SPRING-SPRING SO...
SPRING-SPRING SO...
Gepubliseer op 6 November, 2019
Gepubliseer op 6 November, 2019
"My driejarige se gunsteling speelding is tans ’n springtou.

Hy is nog te klein om die aksie te bemeester, maar daar is soveel meer wat ons met ’n springtou kan doen as net om te spring."

Omdat ’n springtou verskeidenheid bied, skep dit ook die geleentheid vir soveel verskillende vaardighede om gestimuleer te word sonder dat jou kleinding besef hy/sy en sy/haar lyf besig is om te leer en ontdek.

Hier is ’n paar aktiwiteitsmoontlikhede wat die volgende vaardighede ontwikkel:

Bilaterale Integrasie
Bilaterale Integrasie
Motoriese Beplanning
Motoriese Beplanning
Proprioseptiewe insette lewer
Proprioseptiewe insette lewer
Opeenvolging en Ritme
Opeenvolging en Ritme
Hand-oog koördinasie
Hand-oog koördinasie
Die versterking van spiere
Die versterking van spiere
1. Laat die tou in ’n reguit lyn lê
1. Laat die tou in ’n reguit lyn lê
Laat die tou in ’n reguit lyn lê. Verbeel julle dit is ’n balansplank en loop op die tou. Jy kan gerus jou kleinding se balansvaardighede uitdaag deur verskillende maniere oor die tou te loop bv. loop hak-toon, agteruit, spring eenbeen oor die tou, terwyl hy/sy oor die tou loop tel die eindpunt op en beweeg dit heen en weer oor die grond vir ekstra visuele inligting wat dit moeiliker maak. Om dit selfs nog meer van ’n uitdaging te maak kan jy dat hy/sy oor die tou loop teen tyd en elke keer sy/haar tyd probeer verbeter.

2. Spring oor die tou met beide voete gelyktydig

As jou kind nog nie kan touspring nie, kan julle oefen deur die tou heen en weer oor die grond te swaai of al in die rondte te draai en hy/sy moet oor die tou probeer spring met beide voete gelyktydig – amper soos die propeller van ’n helikopter. Vir jou kleiner kind gaan jy dalk stadiger in die rondte moet draai. Laat jou kind vooraf ’n dobbelsteen gooi. Hy/sy moet dan soveel keer oor die tou spring voordat hy/sy weer kan gooi.

3. Nabootsing
3. Nabootsing
Gebruik die tou en maak verskillende vorms op die grond met die tou. Laat jou kleinding dan ook dieselfde vorms nabou. Vir jou ouer kind wat al klanke en getalle kan skryf kan jy selfs dat hulle met ’n springtou dit vir jou bou.

4. Links-regs, links-regs
4. Links-regs, links-regs
Lê die tou lank uit in ’n reguit lyn op die grond. Spring nou links-regs, links-regs (weerskante van die tou) met albei voete saam of eenbeen (vir die ouer kind) tot by die eindpunt van die tou.

5. Vorentoe en agtertoe
5. Vorentoe en agtertoe
Laat die tou in ’n reguit lyn op die grond lê. Met die regtervoet regs van die tou en die linkervoet links van die tou spring nou vorentoe (of agteruit) met beide voete gelyktydig tot by die anderkant.

6. Tou-Loop
6. Tou-Loop
Sit die springtou sigsag op die grond neer of met draaie en laat hy/sy die paadjie volg tot by die eindpunt. Vir die volgende rondte kan jy vir hom/haar ’n bal gee wat hy/sy moet bons terwyl hy/sy op die tou loop.

7. Opwen en Afwen
7. Opwen en Afwen
Laat jou kind die een punt van die springtou vashou terwyl jy die ander punt vashou. Hy/sy moet dan homself/haarself opwen of “spin” tot by jou en dan homself/haarself weer afwen.

8. Twee is beter as een
8. Twee is beter as een
Gebruik twee springtoue. Sit hulle parallel met mekaar en laat hy/sy oor beide spring met sy/haar voete gelyktydig. Vermeerder nou die spasie tussen die twee toue al hoe meer sodat hy/sy al hoe verder moet spring met albei voete. Bly die spasie groter maak totdat hy/sy nie meer met albei kan oorspring nie.

9. Rol 'n bal oor die tou met jou voet
9. Rol 'n bal oor die tou met jou voet
Laat die tou op die grond lê in ’n reguit lyn. Gee nou vir jou kind ’n bal wat hy/sy al teen die tou moet rol met sy/haar een voet. Volg die tou al die pad tot die einde.

10. Trek jouself op met die tou
10. Trek jouself op met die tou
Maak ’n springtou aan ’n deurknop vas (met die deur natuurlik gesluit) en laat die kind homself/haarself optrek vanuit ’n sittende posisie deur aan die tou te hang en op te klim.

Op watter ouderdom leer ek my kind springtou spring en hoe doen ek dit?

Om tou te kan spring is daar nogals ‘n hele paar vaardighede wat bemeester moet word om hierdie eenvoudige (of so dink ons) aktiwiteit suksesvol te kan doen.

Vir jou ses-jarige om hierdie taak te kan doen is die volgende baie belangrik;

Sy moet ‘n goeie liggaamskonsep hê
Sy moet ‘n goeie liggaamskonsep hê
Moet ruimtelike (voor en agter) bewus wees van haar lyf (ruimtelike verhoudings)

Moet in staat wees om die twee dele van die lyf saam te kan gebruik (bilaterale integrasie ontwikkeling)

Voldoende hand-oog koordinasie en goeie ritme

Tydsberekening en volgorde van aksies moet beplan kan word

Hoe help ek my kind om die aktiwiteit te doen?

Begin met 'n hoepel:
Begin met 'n hoepel:
Baie kinders sukkel met die aksie om die tou oor die lyf te swaai. Die hoepel oor die lyf swaai is baie makliker en so kan die kind sien wat veronderstel is om met die tou te gebeur. Julle kan eers “touspring – loop” deur die hoepel, dan hardloop en dan op een plek probeer stil staan en touspring.

Stel die kind stelselmatig bloot aan touspring deur die stappe op te deel:

Laat sy met die tou se punte in elke hand staan met die tou wat agter haar hang op die grond.

Swaai nou die tou sodat hy voor julle voete op die grond lê

Klim/spring met albei voete nou oor die tou – nou is die tou weer agter julle soos met die begin van die aktiwiteit

Herhaal tot die aktiwiteit natuurlik raak, dit sal nog nie ritmies wees nie net die aksie is nou belangrik

Sit nou die woorde SWAAI en SPRING by om haar te help met ‘n ritme en om die aktiwiteit te doen.

SWAAI – Swaai die tou vorentoe oor haar kop

SPRING – Wanneer jy die tou spring maak gereed vir die spring aksie

Bly aanhou oefen totdat dit nie meer ‘n gesegmenteerde taak is nie.

Moenie verwag dat sy dit dadelik met goeie ritme gaan regkry nie. Dit vat tyd so wees geduldig.

Indien die kind sukkel met die swaai aksie staan op jou kniee agter die kind en hand oor hand swaai die tou van voor na agter oor julle lyf. Herhaal ‘n hele paar keer sodat sy kan voel wat haar hande moet doen om te swaai.

Sy kan nou swaai en swaai op haar eie en wanneer sy dit goed bemeester het begin “touspring loop” touspring hardloop en dan twee voete gelyk.

Indien sy sukkel met die tydsberekening is die volgende ook ‘n lekker voorbereidings aktiwiteit.

Maak die eenpunt van die tou aan ‘n stoel vas. Jy sit met die ander punt en swaai liggies die tou heen en weer. Sy moet oor die tou spring, omdraai en weer oorspring. Herhaal ‘n paar keer. Soos sy beter raak verhoog die tou stadig totdat sy gemaklik en met selfvertroue oor die tou kan spring wat omtrent enkel hoogte geswaai word. Hier kan julle weereens eers oor loop, dan oor hardloop en dan twee voete saam spring.

Om dit nog nader aan die ware aksie te bring swaai die tou reg oor haar lyf wanneer die tou voor by haar voete kom moet sy spring. Dit is dus nou soos regte touspring maar jy doen die swaai aksie vir haar.

Wanneer julle dit onder die knie het, neem die tou en probeer spring.

Onthou dit is altyd makliker om eers te loop, dan te hardloop dus een voet ander voet en dan eers twee voete gelyk.

Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy