Whats App: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

SPEELTYD vs. SKERMTYD
SPEELTYD vs. SKERMTYD
Gepubliseer op 11 Mei, 2019
Gepubliseer op 11 Mei, 2019

My driejarige seuntjie was nog nooit geïnteresseerd in die televisie of selfoon nie. Maar nadat sy niggie en nefie vir ’n naweek hier gekuier het (elkeen met hul eie tablet), het die gogga hom ook gebyt tot my grootste frustrasie. Maar wat doen ’n mens in ’n wêreld waar slimfone, die internet, videospeletjies en toeps deel is van ons daaglikse lewenstyl?

Kinders spandeer meer tyd
Kinders spandeer meer tyd
voor ’n skerm as wat hulle boeklees of
voor ’n skerm as wat hulle boeklees of
deel neem aan gesprekke met hul ouers.
deel neem aan gesprekke met hul ouers.
Wanneer kinders saam met hul ouers inkopies doen sit hulle in die trollie en speel op ’n selfoon; in restaurante sien mens hoe elkeen aan die tafel met hul selfoon doenig is in plaas daarvan om met mekaar te gesels.

Kinders speel al hoe meer alleen voor ’n skerm in plaas daarvan om met maats te sosialiseer.

Die slimfoon of tablet is terselfdertyd ’n “oppasser” en verskaf vermaak, maar kinders het kwaliteittyd (“face-to-face”) nodig saam met hul ouers en om met hul maats te speel.

Kinders spandeer te veel tyd in ’n stil posisie en beweeg nie genoeg nie. Om te beweeg is die manier waarop die brein geprogrammeer is om te leer en nuwe inligting in te neem.

Hoe meer tyd voor ’n skerm spandeer word, hoe moeiliker is dit vir kinders om aan bewegingsaktiwiteite deel te neem. Boonop sê navorsing dat hierdie kinders ook sukkel om hul brein en liggaam te fokus op regte spel wat aandag verg.

Hoekom is die skerm so verslawend vir kinders?

Daar is versteekte verrassings
Daar is versteekte verrassings
Vinnige bewegings en aksie, wat hul aandag behou

Dit is kleurvol en die musiek behou hul aandag

Die WEN-faktor! Wanneer die kind na die volgende vlak kan gaan of ’n prys wen in ’n speletjie veroorsaak dit ’n dopamien afskeiding in die “plesier” afdeling van die brein

Die vermoë om te kan speel is so belangrik vir kinders soos werk vir volwassenes is. Deur te speel leer die kind die wêreld ontdek en om doelgerigte interaksie te hê. ’n Kind wat “goed” is in spel gaan speel omdat hy/sy ’n behoefte het aan speel en nie omdat hy/sy wil wen of ’n doel wil bereik nie – wat die geval is met soveel opvoedkundige speelgoed en videospeletjies.

Spel bied die geleentheid vir sensoriese prosessering, die ontwikkeling en stimulasie van motoriese vaardighede, kognitiewe vaardighede asook perseptuele vaardighede. Dit is ook belangrik vir sosiale interaksies, emosionele ontwikkeling en taal en kommunikasie vaardighede.

Skerm spel word al hoe meer gesien, terwyl objek spel afneem. Objek spel verwys na die kind wat met ’n objek speel soos bv. ’n karretjie, bal, pop of plastiekdiere. Wanneer die kind met die objek speel kry die brein konstant terugvoer rakende die tas sintuig, visuele inligting en beweging wat nie moontlik is met skerm spel nie. Hierdie terugvoer sorg vir integrasie tussen die verskillende dele van die brein. Dit is ook hierdie terugvoerbane wat nodig is vir vaardighede soos skryf, om te knip, lees, wiskunde doen en vele ander. Om met die werklike objek te speel bevorder ook probleemoplossing, verbeelding en kreatiwiteit. Die kind ervaar dinge driedimensioneel, wat baie ryker aan stimulasie is as op tweedimensionele vlak.

Weereens word dit bewys dat geen duur speelgoed nodig is vir pret, stimulasie en die ontwikkeling van jou kind nie – ’n bak met water en sand, speelklei, ’n houtblokkie of selfs ’n leë kartonboks kan soveel bied vir jou kind.

Is jy as ouer bekommerd dat jy self ook in hierdie skerm wêreld vasgevang is?

Gebruik die volgende om jouself te monitor:

Oppasser
Oppasser
Hoe gereeld gebruik jy die skerm om jou kind op te pas sodat jy vryetyd het? Kinders het jou nodig en wil jou in hul lewens hê. Die skerm kan jou kind besig hou maar hulle kan nie ’n emosionele konneksie daarmee vorm soos wat hulle met jou kan nie. Sien jy my? Hoor jy my? Is ek belangrik vir jou? Hierdie is drie vrae wat jou kind op ’n daaglikse basis aan jou vra deur hul lyftaal en nieverbale kommunikasie.

Tegnologie afhanklikheid
Tegnologie afhanklikheid
Gebruik jy dalk die skerm om jou kind aan die slaap te maak of hom/haar te laat eet? Daar is baie ouers wat noem dat hul kinders nie een of die ander kan doen sonder die hulp van ’n skerm nie. Dit beteken dat die kind nie leer hoe om homself/haarself te reguleer of die selfdissipline het om basiese take te doen nie. As jou kind nie nou sonder die tablet aan die slaap kan raak nie, verbeel jou waarvoor hulle dit nog alles gaan nodig hê in die toekoms?

Ervaringsdief
Ervaringsdief
Steel of vervang tegnologie dalk die werklike ervaringe wat jou kind nodig het vir belangrike ontwikkeling? Kinders leer konkreet. Die leer ervaring moet met regte mense, regte objekte/speelgoed, in die werklike tyd geskied, wat ook van spel ’n multisensoriese ervaring maak. Maak dus seker dat jou kleinding werklike ervaringe opdoen.

Troosmiddel
Troosmiddel
Gebruik jy dalk skermtyd om te voorkom dat jou kind ’n tantrum gooi? Die skerm sal jou kind beslis stil hou terwyl hy/sy in die trollie ry, maar dit sluit hom/haar ook af van die werklike wêreld en voorkom dat hy/sy ’n emosionele interaksie het met sy/haar direkte omgewing. Wees dus versigtig hoe jy die skerm gebruik om jou kind te hanteer.

Verbeeldingsdief
Verbeeldingsdief
Is jou kind afhanklik van tegnologie om hom/haar te begelei wat om volgende te doen? Kinders verloor al hoe meer hul inisiatief en kreatiwiteit – iets wat ek gereeld by die onderwysers hoor. Die kind sal ander maats na-aap of elke keer dieselfde speelding vat en elke keer dieselfde speletjie speel. Vervang skerm spel met regte spel, beweging, kommunikasie en interaksie met jou kind. Help jou kind om van kleins af gesonde tegnologie gewoontes aan te leer deur vir hulle ’n voorbeeld te wees.

Aanbevole riglyne rakende toelaatbare skermtyd

Skep ‘n leeromgewing waar die kind nie ekstra druk sal ervaar en daarom eerder wil onttrek nie. Spraak en taal moet speel-speel gestimuleer word.

Geen skermtyd voor 18 maande nie. Die kind moet die wêreld eers slegs op ’n driedimensionele wyse ervaar.

18-24 maande: die kind moet saam met ’n versorger slegs hoëkwaliteit programme kyk sodat die versorger vir die kind kan verduidelik wat op die tweedimensionele skerm aangaan.

6 jaar en ouer: beperk skermtyd sodat dit nie inmeng met ’n kind se ander aktiwiteite nie. Dus moet hy/sy nie ’n tekort hê aan fisiese en kreatiewe spel asook beperkte sosiale interaksie as gevolg van skermtyd nie. Maak tyd vir tegnologie-vrye gesinstyd.

Kontak ons gerus vir meer inligting of wanneer u navrae het

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy