Die belangrikheid van Speel!

Die belangrikheid van Speel!

Gepubliseer op 9 Maart, 2020

Gepubliseer op 9 Maart, 2020

Elkeen van ons wil graag hê ons kinders moet suksesvol wees. Ons wil hê hulle moet leer en selfvertroue hê deur hulle skooljare. Ek wed jou ek is nie die enigste ouer wat artikels lees, toepassings aflaai, boeke koop en kursusse bywoon sodat ons die beste vir ons kinders se ontwikkeling kan bied nie. 

My lys vir my kind lyk as volg:

My lys vir my kind lyk as volg:

Leer om te lees, skryf en korrek te spel

​ Goeie wiskundige vaardighede

​ Goeie wiskundige vaardighede

​Selfvertroue en maklik maats te maak (sosialiseer)

Probleme kan oplos en ook kreatief te kan dink

​Onafhanklik te wees

​Onafhanklik te wees

​Deelname aan sport, musiek, kuns ens.

​Deelname aan sport, musiek, kuns ens.

Die belangrikste aktiwiteit vir 'n kind is speel

En tog is daar een baie vanselfsprekende aktiwiteit wat al die bogenoemde en meer stimuleer en ontwikkel by jou kind. Dit is daai een aktiwiteit wat altyd na al die “belangrike” take aan die einde van die dag ingedruk word. Die een aktiwiteit wat so maklik oorgesien word. En wat is dit?

S P E E L !

S P E E L !

As ’n arbeidsterapeut handel een van die eerste klasse wat jy bywoon oor die belangrikheid van ’n gebalanseerde lewenstyl. Jy kleur jou eie 24-uur dagwiel in met onderafdelings wat bestaan uit vryetydsbesteding, selfsorg, werk en slaap. 

Maar wat is die werk van ’n kind? Speel, natuurlik! Speel is die werk van die kind. Dit val nie onder vryetydsbesteding nie. 

Speel is die natuurlikste staat vir ’n kind; dit is ook die staat waarin hulle alles leer in die eerste paar jare van hul lewens. Oor die afgelope paar jaar was daar ’n drastiese toename in die tyd wat gespandeer word voor ’n skerm, wat tot ’n groot afname in speeltyd gelei het. So die vraag wat ek myself afvra is, hoe lyk hul 24-uur dagwiel dan? Onthou skermtyd is nie speeltyd nie. Kinders se speeltyd verwys na fisiese of tasbare spel soos rondbeweeg of speel met blokkies, plastiekdiere of regte legkaarte waaraan ek kan vat. Dus 3D spel, nie 2D spel nie. 

Soveel kinders word vanaf ’n te vroeë ouderdom gedwing om te leer lees, skryf en wiskunde doen voordat hul eintlik gereed is. Speel bied die geleentheid vir die ontwikkeling van die boustene wat nodig is vir hierdie meer gevorderde funksies, soos lees, skryf en wiskunde. Sonder hierdie boustene kan hierdie belangrike vaardighede nie voldoende en optimaal ontwikkel soos dit moet nie. Bv., jy mag dalk jou drie jarige leer lees voor al sy maats kan, maar jy ontneem hom van speeltyd wat nou sy prioriteit is en hom moontlik later kan kelder in ander fasette van die lewe. 

1. Fisiese ontwikkeling

1. Fisiese ontwikkeling

’n Kind se fisiese ontwikkeling word gebou vanuit sy grofmotoriese en fynmotoriese ontwikkeling wat alles gebeur tydens spel.

Grofmotories – staan, hardloop, klim en klouter, spring, gooi en vang, rol, balansaktiwiteite, skop, huppel, gallop, fietsry, hang en swaai, postuuraanpassings en koördinasie. Kinders wie se grofmotoriese vaardighede nie voldoende ontwikkel het nie, is geneig om nie sportsoorte te geniet nie en sal eerder nie deelneem nie. Dit is baie belangrik vir grofmotoriese vaardighede om te ontwikkel voordat fynmotoriese vaardighede voldoende kan ontwikkel. 

​Fynmotories – bou van torings, houers oop- en toemaak, nateken, knipvaardighede, ryg aktiwiteite, om ’n potlood/kryt vas te hou, manipulasie van objekte/voorwerpe soos nodig vir aan- en uittrek, tandeborsel, hare kam, asook die kopiëring van vorms en teken van prentjies. Hierdie vaardighede is direk betrokke by die ontwikkeling van ’n optimale potloodgreep en ook uithouvermoë wat die kind in staat stel om letters te kan vorm en in lyne te kan skryf.

Dit is dus van kardinale belang vir motoriese vaardighede om voldoende te ontwikkel sodat jou kind kan leer lees en skryf by die tafel soos verwag word. 

2. Kognitiewe ontwikkeling:

2. Kognitiewe ontwikkeling:

Spel bevorder die ontwikkeling van die brein en ook geheue. Daar is baie navorsing bekend van babas wat gestimuleer word teenoor babas wat nie gestimuleer word nie, en ook die verskil in mylpaal ontwikkeling en brein ontwikkeling tussen hierdie twee groepe.

​Spel gee geleentheid vir breuke wat aandagspan bevorder. Kinders kan vir langer periodes fokus en aandag gee aan akademiese take na geleenthede vir vrye spel en beweging.

​Spel bied die geleentheid om gedurig probleme op te los en om kreatief, buite die boks, te dink. Spel speel dus ’n belangrike rol in die stimulasie van beredenering en probleemoplossing vaardighede.

​Deur verbeelding spel of simboliese spel leer kinders hoe om hul emosies te reguleer en kan so deur moeilike of onbekende situasies leer.

​Wiskundige vaardighede word so maklik en op soveel maniere gestimuleer deur spel. ’n Alombekende is deur blokkies, wat getalkonsep van ’n baie vroeë ouderdom stimuleer.

​Spel bied geleentheid vir ontdekking en eksperimentering sonder die moontlikheid om te vaal.

​Taalontwikkeling word gestimuleer. Beide reseptiewe (wat die kind hoor) en ekspressiewe (wat die kind self sê) taal word konstant gestimuleer tydens spel en veral verbeelding spel. Ouditiewe vaardighede word bevorder tydens spel wat die fondasie lê vir luistervaardighede.

3. Sosiale ontwikkeling

3. Sosiale ontwikkeling

Kinders benodig sterk sosiale vaardighede om op ’n daaglikse basis te funksioneer. Sosiale vaardighede word veral gebou deur sy verhoudinge met sy ouers en ander familielede, asook sy maatjies tydens spel. Gedurende spel kry kinders die geleentheid om toepaslik op te tree in verskillende situasies en leer hulle ook hoe om lyftaal en ander nie-verbale inligting te lees. Reëls is gewoonlik deel van spel, of dit nou gestruktureed is, soos tydens bord of kaart speletjies, of opgemaak word soos die speletjie ontwikkel. Reëls is belangrik dat kinders die verwagte gedra volg en bied struktuur. Tydens spel kry kinders die kans om te leer van deel, hoe om ander in ag te neem, beurte te maak en hoe om regverdig op te tree. 

VERSKILLENDE TIPES SPEL:

VERSKILLENDE TIPES SPEL:

Daar is ’n verskeidenheid van tipes spel wat jou kind sal beoefen en almal gaan tot voordeel wees van haar/sy ontwikkeling. 

Soos kinders groot word gaan hulle deur fases gaan van alleen speel, speel langs ’n maatjie (parallelle spel), ander waar te neem tydens spel tot hulle eindelik saam gaan speel. Selfs babas wat net lê en rondkyk na moontlike beweging in hul omgewing beoefen die eerste fase van spel ontwikkeling. Die einddoel is dat kinders vorder tot die fase waar hulle saam met ’n ander maatjie speel. 

 Fantasiespel

 Fantasiespel

“Dressing up” gaan gewoonlik gepaard met fantasiespel en kinders kry hier die geleentheid om werklike gedeeltes van hul lewe uit te voer met hul eie dialek. Hulle mag dalk “dokter-dokter” speel waar die kind ondersoek word of selfs “Mevrou-Mevrou” en maak of hulle tee drink saam met hul beste vriendin met ’n baba in ’n stootwaentjie. Ons het gereeld gespeel ons werk in ’n restaurant waar ons allerhande interessante disse opdis vir die kliënte wat dit bestel het. Die moontlikhede is eindeloos! Punt is dat kinders sin maak van hul lewens en omgewing deur fantasiespel. 

 Fisiese spel

 Fisiese spel

Hierdie is die tipe spel wat gewoonlik ons as ouers die vinnigste uitput. Dit is presies wat dit sê. Wanneer kinders bome klim, bal skop, swaai, resies hardloop of met hul fiets ry neem hulle deel aan fisiese spel. Hierdie stimuleer veral hul grofmotoriese vaardighede en is so ’n noodsaaklikheid vir hul fisiese ontwikkeling. 

 Gestruktureerde speletjies met reëls

 Gestruktureerde speletjies met reëls

Speletjies met reëls wat gevolg moet word sodat jy die speletjie kan wen en kompeteer met die ander persoon. Daar is ’n groot verskeidenheid beskikbaar. Een van my gunsteling herinneringe van my oorlede ouma is kaart speletjies. Sy het jou nie net sommer laat wen nie. Dit leer ook jou kind van wen en verloor op ’n manier waar dit nie te veel saak maak nie. Hy leer dan hoe om sy emosies te beheer en hoe om dit te hanteer. 

 Konstruksie spel

 Konstruksie spel

Wanneer kinders bou en oplossings probeer vind vir ’n probleem, soos hoe om die mure van ’n kasteel te maak balanseer, ontwikkel hulle kognitiewe vaardighede. Die bou van ’n baie hoë toring of die uitleg van ’n treinspoor deur die leefarea is eenvoudige voorbeelde van konstruksie spel. Daar is ’n groot verskeidenheid van verskillende konstruksie speletjies op die mark beskikbaar, maar dit hoef nie ’n duur item te wees nie. Versamel ’n verskeidenheid van boksies (verskillende groottes en vorm) en gee dit vir jou kind om iets te bou. Een van my gunstelinge wat my seuntjie vir ure besig gehou het is toiletpapier rolle. Om konstruksies te bou met items wat hy nie noodwendig gewoonlik mee sou bou nie is soveel meer opwindend en pret!

Kinders benodig tyd om elke dag heeltemal VRY te wees! 

Hulle moet hul eie speletjies uitdink, self probleme oplos en hul eie ontdekkings maak. 

So, as jy wil hê jou kind moet goed kan lees, spel, wiskunde doen en kunstig/kreatief wees, sal ons aanbeveling wees om hulle meer bome te laat klim. 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy