Watter voordele hou tuin aktiwiteite vir my kind in 

Gepubliseer op 15 Julie 2021

Gepubliseer op 15 Julie 2021

Ek het glad nie groen vingers nie!  Slegs die klippe in my tuin oorleef.  Wanneer ek nie te veel water gee nie, gee ek te min.  Maar my kinders is bevoorreg om saam met ’n ouma Sarie groot te word, wat meer tyd in haar tuin spandeer as in die huis.  En dit is in hierdie koester oomblikke saam met hul ouma dat ek die wonderlike geleentheid van leer, ontdek en ontwikkeling kon raaksien.  Om tyd saam met jou kleinding in die tuin te spandeer is nooit verlore tyd nie.  Daar is allerhande voordele waaroor ons nie eens hoef te dink nie.   

Die tuin is ’n wonderlike omgewing om holisties jou kind te help ontwikkel.  Wat bedoel ek met holisties?  Tyd in die tuin sal geleenthede bied om op verskeie maniere jou kind te help ontwikkel – fisies, emosioneel, ruimtelik, wiskundige vaardighede, sensoriese ervarings, kreatiwiteit en net ’n algehele liefde en waardering vir die natuur.  Die tuin is sy eie skool en hier is ’n paar idees hoe jy hierdie omgewing kan gebruik tot jou kind se voordeel.

Daar is verskeie fisiese aksies wat natuurlik gebeur in die tuin – om te grawe, te spit, te snoei, te hark, die kruiwa te stoot, blare en takke bymekaar te vee met jou hande ens.  Hierdie aksies sal spierontwikkeling, koördinasie, propriosepsie en bilaterale integrasie vaardighede aanspreek.  

Baken ’n gedeelte in jou tuin af wat slegs jou kind sin is.  Kry vir hom sy eie tuingereedskap, toepaslik vir sy ouderdom, en laat hy self besluit wat hy wil plant in sy gedeelte.  Hy sal té trots wees op dit wat daar groei.  

Fisiese Ontwikkeling

Fisiese Ontwikkeling

Maak ’n voëlverskrikker met ’n ou hemp, hoed en kous.  Laat jul verbeeldings julle lei.  

 Maak ’n voerder vir voëls om in die boom te hang en geniet die verskillende voëls wat daar kom eet. 

Voel jy as mamma soms onseker oor wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder of jou kind dìt ook al moet kan doen? 

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2021 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Kreatiwiteit In Die Tuin

Kreatiwiteit In Die Tuin

Baken ’n gedeelte in die tuin af vir jou kind.  Julle kan sy hoekie volgens ’n tema versier.  ’n Feetjie tuin of dalk ’n dinosourus tuin.  Gebruik plastiekdiere, klippies en plante wat by jul tema pas.  Die tema sal jou kind se verbeelding prikkel.  

Die tuin is n wonderlike omgewing om holisties jou kind te help ontwikkel.

 Maak ’n groeiende wurm deur gras of mosterd saadjies in die eierhouer holtes te plant.  

Groei ’n boontjie.  Wanneer jy ’n boontjie in ’n bietjie klam watte sit en dit genoeg sonlig kry sal die boontjie vinnig ontkiem.  Versorg dit met genoeg water totdat dit gereed is om uitgeplant te word.     

Pluk ’n pot vol blomme vir ouma (dié is my seuntjies se heel gunsteling en word elke jaar op Lentedag gedoen).

Die sensoriese sisteem word omtrent wakker gemaak deur ’n aktiwiteit soos tuinmaak.  Die grond om aan te voel en te vat.  Is dit klam?  Koud?  Grof?  Die reuk van die verskillende blomme in die tuin.  Die voëls en insekte wat gehoor kan word in die tuin.  Die groente en vrugte wat geproe kan word en ook al die kleure in die tuin.  Vat jou kind vir ’n daaglikse stap deur die tuin en gesels oor dit wat julle kan voel, ruik, sien, hoor en proe.  Daar is min plekke waar al vyf sintuie op een slag ervaar kan word.  

Sensoriese Bewustheid

Sensoriese Bewustheid

Tuinmaak bied ’n natuurlike manier wat met emosies gepaard gaan.  Dit bring vreugde om ’n blom wat jy geplant het te sien groei en oopmaak vir die eerste keer, om die skoenlappers te sien rond vlieg en ander goggas te ontdek.  Dit bring ’n mate van satisfaksie om te sien hoe ’n wortel groei en jy kan hom uittrek en net daar in die tuin sit en eet.  Tog is tuinmaak nie aldag net vreugde nie.  Soms vrek ’n plant of die miere kan jou plante opvreet.  So leer jou kind ook hoe om die op en af van emosies te hanteer.

 Verder meer is daar ook ander karaktereienskappe wat deur tuinmaak bevorder kan word.  Geduld is iets waarmee veral ons kleiner maats sukkel.  Om elke dag die plante nat te maak en vir hulle te sorg leer ons om geduldig te wees.  Dit word op die ou ent beloon deur ’n mooi blom of ‘n groente wat deur hulself of selfs die familie geniet kan word.  Om vir die plante te sorg leer jou kind ook van verantwoordelikheid.  Tuinmaak dra ook by tot hul selfvertroue wanneer hulle suksesvol is met die groei van ’n saadjie tot ’n groente. 

Emosionele Groei

Emosionele Groei

Tuinmaak en beplanning loop hand aan hand.  Jy gaan sekere saadjies styf teen mekaar plant en sekere spasies oop los tussen die rye.  Jy gaan nie dieselfde spasie vir ’n akkerboom benodig as ’n roosboom nie.  Dit leer jou kind ’n bewustheid van spasie soos wat ’n plant, struik of blom groei.

Ruimtelike Vaardighede

Ruimtelike Vaardighede

Tuinmaak skep die ideale geleentheid vir praktiese en tasbare wiskundige vaardighede soos om te tel, te meet en te vergelyk.  Watter struik het die meeste blomme aan?  Watter plant is die hoogste?  Watter boom het die meeste suurlemoene aan?  

Eenvoudige Wiskunde Vaardighede

Eenvoudige Wiskunde Vaardighede

Die kort en die lank is dat die tuin ’n wonderlike omgewing is om jou kind in groot te maak.  Daar is verskeie redes waarom dit holisties bydra tot ons kinders se ontwikkeling.  Om in die buitelug te kom, die vars lug in te asem en warm son op hulle te voel laat jou kind toe om vrylik sy omgewing te ervaar.  Dit is baie bevredigend om ’n saadjie te plant, dit te versorg en dit dan te kan oes en te kan eet – dit is goed vir ons liggaam en siel.  Ons kinders leer ’n waardering vir moeder aarde en hoe om haar te help versorg.  

Hier is n klomp oulike tuin aktiwiteite

Hier is n klomp oulike tuin aktiwiteite

Die tuin laat hom self tot die geleentheid om kreatief te wees.  Om die verskillende kleure van die tuin saam te sit in ’n blommekrans.  Die verf van ’n potplantjie.  Die maak van ’n voerder vir voëls en nog vele meer.  Probeer gerus een van die volgende aktiwiteite vir ekstra pret in die tuin: 

1. Maak n tema tuin

1. Maak n tema tuin

2. Maak n voelverskrikker

2. Maak n voelverskrikker

3. Maak n voerder vir voels

3. Maak n voerder vir voels

4. Maak n groeiende wurm

4. Maak n groeiende wurm

5. Groei n boontjie

5. Groei n boontjie

6. Groei n grasman

6. Groei n grasman

7. Pluk n pot vol blomme

7. Pluk n pot vol blomme

Tuin skattejag – maak ’n eenvoudige lys van items waarvoor jou kind moet soek in die tuin. Bv: ’n stokkie, ‘n klippie, ’n bruin blaar, ’n geel blom, ’n gogga ens.  

8. Tuin Skattejag

8. Tuin Skattejag

Die tuin in ’n bottel.  Maak ’n sensoriese bottel met verskillende elemente wat julle in die tuin opgetel het.  Blomblare, ’n veer, ’n bietjie sand, ’n klippie of stokkie ens.  Gooi alles in ’n plastiekbottel en vul die bottel tot bo met water. 

9. Tuin in n bottel

9. Tuin in n bottel

Daar kan allerhande pragtige kunsaktiwiteite gedoen word met items uit die tuin.

10. Tuin en kuns

10. Tuin en kuns

Nog ’n groot gunsteling vir my seuntjies is om tuin sop te maak.  Gee hulle ’n groot skottel met water en laat hulle allerhande items uit die tuin kry om in jul tuin sop te gooi.  Gee vir hulle ’n soplepel, maatbekers en bakkies en hulle kook heel middag sop.

10. Maak Tuinsop

10. Maak Tuinsop

Ryg met ’n stokkie en verskillende blare uit die tuin om vir mamma die mooiste tuin hangertjie te maak.

10. Tuin Juwele

10. Tuin Juwele