Hoekom is dit belangrik vir my kind om vorms te ken?

Gepubliseer op 25 Maart, 2021
Gepubliseer op 25 Maart, 2021

“Kyk boeta, hierdie bal is ’n sirkel.”
“Kan jy vir mamma wys waar is die blokkie wat soos ’n vierkant lyk?”
“Seun, watter vorm dink jy is die kar se wiel?”

Ek het self ’n vierjarige en amper tweejarige en kom ons wees eerlik, daar word op ’n konstante basis in my huis gevra, “Watse vorm is dit?”. Vanaf ’n baie vroeë ouderdom maak ons ons kinders bewus van die kleure en dan die vorms wat in hul omgewing voorkom. Ons hele wêreld word opgemaak uit verskillende kleure en vorms. ’n Huis se vorm verskil van ’n boom, en die vorm van ’n mens verskil weer van die vorm van ’n piesang. En so beskryf ons die omgewing, deur kleure en vorms.
Die aanleer van vorms vir jou kleinding kan meer uitdagend wees as die aanleer van kleure. Maar meeste driejariges sal al ’n goeie begrip hê van vorms en sal die basiese vorms al kan benoem, nl. sirkel, vierkant en driehoek. Begin met die eenvoudiger vorms voordat jy die meer komplekse vorms aanleer.
Wanneer ons vorms of ander konsepte aanleer is dit belangrik om te weet wat om van jou kind en sy ouderdom te verwag. Hy gaan nie dadelik net weet dat ’n wiel die vorm van ’n sirkel is nie.

Die volgende kan gebruik word as riglyn om die konsep aan te leer, as ook ander:

- 12 maande: Pas ’n sirkel
- 18 maande: Pas ’n vierkant en sirkel
- 2 jaar: Pas ’n sirkel, vierkant en driehoek
- 3 jaar: Pas ’n reghoek, sirkel, vierkant en driehoek. Identifiseer ’n sirkel, vierkant en driehoek. Benoem ’n sirkel, vierkant en driehoek
- 4 jaar: Identifiseer ’n sirkel, vierkant, driehoek, ovaal, maan en ster. Kan onderskei tussen ’n reghoek en vierkant
- 5 jaar: Identifiseer ’n sirkel, vierkant, driehoek, ovaal, maan, ster, reghoek, kruis en diamant. Kan onderskei tussen ’n reghoek en vierkant en ook ’n diamant en ’n vlieër. Benoem ’n sirkel, vierkant, driehoek, ovaal, maan, ster, reghoek, kruis en diamant
- 6 jaar: Identifiseer en benoem ’n sirkel, vierkant, driehoek, ovaal, maan, ster, reghoek, kruis en diamant

Die beste manier om vorms te leer is om dit so alledaags te hou as moontlik. Kyk, die kar se wiel is die vorm van ’n sirkel, die deur is die vorm van ’n reghoek, die sny brood is die vorm van ’n vierkant, ens. Die lekker deel van dit is dat ons omgewing gemaak is uit verskillende vorms en dus is die leergeleentheid letterlik om jou en tasbaar.
Hoekom is dit dan nou so belangrik dat jou kind die verskillende vorms moet kan pas, identifiseer en benoem? As jy mooi na ons alfabet kyk sal jy sien dat die letters gebou is uit vorms wat met mekaar gekombineer word. Die “a” bestaan uit ’n sirkel en die sy van ’n vierkant. Die “b” bestaan uit die sy van ’n reghoek en ’n sirkel. Die “k” bestaan uit die sy van ’n reghoek en ’n driehoek. Kan jy sien wat ek bedoel?
Soos wat jou kind die vaardigheid het om te kan onderskei tussen ’n vierkant en ’n driehoek gaan hy nou die verskil tussen ’n “k” en ’n “x” of “p” en ’n “g” kan sien.
As jou kind die vorms goed onder die knie het sal die aanleer of skryf van sy naam en die alfabet ook soveel makliker wees.
Maak seker jou kleinding verstaan wat elke vorm spesiaal maak. Die sirkel is rond. Die driehoek het drie hoeke wat skerp is. Die vierkant het vier sye, almal ewe lank. Vir ons baie klein maatjies probeer een vorm op ’n slag aanleer; in my opinie, gee ’n week lank net aandag aan een vorm voordat jy nog een bekend stel.

Weet jy hoe om
Weet jy hoe om
- Kinesteties: ervaar dit met die lyf bv. stap op ’n hoepel wat ’n sirkel is. Teken vorms groot in die sand of teen die muur met bordkryt sodat die hele arm beweeg.
- Driedimensioneel: werk met werklike objekte bv. blokkies, plastiekbakke ens.
- Tweedimensioneel: prente van vorms.
Probeer ’n kombinasie van die drie te gebruik om vorms aan te leer.

Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

- PAS: Dit is die vlak waar ons sal begin en soms word dit so maklik oorgesien as belangrik. Op dié vlak kan jy verwag van jou kind dat hy dieselfde vorm met mekaar sal pas. “Kyk, hier is ’n vierkant. Waar sien jy nog ’n vierkant tussen jou blokkies?” As hierdie te moeilik is maak die aantal waaruit hy moet kies minder deur slegs ’n vierkant en sirkel aan te bied.
- IDENTIFISEER: Om te kan identifiseer is dieselfde as om te kan WYS. Julle sal dalk met blokkies op die grond speel en jy wys na al die blokkies en vra, “Waar sien jy ’n sirkel?”. Jou kind sal dalk nie die vorm kan benoem nie, maar die sirkel kan uitwys tussen die ander vorms op die mat.
- BENOEM: Op die vlak is die konsep so goed vasgelê dat jou kleinding dit sal kan benoem. “Wat is hierdie vorm se naam? ’n Vierkant.”

Wat jy kan verwag van jou kind:
Wat jy kan verwag van jou kind:
Wanneer ons vorms aanleer kan ons die volgende beginsels gebruik:

Kom ons kyk na prettige maniere om vorms aan te leer:

- Maak die aanleer tasbaar. Gooi die vorms in ’n kussingsloop en laat jou kleinding die vorms voel en dan probeer benoem of identifiseer.
- Vra jou kind om na verskillende objekte in die huis te wys wat ’n spesifieke vorm is. Hy moet byvoorbeeld al die sirkels in die huis uitwys – die horlosie teen die muur, die lampskerm, die glas.
- As dit te moeilik is om die objekte in ’n besige kamer te soek en vind, kry ’n paar items en sit dit op ’n skinkbord en vra hom om items te soek in die vorm van ’n driehoek, bv. die koekskepper en die neutrasper.
- Prenteboeke of ou tydskrifte. Blaai deur die boeke en vra vir jou kind om vir jou al die sirkels in die prentjies te soek en te wys. Of jy kan vra, “Watter vorm is die venster van die huis?”. As jy al ’n ouer kind het wat kan knip kan hy die verskillende vorms uitknip en al die sirkel/vierkant/reghoek/driehoek items op ’n bladsy plak vir jul eie collage.
- Natuur vorms: trek die vorm in die sand op die grond en laat jou kinders stokkies of klippies soek om al op die vorm se buitelyn te pak.

Toiletrol vorms
Toiletrol vorms
- Gebruik ’n toiletrol en druk dit in die gekose vorm. Gebruik hierdie om die mooiste afdrukke van die verskillende vorms te maak. Elke vorm kan ’n ander kleur wees wat vaslegging ook sal verbeter. Gebruik dit as geskenkpapier of om ‘n eenvoudige prentjie uit vorms te maak soos ’n huis (vierkant en driehoek) met ’n boom (reghoek en sirkel

Spring Vorms
Spring Vorms
- Gebruik maskeerband en plak die verskillende vorms op die grond. Gebruik ’n dobbelsteen of houtblokkie en plak die vorms op die sye. Gooi die dobbelsteen en spring dan van die een vorm na die volgende een soos die dobbelsteen aandui.

Klei Vorms
Klei Vorms
- Gebruik klei en bou verskillende vorms daaruit.

Vorm Skattejag:
Vorm Skattejag:
Vorms is oral om ons beskikbaar; ’n mens oorsien dit net so maklik omdat ons net nie so ingestel is nie. Die een plek waar vorms maklik verkrygbaar is, is in jou kombuis. Meer spesifiek die plastiekware-kas. Die deksels is so ’n lekker item om te gebruik want jy kry sirkels, vierkantige en reghoekige deksels. Gebruik hierdie deksels en versteek dit in ’n droë medium soos rou rys, bone of meel vir jou kleinding om na te soek. As jou kleinding nou al goed kan onderskei tussen die verskillende vorms, blinddoek haar vir ’n ekstra element tot hierdie speletjie.

Verdwyn Vorms:
Verdwyn Vorms:
- Verdwyn vorms: hierdie is ’n maklik aanmekaar sit speletjie en gee ook geleentheid vir die oefening van die fyner handspiere. Teken met bordkryt op ’n swartbord die verskillende vorms. Jy kan ’n hele paar van elkeen teken. Gee nou vir jou kind ’n oorstokkie of verfkwas en ’n bietje water. Jy kan nou ’n vorm benoem en sy moet bv. al die driehoeke toeverf met die water.

Voel Vorms:
Voel Vorms:
- Hierdie is een van my seuntjie se gunsteling maniere om nuwe konsepte te leer. Gebruik ’n droë medium (sout, jelliepoeier, rou rys of klam sand) of nat medium (skeerrroom of haarjel) en teken die vorms in die medium met jou vinger. Jou kind kan die vorm dan nateken. As hy die vorms al goed ken, noem ’n vorm vir hom om te teken.

Groot Vorms:
Groot Vorms:
- Trek die vorm wat julle op konsentreer of al die vorms op die grond met maskeerband. Gee vir jou kind ’n medium-grootte bal. Hy kan dan die bal met sy hand of voet al op die buitelyn van die vorm versigtig rol.