Gesels met ons op WhatsApp: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

Hand-Oog Koördinasie
Hand-Oog Koördinasie
Gepubliseer op 2 Mei, 2019
Gepubliseer op 2 Mei, 2019
Hand-oog koördinasie verwys na die proses waar ons visuele sisteem die inligting wat deur ons oë verkry word prosesseer en die boodskap na ons hande stuur om ’n sekere taak te verrig, soos om binne die lyne van ’n prentjie in te kleur. Dit is noodsaaklik vir die uitvoering van en deelname aan verskeie alledaagse take soos lees, skryf, knip en om sport te beoefen. Take soos om jou skoenveters vas te maak, met ’n mes en vurk te eet of die voordeur oop te sluit verg dat ons oë en hande saamwerk om suksesvol te wees

Kinders wat moontlik sukkel met hand-oog koördinasie mag soos volg presenteer:

Die kind staan terug wanneer dit kom by deelname aan sport, veral waar ’n bal en slaanding betrokke is, soos krieket of tennis.

Die kind vaar nie goed in fyn motoriese aktiwiteite nie en sal dit probeer vermy, soos ryg, uitknip en inkleur of selfs legkaart bou.

Die kind mag dit moeilik vind om self aan te trek, knope vas te maak en skoene aan te trek.

Ons wêreld is deesdae tegnologies gedrewe. Die hand-oog koördinasie wat toestelle soos ’n slimfoon, tablet- of videospeletjies verg is beperk en boonop onnatuurlik en dui nie op goeie hand-oog koördinasie nie. Ons sien daagliks hoeveel kinders ’n selfoon gebruik maar hulle kan nie ’n funksionele taak, soos om hul eie skoenveters vas te maak, bemeester nie. Dit is belangrik om in ag te neem dat die kind voldoende spierkrag in die romp- en skouerspiere moet hê om suksesvol te kan wees in take wat met die hande uitgevoer word.

Probeer gerus hierdie sewe aktiwiteite om

hand-oog koördinasie vaardighede te verbeter:

1. Ryg aktiwiteite:
1. Ryg aktiwiteite:
’n Stukkie tou en krale kan oor en oor gebruik word op verskillende maniere om dit elke keer interessant te maak, maar julle kan ook huishoudelike items gebruik soos droë pasta wat op ’n toutjie geryg kan word.

2. Legkaarte:
2. Legkaarte:
Om die stukkies in mekaar te pas sal die kind se hande en oë moet saamwerk. Legkaarte kan ook vir elke ouderdom spesifiek opgegradeer word soos die kind ouer word.

3. Verf en teken aktiwiteite:
3. Verf en teken aktiwiteite:
Kleuters en peuters is mal daaroor om ’n gemors te maak. Vingerverf is dus nooit vervelig nie en is ’n oulike manier om hand-oog koördinasie te stimuleer.

4. Knip aktiwiteite:
4. Knip aktiwiteite:
Kinders wat sukkel met hand-oog koördinasie sal knip take moeilik vind. Begin dus op ’n vlak waar hulle verseker suksesvol sal wees, soos om klei te knip. Knip verskillende items soos tou, blare, karton, materiaal, polistireenbakkies of tissue papier. Sien ook ons artikel oor knipvaardighede vir meer inligting.

5. Pret met pipe cleaners:
5. Pret met pipe cleaners:
Daar is ’n magdom van aktiwiteite wat julle met pipe cleaners kan doen. Jy kan krale op hul ryg; dit in kleiner stukkies knip en by die opening van ’n plastiekbottel ingooi; dit manipuleer en vou om verskillende vorms te bou.

6. Vissies vang:
6. Vissies vang:
Die benodighede om hierdie aktiwiteit te doen kan maklik gemaak word deur ’n magneet op die punt van ’n tou vas te maak en vissies wat skuifspelde (paper clips) as monde het. Julle kan die vissies volgens die temas in die klas maak, of die letters van die alfabet op skryf en die kind moet die letters van sy/haar naam vang.

7. Konstruksiespel:
7. Konstruksiespel:
Spel met blokkies of boute en moere (nuts and bolts) is groot pret. Laat die kinders verskillende strukture bou met die blokkies waar hulle dit opmekaar moet stapel. Hou ’n kompetisie en kyk wie kan die vinnigste ’n klomp boute op die moere vasdraai.

8. Balspel:
8. Balspel:
Bied soveel moontlik geleentheid vir balspel. Daar is duisende balspel speletjies beskikbaar.

Vir meer aktiwiteite kyk gerus na ons Exito stimulasie program vir skole met weeklikse aktiwiteite om alle vaardighede te ontwikkel.

As jy waarneem dat een van die leerders in jou klas onsuksesvol is met meeste van hierdie take sal dit dalk goed wees om hom/haar te verwys na jou naaste arbeidsterapeut sodat verdere ondersoek gedoen word.

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking

met Onderwysers
met Onderwysers
vir Onderwysers!
vir Onderwysers!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy