Musiek en Stimulasie
Musiek en Stimulasie
Gepubliseer op 1 September, 2020
Gepubliseer op 1 September, 2020
Ek het in ’n huis grootgeword waar die radio 24/7 aan was en wanneer die radio nie aan was nie het my ouers albei dit geniet om die klavier of orrel te speel vir ontspanning. Ons het dan saamgesing, of jy nou kon of nie, vir groot familie vermaak!
Van vroegs af het ons musiek in my seuntjie se kamer gespeel, of dit nou ’n storie was wat voorgelees word, instrumentale musiek of selfs rympies en lekker kinderliedjies in ons moedertaal. Soms het hy saam gesing en gedans en ander kere was dit vir hom ’n toevlug om net lekker te ontspan en rustig te raak. Tot vandag toe nog vra hy elke aand vir ’n spesifieke liedjie of storie wanneer ek die kamerlig afsit.
Ons jongspan is mal oor musiek en geniet musiek aktiwiteite, of dit is om self ’n liedjie te sing of musiek te maak met ’n pot en ’n houtlepel of ’n fluitjie. Meeste kinders raak groot met rympies en musiek by die huis of/en skool.
Musiek is oral om ons in ons daaglikse omgewings, of dit die agtergrondmusiek in die winkelsentrum is en of dit ’n voeltjie is wat buite in die tuin ’n deuntjie fluit. Die wonderlike ding van musiek is dat daar ook vele voordele is aan musiek rakende ons kinders se ontwikkeling.
Veral tydens die vroeë jare van ontwikkeling kan musiek as ’n maklike stimulasie aktiwiteit aangewend word om te doen en spel aan te moedig. Navorsing het bewys dat musiek breinontwikkeling stimuleer deur paadjies in die brein te vorm wat bydra tot die kognitiewe ontwikkeling van die kind. Kom ons kyk na ’n paar voordele:

Kom ons kyk na 'n paar voordele van musiek:

2. Ouditiewe Persepsie
2. Ouditiewe Persepsie
Ouditiewe persepsie verwys na die brein se vermoë om sin te maak van wat hy hoor deur die ore. Hierdie is veral ’n belangrike vaardigheid om in die klaskamer te gebruik en speel ook ’n rol in leesvaardighede. Kinders moet ’n verskeidenheid van klanke kan hoor en hulle ook kan onderskei van mekaar. Dus moet hulle klanke kan saam sit of los maak van mekaar om sodoende te kan lees en spel. Liedjies en rympies stel die kind se oor in om klankpatrone en veral ritmepatrone te hoor, en dit is die rede waarom dit so ’n wonderlike manier is om ouditiewe persepsie te stimuleer. En boonop is dit vet pret!

3. Motoriese Vaardighede
3. Motoriese Vaardighede
4. Luistervaardighede
4. Luistervaardighede
Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

’n Kind se woordeskat en sy vermoë om te praat word veral verbeter deur die blootstelling aan liedjies en rympies. Omdat frases herhaaldelik voorkom help dit kinders om nuwe woorde te onthou, te herroep en te probeer uitspreek. ’n Goeie woordeskat help kinders om hul behoeftes beter te kommunikeer.

1. Taalontwikkeling en Woordeskat!
1. Taalontwikkeling en Woordeskat!
Grof motoriese ontwikkeling verwys na die groter spiere in die lyf, soos die skouers, maag- en rugspiere, waar fyn motoriese vaardighede verwys na die kleiner spiergroepe in die hand. Musiek aktiwiteite bied ’n geleentheid vir bilaterale integrasie, koördinasie, motoriese beplanning, spier uithouvermoë en ritme. Motoriese vaardighede kan baie maklik en lekker gestimuleer word deur musiek aktiwiteite:
Aksie rympies of liedjies met bewegings moedig die spiere aan om te beweeg volgens ’n sekere manier. Daar is liedjies en rympies vir beide die groot en fyner spiere in die lyf. Daar is honderde voorbeelde in Afrikaans en Engels, bv. ietsie-bietsie spinnekop, daar is vissies in die water, head-shoulders-knees-and-toes ens.
Die speel van musiekinstrumente is nog ’n manier hoe dit gestimuleer kan word – dink aan twee simbale (of twee groot potdeksels) wat teen mekaar geslaan word of wanneer die dromme geslaan moet word. Die kleiner instrumente, soos ’n driehoek of fluit, help weer met die fyner spiere in die hand. Selfs die maak van julle eie instrumente gaan ook stimulasie bied, deur bv. kleiner items (boontjies, rou rys) in ’n houer te gooi om ’n shaker te maak.

Net die luister na musiek sal die luistervaardighede bevorder. Hy gaan die woorde begin saamsing en optel deur te luister en ook so sy ouditiewe geheue verbeter om die volg van instruksies te verbeter, en dit is een van ons kinders se grootste uitdagings op skool vandag. Musiek speletjies help ook om luistervaardighede te stimuleer omdat die kind moet luister na die musiek om suksesvol te kan wees (musical chairs of musical statues). Musiek en beweging is ’n paar en jy kan amper nie die een sonder die ander voorstel nie.

5. Uitdrukking van emosies
5. Uitdrukking van emosies
Musiek is ’n wonderlike medium wat kinders die geleentheid bied om hulself uit te druk wanneer hulle nie die woorde het om dit te doen nie. Hulle kan kreatief wees en net beweeg, en wat dit nog meer wonderlik maak is dat daar nie ’n verkeerde of regte manier is nie. Hulle kan uiting gee aan hul emosies sonder om geoordeel te voel.
Sit musiek aan en laat hulle beweeg so woes of sag of stadig of vinnig soos wat hulle wil om so die omgewing en dit wat hulle ervaar te hanteer.
Sit jul gunsteling liedjie aan en dans-dans-dans saam met jou kind so gereeld as moontlik. Wanneer my eie seuntjie oorweldig voel dan gebruik ek musiek en my snaakse danspassies om hom weer te laat glimlag.

Geheue Vaardighede
Geheue Vaardighede
Die geneigdheid van liedjies en rympies is dat daar herhaling in gaan wees. Kinders kry die geleentheid om na liedjies oor en oor te luister en omdat musiek so maklik vir hulle kom sal hulle die woorde probeer onthou en ook herroep. Omdat daar ’n ritme is sal dit vir hulle soveel makliker wees om die woorde van ’n liedjie te onthou. So gebruik ’n liedjie of rympie om iets spesifieks te onthou.

7. Algehele Welstand
7. Algehele Welstand
Vir kinders om net te sing in ’n prettige en voel-goed aktiwiteit. Ons as volwassenes voel selfbewus wanneer ons net sing, maar musiek gryp kinders se aandag aan en hulle ervaar nie enige oordeel wanneer hulle sing nie. In vandag se stresvolle lewenswyse is ’n ontspanne en algehele gesonde aktiwiteit iets wat meer gereeld gedoen en aangemoedig moet word.