Trippe Trappe Tone
Trippe Trappe Tone
Gepubliseer op 1 Februarie, 2021
Gepubliseer op 1 Februarie, 2021

Op ’n gereelde basis in die praktyk het ek met kinders te doen wat op hul tone loop.
En baie gereeld sal juffrouens my in die gange stop om te vertel dat hulle ’n student het wat op hulle tone loop.
Hierdie is ’n baie algemene probleem, maar wat dit regtig ’n tameletjie maak is dat daar so ’n groot verskeidenheid van redes kan wees waarom jou kleinding dit doen.
Dit kan gesien word as ’n heel normale fase wat deel uitmaak van ontwikkel of ’n baie ernstige probleem.

Tussen die ouderdomme van twee tot drie kan op-die-tone loop gesien word as ’n fase waar deur jou kleinding gaan. Na hierdie ouderdom sal mens wil vasstel of daar ’n mediese of ander rede is en of dit nou net ’n slegte gewoonte is wat aangeleer is.
Wanneer jou kind op die punte van sy tone loop en/of daar is geen kontak tussen die hak en die grond nie is dit dalk belangrik om die volgende in ag te neem. Daar is verskeie redes vir jou kind om op sy tone te loop en dit is belangrik om die rede so spoedig moontlik aan te spreek.

Kom ons kyk na n paar redes waarom jou kind op sy/haar tone loop...

- Strekke in die enkel en voet: met jou kind in ’n sittende of lêende posisie, vat die voet met ’n ferm greep in jou hand en strek die voet in alle rigtings. Maak seker om die knie reguit te hou. Probeer die strek vir ongeveer een minuut vol te hou.
- Laat jou kind op ’n wig kussing of teen ’n helling staan terwyl julle eenvoudige bal-en-balansspeletjies speel

- Balanseer ’n boontjiesakkie op die voet terwyl die kind op ’n groot oefenbal sit of staan.
- Probeer klein items (soos pom-poms, ’n waslap) met die tone te knyp en in ’n houer te gooi met die voet.
- Laat die kind op ’n scooterboard of skopfietsie ry waar hy sy voete moet gebruik om homself weg te skop.
- Klim teen ’n glyplank op
- Laat hom loop oor ’n balansbalk
- Behou jou balans terwyl jy op ’n wiegbord staan
- Verf jul voete en maak ’n mooi kunswerk op ’n groot stuk papier. Moedig so jou kind aan om op sy hele voet te trap om ’n mooi afdruk te kan maak.
- Laat hom loop met swem flippers. Hierdie kan ’n prettige aktiwiteit wees met eenvoudige speletjies, maar die flippers sal dit vir hom baie moeilik maak om op sy tone te loop.
- Maak of julle bestuur. Mamma kan vir kleinding wys hoe sy haar hak op die grond moet hou om die petrol te kan trap.

Weet jy hoe om
Weet jy hoe om
Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy soms oorweldig oor wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

- Is jou kind dalk tas sensitief/vermydend in sy voete? Dit verwys na die sensoriese insette wat jou kind ervaar vanaf die sole van sy voete. Hierdie insette mag vir sommige kinders soos pyn wees wat hulle ervaar. Hulle sukkel dus met die prosessering van hierdie inligting.
- Het hy dalk ’n vestibulêre of proprioseptiewe probleem? Sommige kinders toon sensoriese soekende gedrag met betrekking tot die twee bogenoemde sisteme. Deur op hulle tone te loop kry hulle hierdie insette wat hulle lyf na smag. Maar omdat dit hul funksionering in ’n aktiwiteit kan beïnvloed moet dit tog verder ondersoek word. Dit kan ook hul fisiese spiere verander in die voet, enkel en been wat nog besig is om te groei.
- Dit mag in sekere gevalle ook ’n teken wees van neurologiese disfunksie of uitvalle. Dit mag wees dat jou kind dalk ’n onderliggende neurologiese diagnose (bv. serebrale verlamming of spierdistrofie) het waarvan jul nie bewus is nie. So dit is altyd nodig om jou pediatriese neuroloog te kontak wanneer jy bekommerd is oor jou kind.
- Kan dit dalk ’n teken van outisme wees? Hierdie is ’n vraag wat honderde kere saam met die bekommernis oor ’n kind wat op sy tone loop gepaard gaan vir ouers of onderwysers. Daar is verskeie navorsingstudies waar kinders wat op hulle tone loop en outisme met mekaar verband hou. In die een spesifieke een was 324 kinders van die 954 wat op hul tone geloop het ook gediagnoseer op die spektrum. Ons is geneig om altyd slegs op die sosiale en ontwikkelings agterstande te fokus met kinders wat op die spektrum is en vergeet soms dat ons ook na hul fisiese en motoriese ontwikkeling moet kyk.
- Is dit net ’n slegte gewoonte of dalk stywe spiere wat hom verhoed om hak-toon te loop of is daar dalk ander motoriese probleme? As jou kind die gewoonte aangeleer het om op sy tone te loop sal hy die spierontwikkeling in sy hak en ook onderbeen belemmer. Daar mag verkorting of styfheid van hierdie spiere plaasvind wat ook ’n invloed mag hê op motoriese ontwikkeling.

Nie alle kinders wat op hul tone loop het ’n ernstige diagnose nie, maar dit is iets wat goed gemonitor moet word. Ons as arbeidsterapeute is altyd bekommerd dat daar dalk ’n addisionele sensoriese prosesserings disfunksie of ander ontwikkelingsagterstand probleme mag wees, en daarom is ’n volledige evaluasie nodig om al die moontlike redes uit te lig of te elimineer.
Behandeling van kinders wat op hul tone loop gaan van verskeie faktore afhang. Hoe sterk is die “gewoonte”? Is daar enige kontak met die hak op die grond of is hulle slegs op hul tone die hele tyd? Hoe styf is die kuitspier weens die loop op tone? Is daar dalk nou ander veranderinge in die voet- en enkelspiere? Daar is verskeie metodes van behandeling afhangende van die bogenoemde. Maak seker om alle opsies met jou kind se pediater of ander rolspelers te bespreek.

Die volgende is n paar speletjies wat julle tuis kan probeer wat jou kind sal aanmoedig om eerder met voete stewig op die grond te loop:

- Doen verskeie dierelope:
- Krap Loop:
- Doen verskeie dierelope:
- Krap Loop:

- Pikkewyn Loop
- Pikkewyn Loop

- Paddaspring
- Paddaspring

Indien jy bekommerd is oor jou kind, maak dadelik kontak met jou kind se pediater. Jy is die een wat jou kind die beste ken en dus wees aan sy kant. Maak seker dat die klein goedjies nie later in groot goed verander nie.