Kieskeurige Eters
Kieskeurige Eters
Gepubliseer op 11 Februarie, 2020
Gepubliseer op 11 Februarie, 2020
Soos jou bloeiseltjie groter word is daar verskillende fases van ontwikkeling en groot word waardeur hulle gaan, sommige van hulle is opwindend, vreesaanjaend, hartseer en ander ‘n omgewing waar jy en sy so baie nuwe dinge leer en saam ontdek.

In ons huis is kos ‘n groot ding! Ons HOU van eet, ons beplan ons lewens daarom en GENIET dit terdeë! Ons dink kos, praat kos en smaak kos! En toe ek vir my lyfie sy eerste kossies kon gee was dit groot opwinding in ons huis! ‘n Ete wat goed beplan en deurdink was, selfs oupa en ouma wou ook nie die gebeurtenis mis nie! Dit was ‘n spesiale herinnering wat ons altyd saam koester.

Maar so baie keer hoor ek hoe hierdie baie spesiale tyd in jou kind se lewe vir so baie ouers kommer inhou:

“Kry sy genoeg kos in?”
“Kry sy genoeg kos in?”
“Is die kos voedsaam genoeg?”
“Is die kos voedsaam genoeg?”
“Hoe weet ek sy kry genoeg protiëne, kalorieë ens. in?”

“Hy hou net van pasta”
“Hy hou net van pasta”
“Hy sit nie sy mond aan groente nie”
“Hy sit nie sy mond aan groente nie”
“Hy het laas week gesmul aan broccoli en hierdie week wil hy niks daarvan weet nie?”

Om julle ‘n idee te gee gaan ek my eie “KOS”-storie met julle deel. So groot soos ek is, is ek baie vol fiemies as dit kom by kos. Ek eet sekere kossoorte nie weens die kos se tekstuur, die gevoel daarvan in my mond, die reuk en selfs hoe dit lyk. Bv. Ek eet nie papayja nie weens die reuk en die sagte tekstuur daarvan. Ek eet nie yogurt met stukkies vrugte daarin nie, want ek weet eenvoudig nie of ek dit moet kou of sluk nie. My eie ma en pa vertel staaltjies van hoe hulle gesukkel het sodat ek en my sussie moes eet. In my pa se eie woorde: “Hulle sal seker eet voordat hulle doodgaan van die honger”

Hierdie staaltjies het my baie laat dink oor hoe ek hierdie fase met my eie kinders gaan benader. Elke mamma dink ek kry soveel teëspoed en word geoordeel oor hoe sy dinge doen. Elke mamma doen wat sy dink die beste is vir haar kind en hul situasie.

Ek het volgens sekere mammas seker te laat begin kos gee, maar ek het besluit dat hy eers goeie belangstelling in kos moet toon voordat ek hierdie fase gaan betreë. Jan-Harm het gekwyl en gespoeg, gehuil en probeer gryp na ons kos, ons kon nie voor hom eet nie en toe op 5 en ‘n half maande het die groot dag ook vir hom aangebreek.

Omdat baba die geleentheid kry om sy kos te ontdek veral in terme van tekstuur, kleur en reuk het ek besluit om “Baby Led weaning” te probeer. Ek was so verbaas oor al die ander voordele wat hierdie vir hom ingehou het.

Wat is "Baby LED Weaning"?
Wat is "Baby LED Weaning"?
Dit is 'n proses waar jy jou kleinding blootstel aan vaste kosse maar hulle besluit self wat hulle wil eet. Jou kleinding sit aan tafel by julle in sy baba stoeltjie en op sy bord is daar 'n verskeidenheid sagte kosse waarmee hy/sy kan eksperimenteer. Die kos word in hanteerbare vorm vir die klein handjies gesny en die kind besluit self wat hy wil eet.

*Lees goed na oor die regte kosse vir die proses sodat jou kleinding nie verstik nie.

Die Voordele van "Baby LED Weaning" :
Die Voordele van "Baby LED Weaning" :
Hy het binne twee weke die taak van kou onder die knie gehad en het sy kos behoorlik gekou voordat hy dit gesluk het. Hy het omtrent die kos heen en weer in sy mond rondbeweeg met sy tong. Hierdie is ook goeie oefening vir sy mondspiere ter voorbereiding van sy spraakontwikkeling.

Omdat hy sy kos gekou het was ek nie een keer bang dat hy aan sy kos sou verstik nie.

Omdat hy die kos ontdek word omtrent alle sintuie ingespan. Sy visuele sisteem word gestimuleer deur al die kleure van die werklike kos, sy tassisteem het die kans om elke kossoort te voel en met die tekstuur te eksprimenteer, sy reuksintuig ervaar die unieke reuk van elke kossoort wat bydra tot die heerlike smaak wanneer hy dit proe.

Sy hand-oog koordinasie was op ‘n daaglikse basis 3 keer ‘n dag geoefen. Omdat ek die kos net voor hom neergesit het, moes hy self beplan hoe om sy handjie tot by die kos te kry en dan in sy mond te kry. Dit was in ‘n paar dae perfek en het hy die kos opgetel en in sy mond gesit sonder om te mors.

Sy fynmotoriese ontwikkeling was ook gestimuleer deur self eet want die vingertjies moes leer los en vat.

Boonop het hierdie manier van kos gee vir ons wonderlike gesinstyd verskaf om die etenstafel. Hy het eenvoudig geëet wat ons geëet het en het by ons gesit terwyl ons geëet het. Wat my as ‘n mamma ook kans gegee het om my eie bord kos warm te eet.

Hy het ook self besluit wanneer hy nie wou verder eet nie. Hy het tekens gehad as ek dit so kan noem. Dan het ek geweet hy het nou genoeg gehad. Hy volg dus sy eie instink en kan self besluit wanneer hy vol is.

Selfvertroue! Hy het self eet so geniet en jy kon sien hoe hierdie tyd van die dag vir hom groot vreugde verskaf het. ‘n Positiewe assossiasie was geskep met betrekking tot etenstyd.

Die vraag is dus: hoekom is sommige kinders (en selfs volwassenses) vol fimies met kos?

Dit is ongelukkig waar dat meeste kinders iewers deur ‘n kieskeurige fase gaan wanneer dit by eet kom, dit is deel van hul ontwikkeling. Sommige van die redes sluit in:

1. Die Verandering van Smaak kliere
1. Die Verandering van Smaak kliere
Die verandering van smaak kliere wat meer sensitief is vir kinders as volwasseses. Dit maak dat kinders tee skop teen die vorm, kleur en tekstuur van sekere kosse – en skielik haat hulle alle kosse al is dit kos wat hul voorheen baie van gehou het. Die teenoorgestelde is dus ook waar waar hulle net dieselfde kos oor en oor vir elke maaltyd vra.

2. Onafhanklikheid
2. Onafhanklikheid
Kieskeurige eetgewoontes is vir sommige kleuters ook die wyse waarop hulle hul onafhanklikheid beoefen – mamma kan my nie dit of dat maak eet nie. Dus het die rede vir die fiemies nie veel te make met die kos nie, maar eerder die toets van die grense wat aan haar gestel word. Hulle wil meer in beheer wees oor hul keuses.

3. Te Veel Steurnisse Tydens Etenstyd
3. Te Veel Steurnisse Tydens Etenstyd
Dit mag vir jou voorkom of jou kleuter-pleuter net nie lank genoeg kan stil sit om die bordjie kos op te eet nie. Dit is dus belangrik om alle afleidings weg te hou tydens etenstyd sodat alle aandag slegs op kos kan wees. Dus vermy om voor die televisie te eet of sit alle speelgoed eers weg.

‘n Tipiese fiemies stadium kan verwag word vanaf 1 en 2 jaar en kan voortgaan tot en met die ouderdom 3 tot 5 jaar.

Jou kind het ‘n aangebore gevoel van hoeveel kos haar liggaam nodig het om te groei en gesond te wees. Die keuse wat sy gaan eet bly egter by haar. Die beste ding wat jy kan doen is om ‘n verskeidenheid van gesonde kosse in ‘n ontspanne omgewing aan te bied, waar almal etenstyd positief ervaar. Hier is ‘n paar wenke wat julle kan probeer om jou “fiemies” kind aan te moedig om nuwe kosse uit te probeer:

1. Gee 'n Verskeidenheid Kosse
1. Gee 'n Verskeidenheid Kosse
Gee vir jou kleinding ‘n verskeidenheid van kosse by elke maaltyd. Wees GEDULDIG – jy gaan ‘n paar keer die nuwe kossoort vir haar aanbied voordat sy dit gaan uitprobeer. Wanneer jy iets nuuts wil aanbied, sit dit eenvoudig saam met die ander kos op die tafel en moet nie ‘n groot ophef daarvan maak nie. Sy mag dalk rebeleer wanneer jy dit in haar bord skep, maar dalk probeer sy dit uit eie wil wanneer sy jou dit ‘n paar keer sien eet en geniet.

2. Skep Kindergrootte Porsies
2. Skep Kindergrootte Porsies
Skep kinder-grootte porsies. ‘n Kind se porsie in ongeveer die helfte van ‘n volwassen sin. Vir baie kosse is die grootte van haar palm ‘n aanduiding van ‘n kinder-porsie.

3. Moet Haar Nie Te Veel Opsies Gee Nie
3. Moet Haar Nie Te Veel Opsies Gee Nie
Moet haar nie te veel opsies gee nie. As jy sê:“Dis etenstyd, wat wil jy eet?” gaan sy heel moontlik slegs iets kies wat bekend is en weer sal jy as mamma dink sy is dalk ‘n kieskeurige eter. Maar as jy sê: “Jou aandete is gereed, kom ons gaan nou eet” het sy slegs ‘n keuse van die kos wat op die tafel is of in haar bord. Sorg tog dat daar met elke maaltyd wel ‘n bekende op haar bord is en nie net onbekende kossoorte nie.

4. Bied Slegs Peuselhappies van Nuwe Kossoorte Aan

Wanneer jy nuwe kossoorte wil bekendstel, bied klein happies daarvan aan haar. As sy belangstelling toon, gee vir haar ‘n klein happie en laat sy self besluit of sy nog ‘n happie wil hê. So voel sy meer in beheer en onafhanklik in haar situasie. As jy kan, bied ‘n nuwe kossoort aan wanneer jy weet sy honger is, bv: ‘n skyfie naartjie vir ‘n agtermiddag peuselhappie.

5. Kinders Het 'n Baie Sensitiewe Palet
5. Kinders Het 'n Baie Sensitiewe Palet
Wees bewus daarvan dat kinders ‘n baie sensitiewe palet het. Kinders sal tee skop nog voordat hulle mond aan die kos gesit het omdat hulle eenvoudig nie van die tekstuur, reuk, kleur of smaak hou nie. Sommige kinders sal sekere kosse vermy omdat dit hulle herinner aan die keer toe hulle siek was, so moet nie dan die kos dwing nie. Gee kans en bied dit dan weer aan.

6. Betrek Haar by Die Voorbereiding van Maaltye

As dit moontlik is, probeer haar betrek by die voorbereiding van maaltye. Hierdie is iets wat my seuntjie vreeslik geniet. Hy skil graag die groente, haal die potte en panne uit, gooi die melk oor sy eie pap of klits die eier vir sy omelette.

7. Wees Kreatief Met Kos
7. Wees Kreatief Met Kos
Hy geniet dit ook om kreatief te wees met ons kos. Ons maak seekatte uit worsies, gesiggies op die bord met slaai items ens.

8. Leer van Verskillende Kossoorte
8. Leer van Verskillende Kossoorte
As jou kleinding al oud genoeg is, leer haar van die verskillende kossoorte en groepe en hoe ‘n gebalanseerde bord kos lyk. Julle kan ‘n plakkaat maak en self die prentjies soek uit tydskrifte en dit in die kombuis op sit.

9. Wees 'n Rolmodel
9. Wees 'n Rolmodel
Wees ‘n goeie rolmodel wanneer dit by gesonde kos kom en wat jy graag wil hê jou kind moet uitprobeer en eet. Om die rede maak familietyd en etenstyd dieselfde tyd.

**Onthou egter dat tas sensitiwiteit in die mond area ‘n realiteit is en vir baie kinders ‘n groot uitdaging is. Indien jy enige erge tekens van tassensitiwiteite opmerk bv. Hy maak homself naar van kos, tandeborsel is ‘n vreeslike stryd en selfs met die bostaande wenke het die kind ‘n baie beperkte dieët is dit noodsaaklik om ‘n Arbeidsterapeut te kontak

Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy