Whats App: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

Plofbare Tweejariges

Plofbare Tweejariges

Gepubliseer op 7 Julie, 2019

Gepubliseer op 7 Julie, 2019

Ek dink nie ek oor veralgemeen wanneer ek sê dat ’n tantrum enige ouer se grootste nagmerrie is nie. Hierdie is ’n fase wat deel is van normale kinderontwikkeling – alhoewel ek self as ’n mamma van ’n baie woelige, eiewys en oorsensitiewe seuntjie met hierdie sukkel op ’n daaglikse basis.Daar is niks so erg soos wanneer jou kind sy oë uithuil en onbeheers skree vir geen spesifieke rede nie. Ek dink wat my die meeste vang is dat beide ek en my kind ongelukkig en buite beheer voel in so ’n situasie. 

"Terrible Twos" en "Tantrums"

"Terrible Twos" en "Tantrums"

As ’n mamma en arbeidsterapeut glo ek dat ’n tantrum die beeld is wat ons kry wanneer die kind nie ’n oorweldigende emosie of gevoel toepaslik kan uitdruk nie, weens sy onvermoë en ervaring. Dit is belangrik om te weet dat ons emosies deur die limbiese sisteem in die brein beheer word. 

Ander funksies van die limbiese sisteem sluit in geheue en opwekking (aktiwiteitsvlak). Hierdie drie funksies van die limbiese sisteem kan bydra tot wat vasgelê word in daardie situasie: wat die kind gaan ervaar (emosie), wat die kind daarmee gaan assosieer (onthou/geheue) vir toekomstige scenario’s en ook hoe die kind gaan reageer (aktiwiteitsvlak). 

Verskillende Tipes Tantrums

Verskillende Tipes Tantrums

1) Fisiologiese vloermoer

1) Fisiologiese vloermoer

Jou kind se gedrag is weens ’n fisiese rede soos hongerte, pure moegheid, ongemak of dalk pyn. ’n Klassieke voorbeeld hiervan is wanneer jou kind oormoeg is en dan is slaaptyd ’n geroei en ’n gestoei

2) Vloermoer weens teleurstelling

2) Vloermoer weens teleurstelling

Hierdie word ervaar wanneer die kind sukkel om ’n eenvoudige taak reg te kry soos om self sy sokkie aan te trek of ’n pakkie koekies oop te maak. Die teleurstelling wat hulle ervaar raak dan te veel en gooi sommer die appelkar om. 

3) Manipulerende vloermoere

3) Manipulerende vloermoere

Hierdie is seker die een wat die meeste voorkom. Die rede daarvoor is omdat die kind alreeds van so klein soos ’n paar ure oud hierdie metode gebruik wanneer huil die enigste manier is om mamma se aandag te verkry. 

Soos wat die baba ouer word en meer en meer bewus raak, gebruik sy juis hierdie metode omdat dit werk (wanneer dit kom by kos of ’n doek wat geruil moet word) en loop dit dan oor na die kleuterfase, wanneer dit regtig moeilik raak om te hanteer. 

Hoe Hanteer Ek Dit?

Hoe Hanteer Ek Dit?

Gaan af tot op die vlak van jou kind, sodat jy haar in die oë kan kyk, en praat in ’n kalm, stresvrye stemtoon. Kombineer dit met een van die volgende moontlikhede om ’n vloermoer te voorkom of te hanteer:

1) Bly by die dagroetine en ’n stadige spoed: 

Dit gee voorspelbaarheid aan die gebeure. So sal jy as ouer ook moontlike areas kan identifiseer waar sy dalk ’n uitbarsting mag hê en haar een tree voor wees. As jy weet julle moet winkels toe gaan, maak seker sy het reeds geëet by die huis of pak selfs ’n speelding of boek in waarmee sy kan speel in die trollie. En natuurlik help dit glad nie wanneer julle gedurig jaag nie. Haastigheid maak die situasie net meer stresvol, wat net petrol op die vuur is. 

2) Wys vir haar hoe jy hulp verleen en vra

Kinders na-aap ouers se gedrag. Wanneer sy jou sien hulp vra sal sy ook weet hoe om dit te doen wanneer sy haarself in ’n moeilike situasie bevind. Onthou om hierdie in ’n kalm en stresvrye stemtoon te doen. 

3) Gee vir haar opsies: 

3) Gee vir haar opsies: 

Hierdie is een wat ek gereeld gebruik, maar dit is belangrik om haar weereens een tree voor te wees. Moenie wag tot sy alreeds haar besluit gemaak het en dan wil jy vir haar oortuig om van besluit te verander nie.

Wanneer jy weet sy gaan rondom 10:30 ’n lekkerny wil hê, bied dit aan voor sy daarvoor vra. “Lisa, is jy dalk lus vir ’n piesang of appel?” So sal sy nie huilende by jou kom oor ’n suiglekker nie. Om vir haar opsies te gee kan ook help om haar aandag af te lei of te herlei.

Die kruidenierswinkel het die vermoë om die slegste in enige kind wakker te maak. “Mamma, ek wil ’n pakkie chips hê.” Skryf dit op jul inkopielys en lees na die tyd deur die lys om seker te maak julle het alles. Lees dan van die gesonder opsies uit vir haar om van te kies. 

4) Gee geleentheid vir foute maak: 

4) Gee geleentheid vir foute maak: 

Ons leer deur foute te maak. Indien sy self haar skoen wil aantrek en aandring om die linkerskoen aan die regtervoet aan te trek (ja, kinders huil oor sulke goed), laat sy dit aantrek en voel dat dit nie so kan werk nie. Die belangrike ding om nie te sê nie is: “Ek het jou mos gesê!” 

Wees teenwoordig in hierdie leergeleentheid om hulp en ondersteuning aan haar te bied: “Daardie skoen loop nie lekker aan daardie voet nie, kom ons probeer nou die ander een, dalk werk dit.” 

Wees geduldig en moenie ingee nie. Wanneer jy ingee sal sy sien dat ’n uitbarsting nodig is om te kry wat sy graag wil hê. “Ek tel tot drie en dan moet jy jou skoene aantrek, anders help ek jou om dit te doen.” Sit jou hande dan op haar hande en lei haar hande deur die aksie sodat haar lyf steeds geleentheid kry om te leer. 

5) Empatie en benoem die emosie: 

5) Empatie en benoem die emosie: 

Hierdie gebruik ek baie, veral wanneer sy alreeds huil en skree. Soos jy self weet help dit net mooi niks om meer te skree en skel nie, want dit is asof hulle jou glad nie hoor nie. Ek gee my kleinding dan ’n stywe drukkie. Die arms van mamma is ’n veilige plek en dit sal ook help dat hulle nie afsny van dit wat gesê word nie. NOEM dan die emosie wat jy sien sy ervaar: “Kom na my toe Lisa, gee my ’n drukkie dan sal jy beter voel. Mamma kan sien jou hart is nou baie seer omdat ons moet huis toe gaan. Ek kan sien jy wil nog ’n bietjie speel.” 

Laastens wil ek jou los met die volgende gedagte van L.R. Knost: 

“When little people are overwhelmed by BIG emotions, it’s our job to share our calm, not to join their chaos”. 

Deel jou gedagtes en laat weet ons watter een het vir jou die beste gewerk. Wat is jou spesiale mamma-truuk om vurige tantrums te blus? 

Skakel gerus in vir ons maandelikse Exito aktiwiteite. 

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Powered by ConvertriPowered by Convertri