

Hier is ‘n paar oefeninge om spiersterkte en middellynkruising te verbeter:

• Laat die kinders gereeld oor “monkey bars” gaan/beweeg

• Doen gereeld dierlope
• Doen gereeld dierlope
• Speel dikwels met klei
• Klap vingers
• Staan regop met bene wyd uitmekaar en arms oopgestrek sodat hy/sy soos ‘n X staan. Buig nou vorentoe sodat die linkerhand aan die regterknie raak, kom regop en raak dan die regterhand aan die linkerknie. Herhaal dié beweging sommer op die ritme van die musiek. Herhaal 15 keer
• Doen “cross-crawls” Staan regop en raak jou linkerknie met jou regterelmboog en jou regterknie met jou linkerelmboog. Herhaal 15 keer
• Gaan lê plat op jou rug. Lig die linkerhand en die regterbeen op sodat hulle aan mekaar kan raak. Laat albei sak. Lig dan die regterhand en linkerbeen. Herhaal 15 keer

• Sit ‘n groot papier, omtrent A3-grootte, voor die kind neer. Teken ‘n groot X op die bladsy, van die linkerhoek bo tot regterhoek onder en die regterhoek bo tot die linkerhoek onder. Laat hy/sy nou met verskillende kleure die kruis 10 keer óórteken – oor die eerste X. Hy/Sy moet sy/haar lyfie stilhou tydens die tekenaksie

• Laat twee kinders rug teen rug teen mekaar sit met ‘n bal. Eers moet hulle die bal vir mekaar elke keer aan die linkerkant vir mekaar gee en dan na ‘n paar keer aan die regter kant. Die bal beweeg dus al in die rondte om julle. Hulle moet die bal heeltyd met twee hande hanteer.

Vir weekslikse stimulasieaktiwiteite ten opsigte van bostaande aspekte skakel gerus by ons stimulasieprogram vir skole in. Moedig gerus kinders/leerders wat sukkel se mamma aan om ook by ons maandelikse stimulasieprogram in te skakel vir meer tuisoefeninge.

As jy waarneem dat een van die leerders in jou klas onsuksesvol is met meeste van hierdie take sal dit dalk goed wees om hom/haar te verwys na jou naaste arbeidsterapeut sodat verdere ondersoek gedoen word.

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking

met Onderwysers
met Onderwysers
vir Onderwysers!
vir Onderwysers!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy