Magietyd vir baba

Magietyd vir baba

Gepubliseer op  22 September, 2020

Gepubliseer op  22 September, 2020

Alle eerste-keer mammas word altyd aangeraai om van so vroeg as moontlik magietyd (of tummy time soos meeste dit seker ken) met hulle kleinding te doen.  

Maar hoekom is dit so belangrik?  

En hoe doen ek dit?  

Hoe gereeld moet ons baba op sy maag lê?  

Babas huil ook gewoonlik in hierdie posisie – hoe maak ek dan?

In hierdie artikel gaan ons veral fokus op hierdie bogenoemde vrae wat gereeld by eerste-keer ouers opkom.  

Magietyd verwys na die posisie waarin jy jou baba gaan sit – en dit is presies wat die naam sê dit is.  Jy gaan hom op sy maag neerlê terwyl hy wakker is en bewus is van sy omgewing.  Jy of ’n versorger gaan hom dophou wanneer jy hom op sy maag neerlê.  

Waarom is Magietyd so belanrik?

Waarom is Magietyd so belanrik?

 Gebruik hierdie mylpale rakende magietyd en wat om te verwag as n riglyn:

In maaglê sal baba se kop na eenkant gedraai wees met sy wang op die grond, arms ingetrek met hande by die gesig of skouers, bene in met boude in die lig. 

 Aandag en Motivering

 Aandag en Motivering

Posisie:

Posisie:

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

As jou baba ’n volterm baba is en hy het nie enige mediese komplikasies nie, kan jy dadelik met magietyd begin.  ’n Pasgebore baba sal ongeveer ’n minuut op sy maag kan lê voordat hy begin kla en huil.  Jy kan begin met twee tot drie keer per dag.  Die doel is om geleidelik hul uithouvermoë in magietyd te vermeerder deur die hoeveelheid kere op ’n dag meer te maak, asook die tyd wat hulle op hul maag spandeer op ’n slag.  Voorkom dat magietyd huiltyd raak.  Wanneer baba ongemaklik is en begin kla in hierdie posisie, tel hom op en troos hom.  As baba bedaar het, probeer om dan weer magietyd te doen.   Meer gereeld, korter periodes op ’n slag.  .   

Wanneer moet jy magietyd doen, vir hoe lank en hoe gereeld?

Wanneer jy magietyd doen gebruik speelgoed of motiverings wat helderkleurig is en kontrasterend is met die agtergrond.  Helder geel en rooi werk goed asook swart en wit.  Jou kleinding se visuele sisteem is nog baie jonk en sensitief.  Hulle mag nog vaag sien en jy sal dus makliker hul visuele aandag behou met helder kleure.  Swart-en-wit patrone, soos lyne of blokkies, werk goed.  

Die een ding (of altans iemand) wat definitief jou kind se aandag gaan behou is natuurlik JY!  So sorg altyd dat jy voor jou kind is om sy aandag te verkry en te behou.  Beweeg af tot op hulle vlak en gesels en kommunikeer met hulle.  Jou baba sal op die stadium ongeveer 20-30cm voor hom kan fokus, so bly dus hierdie afstand van sy gesig af om sy aandag te verkry en sodat hy kan uitmaak na wie hy kyk.  Jy kan ook langs hom lê terwyl julle twee saam voor ’n spieël lê sodat hy julle albei kan sien. 

Om jou baba in ’n gemaklike en ondersteunende posisie te kry gaan ’n direkte invloed hê op die hoeveelheid tyd wat hy in hierdie posisie gaan spandeer.  ’n Borsvoedingskussing werk goed, andersins kan jy altyd ook ’n kombersie oprol en onder sy arms plaas en dan weerskante van die lyf sit (sodat jou baba in ’n U vorm lê). 

1. Neurologiese Staat

1. Neurologiese Staat

Dit verwys na jou kind se neurologiese behoeftes en staat. Dit gaan van jou verlang om te weet wanneer die beste tyd is om magietyd met hom te doen sodat dit nie sy deelname belemmer nie, maar dit eerder bevorder en ’n optimale geleentheid maak van stimulasie.  Is hy dalk honger?  Droog?  Slaperig?  Wakker?  Rustig?  Hierdie eksterne faktore en omgewing gaan ’n invloed hê op hoe jou kind magietyd ervaar. 

2. Sensoriese Regulering 

2. Sensoriese Regulering 

Jou baba se vermoë om sensoriese inligting vanuit sy omgewing te verwerk en prosesseer speel ’n belangrike rol in sy funksionering.  Omdat jou baba nog so klein is sal jy as mamma op hierdie stadium hom help om homself te reguleer, byvoorbeeld deur hom te sis.  Deur jou baba te help om te reguleer, help jy jou baba sodat hy op die stadium moeilike take kan doen soos magietyd.

As jou baba sukkel om suksesvol te wees in magietyd is dit dalk nodig om professionele hulp te kry.  Soos reeds genoem speel magietyd ’n belangrike rol in die motoriese ontwikkeling van jou kind.  Kry dus vroegtydig die nodige hulp.  

Magietyd is baie belangrik omdat dit die nek-, skouer- en rugspiere goed versterk.  Verder verseker dit ook die voorkoming van ’n plat kop, wat veral kan gebeur wanneer baba net op sy rug lê.  Wanneer ’n baba te veel tyd op sy rug spandeer kan dit ’n agterstand in sy motoriese ontwikkeling veroorsaak, soos bewys deur navorsing.  Ons sal dus sien dat baba agterstande sal toon in rol, regop sit, kruip of selfs loop.   

 0 - 2 Weke Oud:

 0 - 2 Weke Oud:

 1 - 2 Maande Oud:

 1 - 2 Maande Oud:

Tydens magietyd sal baba sy kop nou effens oplig en sal ook sy kop draai en dan op die ander wang weer lê.  Die bene sal begin reguit gaan en so sal die maag nou op die grond wees.  Sy arms sal effens meer weg van die lyf wees en hy sal begin druk plaas op die hande sodat die skouers en bors vir kort tye opgelig word.  Dit sal goed wees om verskillende teksture (’n sagte kombers of ’n stuk foil) onder hom neer te sit sodat hy met sy hande kan voel en vat.  Om iets voor hom te plaas of self voor hom te gaan lê op jou maag kan die aandag so bietjie aftrek en magietyd verleng.

 3 Maande Oud:

 3 Maande Oud:

Baba sal sy kop nou 45 tot 90 grade optel en hou.  Hy sal ook met gemak die kop kan draai van kant tot kant, met sy elmboë onder of net voor die skouers.  Mag dalk die skouers en bokant van die bors optel met gewig op die voorarms.  

 4 Maande Oud:

 4 Maande Oud:

Nou behoort jou kind sy kop 90 grade op te kan lig en so te hou vir ’n geruime tyd.  Hy sal begin op sy voorarms druk sodat sy bors oplig.  Hy kan ook sy arms en bene lig en wieg of “vlieg” op sy maag.  Hy sal ook begin uitreik na items voor hom.  

 5 Maande Oud:

 5 Maande Oud:

Baba is nou lekker besig en aktief in maagliggende posisie en sal selfs omrol van maag tot kant of sye.  Sal met reguit arms sy bors opstoot.

Mag homself begin terugstoot op sy maag.  Hy mag ook sy bors en maag van die grond af stoot deur drukking op die hande te plaas.  Baba sal begin draai in die maagliggende posisie. 

 6 Maande Oud:

 6 Maande Oud:

Soos ons almal weet is daar nie twee babas wat dieselfde is nie.  En dus sal jy een baba kry wat vir baie langer periodes hierdie posisie kan hanteer as ander.  Hier is ’n wenk of twee om jou te help wanneer dit kom by magietyd en jou baba. 

Nog ’n maklike manier om magietyd vir jou kleinding meer gemaklik te maak is om hom op ’n groot oefenbal te sit.  Om oor die bal op sy magie te lê verskaf ligte proprioseptiewe en vestibulêre stimuli vir jou baba.  Hierdie twee sensoriese sisteme is baie belangrik vir jou kind se ontwikkeling.  Die vestibulêre sisteem is veral betrokke by jou baba se balans, beweging en ruimtelike oriëntasie.  Die proprioseptiewe sisteem verskaf weer inligting aan die brein rakende ons spiere en die weerstand/krag wat spiere ervaar, asook liggaamsbewustheid.  Omdat ons babas se sisteme nog baie jonk en sensitief is, gaan jy klein, ligte en stadige bewegings doen op die oefenbal.  Jy kan baba liggies van kant tot kant beweeg of selfs vorentoe en agtertoe.  Jy kan ook die bal baie saggies wip.  Hierdie bewegings sal die twee bogenoemde sisteme lekker wakker maak, maar dit kan ook ’n kalmerende effek hê op jou baba, wat maak dat hulle dalk vir langer periodes op hul maag sal lê.  Dit is veral lekker om hierdie voor ’n groot spieël te doen of self voor jou baba te sit.  

Nog ’n manier om magietyd vir jou kind meer hanteerbaar te maak is om hom direk op jou bors neer te sit.  Soos reeds genoem is jou gesig vir hom die mooiste ding om na te kyk, en boonop kan jy ook in hierdie posisie vel tot vel (skin to skin) toepas wat jou kind rustig gaan maak en reguleer.  Hierdie posisie is veral gemaklik wanneer jou baba nie hou van magietyd op die grond nie.  Jy kan rustig agteroor sit met hom op jou bors en julle kan lekker gesels terwyl sy spiere werk.  

Ek weet dit breek ’n mamma se hart om hul lyfie so te hoor huil terwyl jy ook weet dat hierdie mylpaal so belangrik is vir hulle.  

Kom ons kyk na moontlike redes waarom jou baba huil tydens magietyd:

3. Fisiese Beperkings 

3. Fisiese Beperkings 

Soos reeds genoem is plat areas op jou pasgebore baba se kop iets wat maklik kan voorkom (flat head syndrome of Plagiocephaly).  Dink aan hoeveel tyd jou baba spandeer in ’n lêende posisie – slaaptyd, tyd in die karstoeltjie, dalk het jy ’n baba swaai – en dit mag uitloop op ’n klomp tyd wat jou kleinding drukking ervaar op die agterkant van sy kop.  Dit mag die vorm van jou kleinding se kop verander.  Omdat babas soveel tyd spandeer op hul ruggies is dit dan vir hulle baie moeilik om op hul maag te lê.  Hy gaan sy rugspiere moet inspan om suksesvol te wees in magietyd.  Dit is hoekom gereelde tyd op die maag so belangrik is.  

Ons sien veral dat babas wat dalk lang periodes in die NICU spandeer het sukkel met magietyd.  Omdat hierdie babas so klein en broos is, is hulle geneig om net in een posisie te lê vir lang periodes op ’n slag, wat definitief ’n invloed gaan hê op hul ontwikkeling. Dit is dus belangrik dat hierdie babas meer ondersteuning kry.

4. Stimulasie en Motivering 

4. Stimulasie en Motivering 

Jy kan nie van jou kleinding verwag om vir twee tot vyf minute op die grond te lê met geen deelname aan aktiwiteit nie.  Dit gaan nie hulle motiveer of aanmoedig nie.  Magietyd is ’n wonderlike geleentheid om te leer en te stimuleer.  Daar is baie prettige maniere om magietyd leersaam en pret te maak.  Kom ons kyk na ’n paar:

  •  ’n Maklike manier om jou baba te motiveer om sy kop op te lig in die maagliggende posisie is om fairy lights of kersfeesliggies op die grond voor hom neer te sit met ’n ligte moeselien kombersie bo-oor, sodat baba nie homself kan seer maak nie.  Die liggies is iets lekkers om na te kyk.
  • As jou baba lekker sterk is in die bene, kan jy altyd jou hande agter sy voete hou terwyl hy op sy maag lê.  So kan baba homself wegskop teen jou voete wat magietyd ook meer prettig maak. 
  • Magietyd hoef nie altyd op die grond plaas te vind nie.  Gaan lê op jou rug met jou bene gebuig in die lug.  Laat baba op jou bene lê en wieg rustig terwyl hy dan vir jou kyk.  Hierdie sal ook sy vestibulêre sisteem lekker stimuleer. 

  • Jy kan ook jou baba in jou arm dra terwyl hy in die maag posisie is.  So kan hy die omgewing leer ontdek en rondkyk.  

  • Soos reeds genoem is jou kleinding se visie nog nie voldoende ontwikkel nie.  Eenvoudige swart-en-wit prente of helder rooi en geel sal sy aandag nou behou.  So sit hom op sy maag neer en sit eenvoudige silhoeët prente voor hom neer om na te kyk.  Dit is ook goeie visuele stimulasie.  ’n Mens kry ook oulike een-prent boeke wat julle kan gebruik. 

  • Babas vind ook hul eie beeld baie interessant.  As jy hom voor ’n spieël laat lê sal sy aandag ook meer op homself wees as die posisie waarin hy is.  Ek het daarvan gehou om my seuntjie op ’n bal neer te lê en dan voor die spieël.  So kan hy ook my refleksie in die spieël sien terwyl hy liggies vorentoe en agtertoe gewieg word.

  • Sit ’n plat oondbak voor jou baba neer met ’n bietjie water in en badspeelgoed wat kan dryf om haar aandag te behou.  Sy kan dan uitreik in hierdie posisie en aan die speelgoed probeer vat. 