Die Probleem met Probleemoplossing
Die Probleem met Probleemoplossing
Gepubliseer op 28 Januarie, 2020
Gepubliseer op 28 Januarie, 2020
Ek kan nie. Ek weet nie hoe nie. Mamma, help my. Mamma moet dit doen. Mamma moet dat doen. Is jy as mamma al moeg daarvan om probleme op te los en planne te maak? Wel, dit is ook ’n probleem… want hoe leer ek my kind om self probleme op te los?

Probleemoplossing is een van die nuttigste vaardighede wat jy vir jou kind kan leer. Deur planne te kan maak hoef mens nie noodwendig alles te kan doen nie, maar jy sal op ’n manier ’n plan kan bewerkstellig om jou doel te bereik en dit is een van die nuttigste vaardighede in die lewe. Die lewe raak ’n uitdaging wanneer jou planne opraak.

Wat is die voordele van dié vaardigheid?

Probleemoplossing speel ’n groot rol in ’n kind se vermoë tot onafhanklikheid. Kinders doen dinge makliker en vinniger vir hulself wanneer hulle kan planne maak

Dit bied vir kinders ’n mate van selfversekerheid en selfvertroue vir nuwe en vreemde dinge. Hulle is nie noodwendig so skrikkerig en afkeurig van verandering nie

Dit help om die frustrasies van die lewe minder te maak

Die proses van probleemoplossing behels ’n paar fases:

Analise: analisering van die omstandighede, die vasstelling van wat die probleem is. Kinders moet kan besef, “ek wil met die blokkies ’n trok bou, maar hoe gaan ek wiele kry?”

Sintese: uitredeneer en dink oor verskillende maniere hoe die probleem opgelos kan word. “Goed, dalk kan ek ’n knoop gebruik want dit is rond.”

Die aksie: om te besluit wat gaan werk en te probeer. Sit die knoop aan die blokkie vas

Analise: analisering van die plan. Is dit die beste? Gaan dit werk? Die knoop bly omval. Hoekom? Dalk is die knoop te dun?

Aanpassing: pas plan aan. Dalk iets rond wat dikker is? Wat is nog rond, maar dik? Dalk ’n leë toiletrol. Maar nee, dit is te lank. Dalk kan ek dit in die helfte sny?

Oplossing: doel is bereik. Sukses
Oplossing: doel is bereik. Sukses
Hoe leer jy jou kind om planne te maak en probleme op te los? Wel die antwoord is om so vroeg as babatyd hulle te help, te lei en geleentheid te gee om probleme op te los deur planne te maak.

Help jou kind om deur die proses te gaan. Gee vir hom leiding en leidrade sodat hy steeds eintlik “self” tot die oplossing kom

Onthou dat ons eerste plan wanneer ons probleme oplos nie noodwendig die beste plan is nie en dat jy nie altyd sukses gaan bereik met die eerste probeerslag nie. Wees daar vir jou kind en verduidelik aan hom dat al was ons nie suksesvol gewees die eerste keer nie ons steeds aan nog ’n plan kan dink. Sommige kinders mag frustrasie ervaar wanneer hulle nie die eerste keer suksesvol is nie en gooi dan tou op. Wees kalm en help jou kind om weer deur die stappe te gaan

Hier is ’n paar geleenthede en aktiwiteite om probleme te kan oplos:

Hindernisbane
Hindernisbane
Bou vir jou kleinding ’n hindernisbaan wanneer hy begin kruip. Wag aan die eindpunt en moedig hom aan om na jou toe te kom. Hy sal wel ’n plan maak om onderdeur, om of dalk bo-oor te kruip.

Hindernisbane is ’n wonderlike manier selfs vir die ouer kinders. Merk twee bakens ’n ent uitmekaar. Sê vir jou kind dit is ’n rivier en hy moet ’n pad bou oor die rivier.

Wanneer jou kind vra vir hulp vra vir hom dat hy eers self moet probeer. Indien hy sê hy kan nie begin saam met hom deur die proses van probleemoplossing werk en kyk of hy nie deur leiding tot by ’n oplossing kan kom nie. Prys hom vir die plan wat hy gemaak het.

Bordspeletjies
Bordspeletjies
Dit is ’n wonderlike manier vir kwaliteit gesinstyd, die stimulering van konsentrasie, probleemoplossing, beplanning en analise en sintese. Die vaardighede wat tydens bordspeletjies gestimuleer word is oneindig en so noodsaaklik, en kinders is mal daaroor. Boonop leer dit hulle sosiale vaardighede aan van beurte maak, hoe mens soms wen en soms verloor, en wat is meer spesiaal as gesinstyd. ’n Paar oulike idees is: Rummikub, Bananagrams, Spot It!, Twister, Monopoly, Cluedo, Uno, speelkaarte ens.

Konstruksiespel
Konstruksiespel
Konstruksiespel: om goed te bou uit verskillende items is die beste manier om planne te maak. Bêre al die leë houers en boksies. Bou wat ook al julle wil. Vliegtuie, trokke, skoenlappers, stoof, motorhuis, babakot ens. Vrye kuns en planne maak met ’n doel voor oë, maar nie vaste stappe en riglyne nie, is ’n wonderlike manier van pret hê, ontwikkeling van kreatiewe denke en planne maak. Skep dus genoeg geleenthede vir jou kind om kreatief te dink en te wees.

Laat jou kind jou help planne maak
Laat jou kind jou help planne maak
Laat jou kind jou help planne maak: “Boetie, mamma wil graag daardie gordyn ophang, maar ek kan nie daar uitkom nie, dit is te hoog. Kan jy my help dink aan ’n plan? ’n Boks as ’n trappie – dit is ’n baie slim plan want dan is mamma bietjie langer. Maar dink jy daardie boks sal mamma kan hou? Ek dink mamma is bietjie swaar vir daardie boks. Wat anders kan ons vir ’n trappie gebruik waarop mamma sal kan staan? Ag jou slim kind, ’n stoel sal perfek werk! Dankie dat jy my so mooi help planne maak.”

So het jy saam met hom deur die proses gewerk, gehelp aanpas, dink oor dinge en gevolge en jy het hom ook geleer hoe om by ‘n suksesvolle plan uit te kom.

Verduidelik van babatyd af vir jou kinders hoe jy probleme oplos deur jou denke met hulle te deel

Verduidelik van babatyd af vir jou kinders hoe jy probleme oplos deur jou denke met hulle te deel sodat hulle deur jou dade analise en sintese kan ervaar. “Mamma wonder of ons vandag vir jou ’n rok of ’n broek moet aantrek. Ons gaan baie op die gras sit en jy gaan wil rondkruip so dalk is ’n broek beter. Mamma gaan vir jou twee appels inpak. Een vir skool en een vir na skool want ons gaan eers haarkapper toe. Die een appel is dus vir skool en die ander een vir na skool. Mamma wonder wat eet ons vannaad. Vandag is ’n besige dag en ons gaan eers laat tuis kom so kom ek haal maalvleis uit wat vinnig gaargemaak kan word. Kyk, al jou speeldiere moet ons daar na die sand toe vat. Hoe dink jy kan ons hulle daar kry? Dink jy ons kan hulle dalk in jou waentjie soontoe stoot sodat ons nie op en af hoef te loop nie?”

Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy