Kinders se frustrasies tydens ingehokte omstandighede!

Gepubliseer op 5 May, 2020

Gepubliseer op 5 May, 2020

Ons almal ervaar 2020 as ’n jaar vol uitdagings en omwenteling in ons alledaagse roetines en leefwyses. Omstandighede wat buite enige iemand se beheer is. Dit het ’n duidelike omwenteling/verandering in ons kinders se emosionele toestand teweeggebring, en ons ervaar hulle as meer geïrriteerd en gefrustreerd wat lei tot allerhande emosionele uitbarstings.

Waar kom hierdie irritasie en frustrasie vandaan? 

Net soos in ander tye van die lewe wanneer ’n gesin gebuk gaan onder meer stres, emosionele uitputting of dalk trauma, weet ons dat dit ’n groot effek op ons kinders se gemoedstoestand, hulle gedrag en emosies het. Die omstandighede waarin ons ons tans bevind is ’n baie spanningsvolle tyd vir almal – ouers en kinders. Vrees, onsekerheid en ekstra bekommernisse dra by tot ons verhoogde spanningsvlakke. 

​Tweedens, verandering van roetine. Huidiglik ervaar ons en ons kinders ’n groot verandering van roetine. Skoolwerk moet tuis gedoen word, ek sien nie my maats nie, ek neem nie deel aan gimnastiek en klavier elke week nie, ensovoorts. Net soos met verhuising of verandering van skool of wanneer ’n kind ’n groot verandering van roetine ervaar, kan dit vir hom moeilik wees en kan hy emosioneel raak omdat die aanpassing net ’n te groot uitdaging is.

​Verder moet ons onthou hoe belangrik ’n gebalanseerde lewenstyl is vir ’n goeie emosionele welstand. Ons moet ’n sekere aantal ure per dag werk, slaap, onsself versorg en ook ontspan. Vir elke ouderdom is die variasie en aantal ure per aktiwiteit anders, maar dit is noodsaaklik dat ons ’n balans vind en handhaaf.

Net soos jy raak jou kind ook gefrustreerd

Die feit dat jy dalk nie meer kan werk of oefen nie laat jou dalk gefrustreerd voel. Of jou tipe werk tans van heeldag wasgoed en skottelgoed was ens. sonder ’n goeie roetine en afwisseling gaan jou ook emosioneel, geïrriteerd, ongeduldig en moontlik gefrustreerd laat voel. Net so is ons kinders. Ons kinders se werk is speel en hulle het dit steeds nodig. Vryspel waar daar geen reëls, riglyne en struktuur van ’n volwassene af gegee word nie is kinders se ontspanning, maar stimulerende spel is hulle werk. Kinders benodig dus tog gestruktureerde spel met ’n sekere doel voor oë. Spel word dus as medium gebruik waar nuwe vaardighede en konsepte aangeleer word deur ’n opvoeder of juffrou. 

S P E E L !

S P E E L !

Spel word verder opgedeel in fisiese spel en kognitiewe spel en ’n kind het genoegsaam van beide nodig vir optimale funksionering 

Eerstens, op ’n fisiese vlak: Kinders het baie meer energie en ’n groter behoefte aan fisiese spel sodat hierdie energie iewers heen gekanaliseer kan word. 

Tweedens benodig hulle brein stimulasie: Hulle benodig kognitiewe uitdagings en nuwe ervarings om nuwe vaardighede aan te leer en vas te lê.

Te min stimulasie in beide van hierdie fasette het ’n groot effek op ons kinders se gedrag en emosionele welstand wat dan uitgebeeld kan word in frustrasie, aggressie, emosionele gedrag soos huilerigheid of selfs “stoute” gedrag. 

Dit is belangrik om te onthou dat wanneer jy jou kind in die middag na skool sou kry, het hy reeds omtrent ses ure skool gehad en dalk nog ’n buitemuurse aktiwiteit wat hom kognitief en fisies uitgedaag het. So vir julle om nou in die middae rustige vryspel te hê terwyl jy kos maak kan nie nou die heeldag gedoen word nie. Jy moet nou daardie multisensoriese leer omgewing van die skool ook bly doen sodoende vir jou kind om steeds ’n gebalanseerde dag te hê. 

So hoe kan jy as mamma help? 

So hoe kan jy as mamma help? 

1. Skep struktuur 

1. Skep struktuur 

Deur ’n goeie, gebalanseerde en ryk aan stimulasie dagprogram aan te bied en by ’n roetine te hou.

Ons as mense is multisensoriese wesens, maar vandag gaan ons meer uitbrei oor twee sensoriese sisteme wat veral ’n effek op ons gedrag en emosionele status het. 

Eerstens, die vestibulêre sisteem of ons bewegings sintuig: Kinders het ’n baie hoër behoefte aan vestibulêre stimulasie as grootmense en daarom het kinders meer energie en kan aanhou en aanhou as jy al lankal poot uit is of dalk dronk voel. Dink aan kinders op ’n rondomtalie; hulle word net nooit dronk nie. 

Tweedens is ons propriosepsie sintuig: Dit gee vir ons meer inligting oor die posisie van ons liggaam. Maar dié sintuig is ook ons sintuig waarmee ons onsself moduleer of reguleer. Hierdie sisteem is direk gekonnekteer aan ons limbiese sisteem in die brein. Dit is die sisteem in die brein wat gebonde is aan ons emosies. Dus wanneer kinders ooraktief is (gewoonlik ervaar hulle dan frustrasies en uitbarstings) kan propriosepsie help om hulle te kalmeer.

Ons doen al die stimulasie eintlik outomaties. 

Mamma wieg haar baba of “swaddle” haar baba, ons gee mekaar drukkies as ons emosioneel is, ons kry emosionele eters, ons kry naelbyters, wat gesien kan word as soeke na beweging en propriosepsie om onsself te moduleer.

Hier is net ’n paar wenke hoe jy die twee sisteme kan stimuleer. 

Vir elke week se ouderdomstoepaslike aktiwiteite vir jou kleinding skakel gerus in by ons Exito TUIS program en ontvang maandeliks aktiwiteite.

Hoe gee ek propriosepsie?

Hoe gee ek propriosepsie?

Propriosepsie word beskryf as “krag aktiwiteite” vir kinders. Met die uitvoering van hierdie aktiwiteite sal hulle weerstand ervaar of weerstand gee.

Massering en vryf die lyf (ferm, konstante druk wat toegepas word); so gee jy lekker diepdruk oor die spiere wat ontspannend en regulerend kan wees

Strek en kinder joga om daardie ligamente en spiere insette te gee

Rol die kind oor ’n groot bal of rol ’n bal oor hom; dit bied diepdruk en gee hom propriosepsie

Stoot/rol of skop ’n groot oefenbal. Die gewig van die bal bied insette in die arms of bene

​Maak ’n klein balletjie met jou lyf en strek dan weer ver uit vir insette by die groot ligamente soos die skouers en heupe

Kussinggevegte – die drukking van die kussing bied weerstand teen die lyf

Stoot- en trekspeletjies: klein maats kan aan hulle arms groot maats stoot of trek self; trek tou; doen armopstote teen ’n muur vir insette by die skouers

​Dra swaar items bv. inkopiesakke

​Dra swaar items bv. inkopiesakke

Kou biltong, kraakbrood, ’n appel of ys om hierdie insette aan die kakebeen te gee – kan ook baie regulerend wees. Daarom wil ons soms knibbelrig raak as ons gespanne is of dalk jou naels byt.

Bewegingspeletjies vir by die huis

Bewegingspeletjies vir by die huis

Swaai in ’n laken of swaai groter kinders aan hulle arms

​Stoot rond op kombers, boks, skaatsplank, matras

​Draai in die rondte en maak bollemakiesies

​Dans, dans dans

​Dans, dans dans

​Rol van die een kant na die ander kant

​Rol van die een kant na die ander kant

​Bou hindernisbane met oorklim, onderdeurkruip, ensovoorts

​Dierlope, touspring, ensovoorts

​Dierlope, touspring, ensovoorts

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy