Gesels met ons op WhatsApp: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

HOEKOM SUKKEL LEERDERS OM ‘N KORREKTE POTLOODGREEP AAN TE LEER?

Gepubliseer op 20 April, 2019
Gepubliseer op 20 April, 2019
Wat is ‘n korrekte potloodgreep?
Wat is ‘n korrekte potloodgreep?
Waarom sukkel so baie leerders om die korrekte potloodgreep aan te leer en hoe help ek my leerders om ‘n korrekte potloodgreep te ontwikkel?

As onderwysers weet ons dat, ten spyte van ons tegnologiese wêreld, dit nood-saaklik is dat kinders steeds korrek leer skryf aangesien eksamen geskryf word; dit is dus die enigste manier waarop kinders op skool geëvalueer word.

Boonop is skryfvaardighede een van die groot komponente van ‘n kind se fyn-motoriese ontwikkeling. As ons kinders se fynmotoriese vaardighede nie steeds optimaal ontwikkel nie, waar gaan ons dokters kry wat vir fyn operasiewerk, kunstenaars en nog vele ander beroepe kwalifiseer?

So eerstens: wat is ‘n korrekte potloodgreep?

1. Die potlood word tussen jou duim en wysvinger vasgehou. Die duim mag nie oor die wysvinger vou nie. Op hierdie manier kan ons voldoende vingerbewegings kry wat goeie, leesbare skrif verseker. 2. Die potlood rus op die middelvinger; die middelvinger mag dus nie óók bo-op jou potlood wees nie. 3. Jou ringvinger en pinkie is gebuig na binne om stabiliteit te bied. 4. Die potlood lê in die oop webspasie (die spasie tussen jou duim en wysvinger) met sy agterpunt wat na agter lê en nie na vorentoe wys of regop in die lug staan nie. 5. Jou pols is plat op die tafel, en effens na agter gebuig, wanneer jy skryf. 6. Jy gebruik meestal vingerbewegings as jy skryf.

Die greep behoort ‘n kind reeds te begin ontwikkel van
4 jaar 6 maande – 5 jaar.
Vir presiese potloodgreepmylpale per ouderdom skakel gerus in by ons stimulasieprogram vir skole waar jy duidelike mylpale vir elke ouderdom – van so vroeg as 4 maande – kry.

Daar is verskeie redes waarom jou leerders se potloodgreep nie reg is nie. Dit kan wees weens:

1. Swak skouerspiere:
1. Swak skouerspiere:
Die kind het waarskynlik nie die nodige ondersteuning en stabiliteit van die liggaam sodat goeie, fyn kwaliteitbewegings by die vingers kan plaasvind nie. Sulke kinders gebruik dan baie maal pols-, elmboog- of skouerbewegings of hulle kompenseer met ‘n swak potlood-greep.

2. Swak handspiertjies:
2. Swak handspiertjies:
Die binnehandspiertjies het nie die nodige spier-sterkte om ‘n potlood vir ‘n lang tyd reg vas te hou nie. Die kind se handjie word vinnig moeg en dan sien ‘n mens baie maal dat hulle hande ruil, die potlood al hoe stywer vashou, ‘n geslote webspasie het, baie hard druk en/of ‘n stywe greep het. Hulle teken-/skryfkwaliteit is baie maal wisselvallig omdat kwaliteit verswak hoe langer hulle aaneen moet skryf.

3. Swak Tasdiskriminasie
3. Swak Tasdiskriminasie
Hulle sukkel om tassensasie te integreer en dit lei tot swak objekhantering. Dit lyk dan of die kind onseker is hoe om die potlood te hanteer.

Wat kan jy in die klas doen?
Wat kan jy in die klas doen?
HELP DIE LEERDERS OM HUL POTLODE REG VAS TE HOU

• Die potlood se 3 maatjies:
• Die potlood se 3 maatjies:
Verduidelik vir jou leerlinge dat hulle potlode net 3 maatjies het. Die duim en die wysvinger is daar om die potlood vas te hou; die middelvin-ger is maatjie 2 wat onder moet kom sodat die potlood bo-op hom kan lê. Maak hulle bewus dat die webspasie, maatjie 3, oop moet wees anders kan die potlood nie asemhaal nie. Kyk na die prent hierbo. Voordat julle met enige skryfwerk begin, vra altyd: Hoeveel maatjies het die potlood? Wat is elke maatjie se werk? Die korrekte greep sal later ‘n outomatiese aksie word.

• Die tjommie-“triek”:
• Die tjommie-“triek”:
Gee vir jou leerders elkeen ‘n pom-pom. Dit is sy/haar skryf-tjommie. Wanneer hy/sy skryf, moet hy/sy die pom-pom met sy/haar ringvinger en pinkie vashou sodat niemand dié tjommie kan vat nie. Julle kan ook die tjommie-triek gebruik wanneer julle ander fynmotoriese aktiwiteite om die greep te vorm, doen soos ryg, pennetjiebord inpak ensovoorts. Met hierdie “triek” is net die 3 maatjies vry en so leer die kind om die potlood korrek vas te hou

• Die optelwenk:
• Die optelwenk:
Laat die kind die potlood voor hom/haar plaas met die punt wat na hom/haar toe wys. Hy/Sy moet dan die potlood by die voorpunt met sy/haar duim en wysvinger optel. Dan swaai hy/sy die potlood met sy/ haar middelvinger om en, ta-da, daar lê die potlood korrek in die hand.

Kies 'n potloodgreep wat elke kind pas:
Kies 'n potloodgreep wat elke kind pas:
Indien ‘n kind baie sukkel, wat veral by kleiner kinders soos 4-jariges kan gebeur, kan jy vir elke kind ‘n potloodgreep gee wat hom/haar sal help om die potlood reg vas te hou. Wanneer hy/sy gewoond is aan die greep kan jy hulle daarvan speen. Kontak ons gerus indien jy hieroor meer inligting benodig.

Indien ‘n kind steeds, ten spyte van al bogenoemde wenke nie sy potlood in die regte posisie kan plaas nie is dit nodig om hom/haar na ‘n arbeidsterapeut te verwys.

HANDSPIER- EN SKOUERSTABILITEITOEFENINGE

Hier volg ‘n paar oefeninge wat ouers/onderwysers in kan inbring in oefenprogramme kan inbring. Gee, as omgee-onderwyser, ook die oefeninge vir die ouers van leerders wat baie sukkel. Indien daar ná ‘n maand se oefeninge geen vordering is nie, verwys die kind na ‘n arbeidsterapeut.

- Klap vingers omtrent 20 keer
- Klap vingers omtrent 20 keer
- Skiet sterretjies met die vingers terwyl julle groot sirkelbewegings (uit die skouer) met die arms maak. Maak minstens 10 groot sirkels.

- Bind ‘n bankrekkie om die vingers en maak die vingers so wyd as wat moontlik is oop en toe. Doen 2 stelle van 10.

- Knip ‘n 15cm-lyn op ‘n kartonhouer/boks

- Dra iets swaars bv. die inkopiesakke, die borde tafel toe, die asbliksak na buite ens. Hierdie alledaagse take fokus veral op die vingers en sal help met versterking van die fyner spiere in die vingers en hand.

- Doen 10 opstote.
- Doen 10 opstote.
- Loop kruiwa vir 10 meter.
- Loop kruiwa vir 10 meter.
Skakel gerus in by ons stimulasieprogram vir skole waar jy weekliks baie goeie aktiwiteite het om reeds van ‘n baie vroeë ouderdom af ‘n korrekte potloodgreep te stimuleer – dit verseker dat kinders nie in swak/verkeerde potloodgreeppa- trone verval nie.

Onthou fynmotoriese - en potloodgreepontwikkeling begin reeds van babatyd af – ‘n mens kan nie eers in Graad R daarop fokus nie.

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Arbeidsterapeute in samewerking

met Onderwysers
met Onderwysers
vir Onderwysers!
vir Onderwysers!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy