Whats App: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

Spraak en Taalontwikkeling
Spraak en Taalontwikkeling
Gepubliseer op 2 Mei, 2019
Gepubliseer op 2 Mei, 2019
Hoe kan ek seker wees my kind se spraak- en taalontwikkeling is voldoende?

Hoe kan ek hom/ haar help om hierdie mylpaal voldoende te bereik?

Wanneer moet ek begin bekommerd raak?
Wanneer moet ek begin bekommerd raak?
Wanneer en na wie toe vat ek my kind in so ‘n geval?

Wat moet jy weet?
Wat moet jy weet?
Spraak- en taalontwikkeling is een van die belangrikste mylpale wat jou kind gaan bereik. Dit is noodsaaklik vir sosiale interaksie. Agterstand in hierdie mylpaal kan lei tot isolasie, frustrasie, leerprobleme, ‘n lae selfbeeld en swak akademiese prestasie.

Jou kleinding moet so vroeg soos eenjarige ouderdom alreeds enkele woordjies kan sê. Die belangrikste tydperk om spraak en taal aan te leer, geskied tydens die eerste drie jaar van sy/ haar lewe. Kinders is dán soos sponse en absorbeer elke bietjie inligting.

Kom ons kyk wat kan ons van haar verwag:

0 – 3 Maande
0 – 3 Maande
Spraak- en taalontwikkeling begin ontwikkel van geboorte af. ‘n Baba kommunikeer kort na geboorte reeds eerste met sy/haar eerste oogkontak (wanneer hy/sy vir die eerste keer gevoed word) en daarna deur huilbuie (wanneer hy/sy Mamma se aandag wil hê). ‘n Baba sal ongeveer op ses weke begin glimlag en sal sy/haar kop in die rigting van harde geluide draai.

4 – 6 Maande
4 – 6 Maande
Hy/Sy sal nou die verandering in jou stemtoon kan herken en selfs reageer op ‘n ferm woord soos “NEE!”. Hy/Sy sal begin om na meer klanke te luister soos die ketel wat afskakel, interessante speelgoed wat geluide maak of selfs die voëltjies wat buite sing.

7 – 12 Maande
7 – 12 Maande
In hierdie tydperk gebeur die grootste transformasie en dit verskaf baie opwinding ons die baba meer en meer kommunikeer. Hy/Sy kan nou luister wanneer iemand sy/haar naam roep en hy/sy herken bekende name soos “Pappa” en “Mamma” en ook ander bekende voorwerpe soos ‘n lepel, se naam. Soos Pappa/Mamma die woorde in prentjieboeke sê, behoort hy/sy vermaak te word. Die kind behoort, tussen nege maande en twaalf maande, enkele woorde te begin sê.

1 – 2 Jaar
1 – 2 Jaar
Daar word verwag dat hy/sy nou na eenvoudige liggaamsdele wys en dit kan opnoem (soos: ogies, ore, neus, hande, voete). Hy/Sy sal dieselfde storie oor en oor geniet (tot Mamma se grootste frustrasie!) en sal ook kinderliedjies in babbeltaal probeer saamsing. ‘n Lekker manier om hom/haar aan te moedig is om die rympie of liedjie op te sê en dan die laaste woord uit te laat sodat hy/sy dit kan voltooi.

Na 2 Jaar
Na 2 Jaar
Hy/Sy behoort nou meer ingewikkelde tweedeelbevele te verstaan (“Gaan haal jou storieboek EN kombersie”) en hy/sy sal ook sy/haar eerste twee tot driewoordsinne begin gebruik. (“Mamma eet.” of “Mamma honger”).

Vanaf 3 tot 5 Jaar
Vanaf 3 tot 5 Jaar
Volsinne kan verwag word vanaf driejarige ouderdom. Op vier sal hy/sy goed kan praat, tog sal hy/sy nog grammatikale foute maak. Op vyfjarige ouderdom sal sy/haar basiese moedertaal teen volle bemeester wees.

Baie ouers glo dat taalontwikkeling ‘n natuurlike of outomatiese proses is – VALS!

Baba sal taal leer deur te luister na hoe ander mense praat; daarom verstaan (reseptiewe taal) hy/sy baie meer as wat hy/sy self kan praat (ekspressiewe taal). Dus: as hy/sy woorde nie gaan hoor nie, sal hy/sy dit ook nie leer en gebruik nie. Daarom kan die herhaling van ‘n woord of frase nooit te veel gedoen word nie. Sodra ‘n woord genoeg kere herhaal is, sal dit deel van sy/haar eks-pressiewe woordeskat word. ‘n Woord of frase moet tot 500 keer gehoor word voordat ‘n kind dit self sal gebruik.

Watter impak het gehoor op my kind se spraakontwikkeling?

Een van die grootste hindernisse met betrekking tot die ontwikkeling van taal en spraak is, daarom, gehoor. Hoeveel keer het jou kleinding al middelooronsteking gehad? Wanneer daar vog in sy/haar middeloor is, kan hy/sy nie alle klanke en die korrekte uitspraak mooi hoor nie (soms word slegs 30 tot 40% van die woord gehoor). Raadpleeg dus jou huisdokter of pediater wanneer hy/sy harder as ander kinders praat, woorde aanhoudend verkeerd uitspreek of minder as ander kinders praat. Daar kan dalk vog in sy/haar middeloor wees. Jy kan hom/haar ook na ‘n oudioloog neem vir ‘n meer volledige ondersoek van haar gehoor.

Hoe gemaak as daar meer as een taal tuis gepraat word?

Tans word daar soveel kinders in huise groot waar daar meer as een taal gepraat word. Dit kan tot taalverwarring lei, veral as die een taal nog nie goed vasgelê is nie. Daar word aanbeveel om een taal te kies vir die kind tot op driejarige ouderdom wat dan as die basis/grondslag vasgelê word. Dit is nie altyd moontlik nie, maar wees dan baie konsekwent! Mamma praat dan altyd haar taal en Pappa syne. Taalontwikkeling mag dan dikwels stadiger plaasvind. Wanneer sy/ haar oppasser dalk ‘n (derde) taal praat wat nie Mamma of Pappa praat nie, moet daar oor naweke tyd gemaak word vir ekstra insette en stimulasie.

SÓ KAN MAMMA HELP
SÓ KAN MAMMA HELP
Skep ‘n leeromgewing waar die kind nie ekstra druk sal ervaar en daarom eerder wil onttrek nie. Spraak en taal moet speel-speel gestimuleer word.

In plaas van vrae vra wat hy/sy nie kan antwoord nie, vertel hom/haar eerder wat iets is en gee ‘n voorbeeld. Hy/Sy kan jou dan probeer herhaal.

Praat, praat, praat en práát met jou kind. Dit is nie verspot om met jou baba te praat net omdat hulle nog nie kan verstaan of reageer nie. Hoe meer jy praat/gesels, hoe beter is sy/haar kans om taal te verwerf.

Gebruik elke geleentheid! Noem die liggaamsdele op soos wat julle bad of ‘n doek ruil, kyk by die venster uit en vertel hom/haar van wat julle buite in die straat sien verbyry, maak ‘n punt daarvan om hom/haar te vertel van al die bestanddele soos julle inkopies in die supermark doen. Benoem voorwerpe volgens hul kleur en vorm en waarvoor dit gebruik word.

Wanneer jy koek bak, kan jy haar wiskundige taal verbeter deur die hoeveelhede op te noem: ‘n koppie koekmeel, ‘n teelepel bakpoeier en ‘n halwe koppie suiker.

Belê in prentjieboeke. Daar is ‘n groot verskeidenheid van boeke beskikbaar; blaai gereeld daardeur en vertel hom/haar van die prentjies. (Dit is belangrik dat die prentjies soos die werklike item moet lyk en nie ‘n getekende prentjie is nie.)

Vermy babataal. Praat met hom/haar asof hy/sy elke woord verstaan.

Lees vir hom/haar soveel moontlik storieboeke voor. Julle kan onder ander mamma-vriendinne boeke uitruil of sluit by ‘n biblioteek aan.

Wanneer ‘n kind na stories luister, word nie net taalvaardighede ontwikkel nie, maar sy/ haar kreatiewe denke word gestimuleer, woordeskat uitgebrei, die aandagspan word geoefen en uiteindelik verleng; boonop word taalstrukuur en sinskonstruksies op ‘n natuurlike manier versterk.

Luister na jou sesde moederlike sintuig en stel ondersoek in wanneer jy bekommerd is oor jou kind se spraak- en taalontwikkeling. Moenie luister na mense wat vertel dat alle seuntjies in hul familie stadig leer praat het en nou die woordeboek kan opsê nie!

Kontak ons gerus vir meer inligting of wanneer u navrae het

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy