Eenvoudige Simon Says 

Eenvoudige Simon Says 

Gepubliseer op 16 November, 2020

Gepubliseer op 16 November, 2020

"Simon Says" is een van daardie klassieke speletjies wat almal ken en kan onthou vanuit hul kinderjare.  Dit was nie net toe pret nie, maar is steeds ’n staatmaker vir pret.  Hoe snaakser die opdragte hoe meer pret en ek belowe jou, jou kind sal net nog en nog wil speel.  

Ek het onlangs die waarde van veral hierdie speletjie net weer ontdek.  Of dit nou met een kind of ’n hele groep kinders gespeel word, jy kan verseker wees van pret.  En boonop kan dit so maklik aangepas word om ook opvoedkundig te wees.  

Watter vaardighede kan geleer en gestimuleer word deur "Simon Says"?

Dit kan maklik op die tradisionele manier gespeel word, maar pas dit ook ’n bietjie aan as jy op een spesifieke vaardigheid wil konsentreer.  

Kom ons kyk na elke vaardigheid en watter "opdragte" ons kan gee om daardie spesifieke vaardigheid aan te spreek.

Liggaamsbewustheid

Liggaamsbewustheid

Luistervaardighede 

Luistervaardighede 

Natuurlik is hierdie speletjie ’n ou staatmaker as dit kom by luistervaardighede.  Die kind moet mooi luister omdat elke opdrag vir hom spesifieke inligting gaan gee.  Eerstens, moet ek die opdrag uitvoer of nie, en tweedens moet hy verstaan wat die opdrag van hom vereis.  

So leer jou kind ook om aandag te gee aan die belangrike inligting en hoe om die instruksie uit te voer.  Hierdie sal nie net help dat hul instruksies beter volg by die huis nie, maar ook in die klaskamer.  Die moeilikheidsgraad van instruksies kan ook maklik aangepas word vir jou kind se ouderdom en sy vermoë.  Begin met eenvoudige instruksies en maak dit geleidelik moeiliker en meer uitdagend deur vinniger te praat, of voeg onnodige inligting by wat nie verwant hou met die instruksie nie.  Vervang ook “Simon Says” met iets anders of laat dit uit om te verseker hulle luister aandagtig.

Weet jy hoe om 

Weet jy hoe om 

Grof-motoriese ontwikkeling verwys na alle bewegings waar die groter spiere betrokke is, soos om te hardloop, klim-en-klouter, spring en dans.  Om elke dag hierdie spiere te gebruik verbeter ons koördinasie, spierkontrole, uithouvermoë en balans. 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Een van die heel eerste vaardighede wat ’n kind aanleer is sy liggaamsdele en dit gee vir hom ’n bewustheid van sy lyf.  Dit maak ’n groot deel uit van sy fisiese ontwikkeling.  Nie net leer hulle die name van elke liggaamsdeel nie, maar leer ook sy funksie.

Midlynkruising  

Midlynkruising  

Grof Motoriese Vaardighede  

Grof Motoriese Vaardighede  

Geheue

Geheue

Net soos luistervaardighede kan geheue ook gestimuleer word deurdat jou kind moet onthou wat gesê was.  Hy gaan dus luistervaardighede en geheue oefen terselfdertyd.  Hou jou kind se ouderdom en aandagspan ingedagte soos wat jy instruksies moeiliker en meer maak.  

Variasie op Speletjie

Variasie op Speletjie

In plaas daarvan dat jy die instruksies gaan sê, gaan die instruksie gewys word en jou kind moet dit dan kopieer met sy lyf.  Hierdie sal sy visuele sowel as beplannings vaardighede uitdaag (en help verseker wanneer mamma ’n bietjie stilte nodig het). 

  • Jy kan ook aksie kaartjies uitdruk wat jy omhooghou en jou kind moet dan die aksie doen; dit gaan ’n bietjie meer konsentrasie verg. 
  • Jy kan ook die woorde op papier skryf en jou ouer kind wat al kan lees moet die instruksie lees en dan doen. 
  • Gee ook jou kind die geleentheid om Simon te wees; so moet hy dan self kreatief dink oor die instruksies.  

"Simon Says..."

  • wys na jou tone
  • raak aan jou elmboog
  • vat aan jou enkel
  • sit jou hand op jou regterskouer
  • steek jou tong uit
  • wys na jou wenkbroue
  • raak aan jou rug
  • kielie jou onderarm
  • wys na jou linkerknie
  • raak aan jou vingernael
  • wys na jou naeltjie

"Simon Says..."

  • wys na jou tone
  • raak aan jou elmboog
  • vat aan jou enkel
  • sit jou hand op jou regterskouer
  • steek jou tong uit
  • wys na jou wenkbroue
  • raak aan jou rug
  • kielie jou onderarm
  • wys na jou linkerknie
  • raak aan jou vingernael
  • wys na jou naeltjie

Die midlyn verwys na die denkbeeldige lyn wat die liggaam in twee verdeel, naamlik ’n regter- en linkerkant.  Dit is belangrik dat hierdie lyn oorskry word om sekere take te kan doen, soos om aan te trek, na ’n speelding uit te reik, skoene te kan vasmaak ens.  Vir jou kind om sy midlyn te kruis werk die twee hemisfere van die brein saam omdat beide kante van die lyf betrokke is.   

  •  raak aan albei elmboë
  • gee jouself ’n drukkie
  • raak met jou regterhand aan jou linkerknie
  • sit kruisbene
  • vou jou arms
  • dans vir 10 tellings
  • gee vir die maat langs jou ’n high five
  • swaai jou heupe van kant tot kant (twist)
  • waai jou arms bo jou kop
  • sit jou linkerhand op jou regterenkel

“Simon Says…”

  • klap jou hande vyf keer
  • skree die antwoord uit – wat is drie plus twee?
  • buig vooroor en raak jou tone drie keer
  • hardloop in ’n sirkel en stop waar jy begin het
  • raak een knie met die teenoorgestelde hand
  • doen ses sterspronge so vinnig as wat jy kan
  • maak jou oë toe en balanseer op een been
  • tel in jou kop tot 10 en steek dan jou hand op
  • moenie soos ’n hond blaf nie, maar meow soos ’n kat
  • slaan jouself op die skouer want jy luister te mooi!

  •  klim by die trappe op
  • rol teen die heuwel af
  • steek jou arms uit na die kante toe en draai in die rondte
  • loop agteruit in ’n reguitlyn
  • hardloop in ’n sirkel so vinnig as wat jy kan
  • spring op en af 10 keer
  • maak soos jou gunsteling dier
  • loop soos ’n olifant en swaai jou slurp heen en weer
  • doen ’n snaakse dansie
  • maak asof jy ’n vis is en swem in die dam (vloer) rond

  • draai jou kop na links, glimlag en wys jou tande
  • draai twee keer in die rondte en klap dan jou hande drie keer
  • knip jou oë vyf keer, raak aan jou neus en roep die woord “kat” uit
  • raak met jou regterelmboog aan jou linkerhand en jou linkerknie met jou regterhand
  • maak asof jy ’n hond is, blaf drie keer, jaag jou stert en gaan sit op die grond
  • raak aan jou skouers en dan aan jou knieë twee keer
  • raak terselfdertyd aan jou regteroor en jou linkerknie
  • doen vyf sterspronge en sit albei hande op jou kop
  • raak aan elke vinger aan elke hand

“Simon Says…” (sê steeds die frase om hul aandag by jou te kry)

  • doen ’n stersprong
  • raak aan beide ore met die teenoorgestelde hande
  • klap jou hande en sit dan beide hande op jou knieë
  • draai in die rondte met jou arms gesprei
  • maak asof jy ’n fluit speel
  • doen ’n snaakse dansie
  • vou jou arms en kyk links-regs, links-regs
  • gee jouself ’n drukkie
  • loer onderdeur jou bene
  • blaas ’n soentjie

Leer, speel en ontdek geleenthede in en om elke hoek en draai – kyk uit vir hierdie geleenthede of dit nou 

in die kar, winkel of by die huis is.  