Tel: 087 551 7209 Epos: exito.stim@gmail.com

Hoe maak ek my kind
Hoe maak ek my kind
Lus Vir Lees?
Lus Vir Lees?
Gepubliseer op 24 Januarie, 2019
Gepubliseer op 24 Januarie, 2019
Soos ons almal weet, is lees ‘n noodsaaklike vaardigheid in die lewe. Lees en gevolglike geletterdheid dui tot ‘n groot mate jou vermoë tot sukses aan. Dit is nodig om te kan lees om te kan leer, maar ook om net alle daaglikse take te kan uitvoer soos ‘n vorm by die dokter of die bank in te vul, instruksies in ‘n handleiding van ‘n item te kan volg, ‘n resep te kan lees, ‘n vraag in ‘n eksamen te kan lees ensovoorts.

Ten spyte van die noodsaaklikheid van lees, is dit egter ‘n groot uitdaging vir baie kinders en dit verlaag hulle belangstelling in lees. Waarom is lees ‘n uitdaging?

Lees kan ‘n uitdaging wees omdat kinders se ogies nie so goed volg of fokus nie, hulle die klanke nie ken nie, hulle nie die nodige visuele persepsievaardighede het nie( die vermoë om sin te maak van dit wat jy sien bv. kat is kat ens.); dikwels kan hulle nie verstaan wat hulle lees nie omdat hulle te hakkerig lees, te stadig lees, nie die nodige begrip/woordeskat het nie of nie kan sin maak van dit wat hulle hoor nie. Konsentrasie, aandag en geheue speel ook ‘n groot rol in leesvaardighede.

Lees is so ‘n belangrike vaardigheid in ‘n kind se lewe dat dit werklik net voordelig is om enige kind te neem vir ‘n leesevaluering of indien jy reeds weet dat jou kind met lees sukkel, is dit nodig om hom/haar na ‘n arbeidsterapeut te neem om vas te stel waarom hy/sy met lees sukkel.

Vandag gaan ons egter kyk hoe ‘n liefde vir lees aangekweek kan word en hoe ons kinders kan aanmoedig om op praktiese maniere meer te lees.

Kinders leer baie deur nabootsing. Dit is dus noodsaaklik dat hulle vir Mamma, Pappa of Juffrou sien lees. Maak in die gesin tyd vir lees. In plaas van ‘n TV-sepie een aand per week, laat elkeen sy/haar boek lees – Mamma haar Sarie, Pappa in Weg, Boetie sy boek oor dinosaurusse en Sussie haar Barbie-boek. Indien hulle nog te klein is vir selflees, kan hulle net deur hulle boeke blaai. Die belangrike ding is hulle moet jóú sien lees. Kinders wil alles doen wat ons/volwassenes/hulle ouers doen. Bederf jouself dus met ‘n tydskrif of ‘n storieboek en laat die kinders jou sien lees een of ander tyd wanneer jy ‘n blaaskans neem.

Maak tyd vir storielees vir mekaar, want net soos oefeninge goed is vir die liggaam is lees goed vir die gedagtes en brein. Ons begin reeds van babatyd af vir ons kleingoed stories lees. In die eerste jaar is dit regtig nie so nood-saaklik om die storie te lees nie. Vertel hom/haar wat op die bladsye aan-gaan. Wanneer hy/sy haar vinger na iets wys, gee die inligting: “Dit is die kat. Kyk die kat kruip vir daardie kwaai groot hond onder die tafel weg. Sien jy die hond? Kyk sy kwaai gesig ...” Selfs wanneer hulle kleuters is en nog nie self kan lees nie kan jy soms vir hulle ‘n beurt gee om te “lees”. Laat hy/sy sy/haar verbeelding vrye teuels gee en luister aandagtig na die storie wat hy/ sy vir jou vertel. Moet nie in die beginjare teveel bekommer oor lees nie –maak hom/haar lief vir boeke.

Rympies lees is ‘n opgewekte en vrolike manier om kinders met boeke in kontak te bring. Dit motiveer kinders baie maal omdat ouers dit in verskillende stemtone lees, dit kort en opgewek (kan) klink en oor al die rym- patrone; boonop is dit pret om die rympie te probeer memoriseer. Die aanleer van (nuwe) rympies reeds van kleuterskooldae is ‘n noodsaaklikheid.

Gee kinders geleentheid om vir jou in die huis te lees bv. die resep van die koek wat julle bak, die dagstukkie vanaand met huisgodsdiens of laat hy/sy vir julle die berig oor die skool in die koerant lees ens.

Maak geleentheid vir die ontwikkeling van persepsievaardighede. Dit is ‘n mondvol om hier te bespreek en bevat ‘n klomp onderafdelings. Maar die eenvoudigste manier is om tyd te maak vir konstruktiewe spel (nl. om goed met blokkies te bou ens) en bordspeletjies. Kyk gerus na ons stimulasie- program vir skole en die stimulasieprogram vir mamma tuis waarin ons op ‘n weeklikse basis vir jou ouderdomstoepaslike persepsieaktiwiteite gee.

Om ‘n pragtige prettige leeshoekie te skep is vir baie kinders ‘n goeie aan-moediging. ‘n Lekker groot kussing, met ‘n boekrakkie waar jou kind(ers) sommer maklik ‘n boek kan bekom, is uiters sinvol. ‘n Tentjie (met ‘n stoeltjie) waarin hulle kan lees, is ewe prettig en sinvol. Daar is baie idees wat by jou tema kan inpas. Die kind het interessante boeke nodig. Koop vir hom/haar boeke waarin hy/sy belangstel. Onthou: jy sal ook nie ‘n boek wil lees oor dinge waarin jy geen belangstelling het nie.

Lees maak ons vry, lees neem ons na plekke, lees vergroot ons wêreld en daarom moet ons, ons kinders leer dat lees ‘n ware fees is!!!

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy