Speelklei se moontlikhede is eindeloos!

Speelklei se moontlikhede is eindeloos!

Gepubliseer op 19 May, 2020

Gepubliseer op 19 May, 2020

Speelklei se moontlikhede is eindeloos! Hoekom is hierdie so ’n wonderlike medium en groot gunsteling onder ons kinders? Wat kan hulle alles leer deur met klei te speel?Speelklei is daai een medium wat jy altyd in ’n klaskamer sal vind en by ook meeste van ons se huise beskikbaar is. Dit is orals beskikbaar maar kan ook met slegs enkele bestanddele self gemaak word. Kinders is mal oor die tekstuur van klei – dit is sag, buigbaar en hulle kan enige iets daaruit vorm. Dit is dalk ook die rede waarom dit so gewild is. Dit is ontspannend en sukses word elke keer gewaarborg wat die ervaring daarmee so positief maak.

Buiten vir die feit dat dit lekker speel is 

bied hierdie medium ook verskeie stimulerings moontlikhede. 

​Fyn motoriese ontwikkeling

​Fyn motoriese ontwikkeling

​Woordeskat

​Woordeskat

​Kreatiwiteit

​Kreatiwiteit

​Vorm, getal en letter konsepte

​Vorm, getal en letter konsepte

​Konsentrasievermoëns

​Konsentrasievermoëns

​Eksperimentering

​Eksperimentering

​Terapeutiese waarde

​Terapeutiese waarde

1. Fyn Motoriese Ontwikkeling

1. Fyn Motoriese Ontwikkeling

Die druk, vryf, breek, knyp, rol en manipulering van klei is ’n wonderlike manier om fyn motoriese vaardighede te stimuleer by ons kleiner maatjies. Kinders se vinger- en handspiere moet ontwikkel word voordat volledige vinger beheer en kontrole ontwikkel, wat hulle nodig het om te kan skryf op skoolvlak. En jy het reg geraai – klei speel is veral goed hiervoor omdat die medium weerstand bied. 

Om die beheer en kontrole verder te ontwikkel, kombineer klei speel met ander items soos ’n skêr, drukkers, ’n plastiek mes en vurk en koekroller. Laat jul kreatiwiteit vlerke kry deur knope, krale, rou pasta, tandestokkies of vere te gebruik. 

2. Woordeskat 

2. Woordeskat 

Soos wat jou kind met die klei speel en nuwe objekte vorm en bou, vorm hulle ook nuwe konsepte en idees, dus sal hulle ook nuwe woorde leer soos rol, plat, knyp, druk ens. Hulle kan ook woorde gebruik om hul kleimodelle te beskryf en verduidelik. Woordeskat word veral verbeter wanneer hul met maatjies van hul eie ouderdom kommunikeer, maar ook met juffrou of mamma soos wat hulle verbaliseer wat hulle sien of besig is om te doen of speel.

3. Kreatiwiteit

3. Kreatiwiteit

Wanneer ’n kind met klei speel gee jy eintlik vir hom ’n “blank canvas” wat wag om in iets wonderliks, unieks verander te word. Kleispel werk veral aan kreatiwiteit omdat hy die prentjie in sy kop van die voorwerp moet uitbeeld met die medium. Dit kan iets wees wat bekend is en wat hy ken of iets heeltemal ongekend. Aan die begin mag jou kind se spinnekop nie vir jou soos ’n spinnekop lyk nie, maar soos wat hy ouer word en sy vaardighede meer verfynd sal sy skeppings meer kreatiwiteit en detail wys. Moenie vir jou kind voorsê wat hy moet doen of hoe hy dit moet bou nie, maar laat hom self skep en prys hom vir sy poging. Dit is immers hoe hy die objek sien en ervaar. 

Kreatiwiteit is so ’n belangrike vaardigheid omdat dit probleme help oplos en jou kind beplanningsvaardighede leer. Iets wat hy vir die res van sy lewe sal gebruik en toepas. 

4. Vorm, getal en letter konsepte

4. Vorm, getal en letter konsepte

Om self klei te meng en maak skep alreeds ’n wonderlike geleentheid vir jou kleinding om te leer van volumes, hoeveelhede en aantal. Hulle leer ook hoe om ’n resep te volg en uit te voer wat gelees word of hoe om instruksies te volg.

Getal konsepte kan maklik gestimuleer word deur eenvoudige items by te voeg soos krale of knope wat getel moet word. Vorms kan geleer word deur vorms uit uitgerolde klei te sny met ’n stomp mes of uit te druk met koekiedrukkers. 

Klei is een van my gunsteling maniere om die skryf van getalle en letters aan te leer. Gee eenvoudig vir jou kind ’n bal klei en hy moet slange uitrol wat gevorm kan word om ’n letter van die alfabet of getalle te maak. Wanneer jou kind dit goed onder die knie het kan jy selfs vir hom ’n tandestokkie gee en hy moet die letters en getalle skryf in die klei medium wat lekker weerstand bied. Op beide maniere leer jou kind hierdie konsepte op ’n kinetiese of tasbare manier wat die vaslegging daarvan net soveel gouer maak. 

5. Konsentrasievermoëns

5. Konsentrasievermoëns

Om klei te speel gaan van jou kind vereis om vir ’n geruime tyd stil te sit. Hierdie periodes kan verleng word oor tyd om sodoende jou kind se konsentrasievermoëns te verbeter. 

Hoe meer betrokke hulle is by die maak van skeppings, hoe meer sal hul hulself reguleer om gefokus te bly op dit waarmee hulle besig is. Soos wat jou kind ouer word sal hulle ook aanhou konsentreer op die skepping totdat dit lyk soos wat hy wil hê dit moet lyk. Hulle sal dan veranderinge maak aan die skepping totdat hulle tevrede is met die resultaat. 

6. Eksperimentering

6. Eksperimentering

Om nuuskierig te wees was nog nooit ’n probleem nie. Wakker nuuskierigheid aan by jou kleinding deur die klei met verskillende items te meng en kyk dan wat gebeur. Die tekstuur van die klei sal verander deur met verskillende bestanddele te eksperimenteer, bv. water sal dit harder, sagter en meer modderig maak. Meng ook verskillende kleure, of meng ’n geursel in soos laventel of lemoen. Julle kan ook blinkers deur die klei meng. 

7. Terapeutiese waarde

7. Terapeutiese waarde

As jy terug dink aan die kere wat jy met klei gespeel het wek dit altyd positiewe herinneringe. Klei speel bied ’n wonderlike geleentheid vir positiewe ervaringe – die digtheid van klei maak dit ’n medium wat ’n kalmerende effek het op klein of groot wat met dit speel of hanteer. Dit kan dus gebruik word om jou angstige kind ’n bietjie meer te kalmeer in die klaskamer. Hy kan eerder die letters bou uit klei as om dit te skryf en dit dan later met meer selfvertroue probeer kopieer. 

Klei speel is en sal altyd ’n wonderlike geleentheid wees om jou kind te help leer, ontdek en speel. Het jy al vandag klei gespeel? 

Maklike Klei Resep!

Maklike Klei Resep!

Bestandele

Bestandele

2 koppies koekmeel

2 koppies koekmeel

1 koppie sout

1 koppie sout

1 koppie water

1 koppie water

Koekkleursel of Blinkertjies (opsioneel)

Metode:

Metode:

Meng die meel en sout in 'n lekker groot bak. 

Voeg nou bietjie-bietjie water by die mengsel terwyl jy dit roer totdat dit soos klei begin lyk. 

Vorm die klei in 'n balletjie en knie dit vir ongeveer 5min. 

Voeg ekstra meel by as die klei aan jou hande kleef of sit 'n druppeltjie water by die mengsel as dit krummel. 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy