Dis KERSFEES!
Dis KERSFEES!
Gepubliseer op 9 Desember, 2019
Gepubliseer op 9 Desember, 2019
Dit is al weer einde van die jaar en daar moet gedink word aan geskenke.

Wat het die kinders nou werklik nodig? Wat is ouderdomstoepaslik?

Wat kan ek koop waarvan hulle sal hou en ook sommer terselfdertyd opvoedkundig is?

Sit jy ook met jou hande in jou hare wanneer Kerstyd nader kom om te weet wat om vir wie te kry?

Hier gee ons vir jou ’n paar wenke vir die kinders op jou lysie:

1. 'n Boek is Goed vir Oud en Jonk
1. 'n Boek is Goed vir Oud en Jonk
’n Boek is ’n wonderlike present van baba tot grootmens en ’n kind kan nooit genoeg boeke hê nie. ’n Boek kan die kind op ’n reis neem en sy verbeelding en kreatiwiteit verryk. Indien die kind al ouer is kies ’n boek wat handel oor sy belangstelling soos visvang, karre of perde. ’n Paar maande of jaar se inskrywing tot ’n tydskrif wat handel oor sy belangstelling is ook ’n gawe idee. Babas kan altyd doen met ’n prenteboek. Kies ’n boek met ’n paar stories in of selfs ’n rympiesboek. Rympies bied soveel leergeleentheid en is iets wat nie meer alledaags in huise voorkom nie. Baie groter kinders sal ook eerder ’n boek met klomp kortverhale geniet as ’n lang storie. Skryf ’n spesiale boodskap voor in die boek wat hy/sy altyd sal koester wanneer hy/sy na die boek kyk of lees.

2. 'n Bal verskaf Ure se Vermaak
2. 'n Bal verskaf Ure se Vermaak
’n Bal is ’n wonderlike item wat kinders ure kan besig hou en vir alle ouderdomme vermaak verskaf. En juis nou in die vakansie wanneer daar bietjie meer tyd is kan kinders weer die pret van balspel ervaar. Kies ’n interessante bal – dalk een met snaakse patrone op, of ’n bal wat oorgetrek is met lap of ’n bal met hulle gunsteling animasie karakter op. Ouer maats kan ook iets soos ’n pluimbal stel of “swingball” baie geniet. Koop ’n basketbal hoepel of ’n swembad of opslaan vlugbal baan. Die speletjies kan maklik in die kar gelaai word saam na ouma, in die kampwa of selfs vinnig op ’n luilekker Sondagmiddag uitgehaal word om die gesin te vermaak. Vandat ’n kind goed kan staan is ’n klein speel gholf stel ’n groot treffer. Jou laerskool kind sal ’n handtennis bal baie geniet en dit sal hom/haar vir ure kan vermaak.

3. 'n Springmat is 'n Belegging in jou Kind se Ontwikkeling

’n Springmat is ’n belegging in jou kind se ontwikkeling en indien hy nog nie een het nie is dit verseker iets om te oorweeg die Kersfees. Wanneer kan mens ’n springmat koop? Sodra ’n kind een is is ’n springmat alreeds baie pret. Mamma kan saam spring, hy loop en hardloop al in die rondte op die mat wat sy balans bevorder. Indien jy nog nie ’n springmat het nie en die kind is al ouer, eerder laat as nooit. ’n Springmat bied wonderlike oefengeleenthede. Dit is die perfekte breuk vir tussenin huiswerk en leersessies by die groter maats. Dit verskaf baie vestibulêre en proprioseptiewe stimulasie wat uiters voordelig is vir ontwikkeling.

4. Legkaarte
4. Legkaarte
Hoe gereeld koop ons nog noodwendig legkaarte? En baie mense is van mening die kind bou dit eenkeer en dan nie weer nie. Tog bied dit ons kinders so baie. So bederf maar die vakansie en koop ’n legkaart. Hulle verbaas jou dalk en bou dit ’n paar keer. Julle kan ook groter legkaarte koop wat as ’n vakansieprojek gesien kan word wat almal saam bou.

5. Bordspeletjies is sommer 'n lekker geskenk vir die hele gesin

Dit is ’n wonderlike manier vir kwaliteit gesinstyd, die stimulering van konsentrasie, probleemoplossing, beplanning en analise en sintese. Die vaardighede wat tydens bordspeletjies gestimuleer word is oneindig en so noodsaaklik, en kinders is mal daaroor. Boonop leer dit hulle sosiale vaardighede aan van beurte maak, hoe mens soms wen en soms verloor, en wat is meer spesiaal as gesinstyd. ’n Paar oulike idees is: Rummikub, Bananagrams, Spot It!, Twister, Monopoly, Cluedo, Uno, speelkaarte ens.

6. Fantasiespel - Speelgoed
6. Fantasiespel - Speelgoed
Fantasiespel speelgoed bied veral vir kleuters baie geleentheid vir leer. Hulle leer deur ons te na-aap. Fantasiespel speelgoed kan hulle ure vermaak, stimuleer die verbeelding, kreatiewe denke en gee geleentheid vir self speel.

Gereedskapskis vir seuntjies
Gereedskapskis vir seuntjies
Kombuisspeelgoed – potte, panne, teekoppies, kosse

Mooimaakspeelgoed – haardroër, borsel, grimering

Plaasdiere en trekkers
Plaasdiere en trekkers
Babaspeelgoed – stootwaentjie, pop, bottel

Dokter-dokter stelletjie
Dokter-dokter stelletjie
Musiekinstrumente
Musiekinstrumente
Rolspel uitrustings bv. brandweerman, cowboy ens.

7. Blokkies en konstruksie speelgoed.
7. Blokkies en konstruksie speelgoed.
Kinders kan nie genoeg konstruksie speelgoed hê nie. Dinge wat hulle aanmekaar kan vassit om objekte te bou. Dit stimuleer visuele persepsie, beplanning, fyn motories en soveel meer. Dit is iets wat vir klein tot groot kan besig hou.

8. 'n Ervaring
8. 'n Ervaring
Geskenke bring groot opwinding, maar ’n week of twee later lê die speelding saam met die res in ’n boks of onder in die kas en is dit vergete. Gee jou kind ’n ervaring van iets spesiaals of unieks wat ’n herinnering sal word wat julle vir altyd sal koester. ’n Fliek “date” saam met jou kind, ’n kamp aand buite in die tuin, ’n uitstappie na die naaste dieretuin, ’n geskenkbewys vir ’n kunsklas, ’n perdry les, kookklas of ’n branderplankry les. Laat ouma haar leer brei of hekel of skiet kettie saam met oupa. Hier kan enige iets werk; wees kreatief en bederf jou kleinding met TYD SAAM!

Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?
maar jy weet nie wat of hoe nie?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy