BOU DIE FONDASIE, BOU DAAI BLOKKIES
BOU DIE FONDASIE, BOU DAAI BLOKKIES
Gepubliseer op 19 May, 2020
Gepubliseer op 19 May, 2020
As ’n arbeidsterapeut is dit vir my die lekkerste lekker om deur ’n speelgoedwinkel te kan wandel. Tog word ’n mens so maklik oorweldig deur die speelgoed wat ’n mens tans kry. Speelgoed raak al hoe blinker, “fancier”, harder, duurder en meer kompleks. En tog bly my gunsteling die eenvoudige blokkie. Daar is soveel konstruksie speelgoed opsies op die mark, tog ervaar ek dat soveel nie regtig so wonderlik is wanneer dit kom by behoorlik speel soos my seuntjies kan speel nie.

Die verskillende fases van Blokkie Bou :

So, hoe kan blok-op-blok dan nou so wonderlik wees vir my kind se ontwikkeling?

Blokkies bou is ’n wonderlike geleentheid vir die ontwikkeling van jou kind se fyn (hierdie verwys na die kleiner bewegings van die hand en vingers) en grof (die skouerspiere sal ’n voorbeeld hiervan wees) motoriese vaardighede, soos wat hulle blokkies beweeg, hanteer en optel. Hierdie spiere speel ’n groot en belangrike rol in alledaagse take, soos aantrek, speel en skryf.

2. Ruimtelike persepsie
2. Ruimtelike persepsie
Ruimtelike verhoudings (word soms ook verwys na as ruimtelike orientasie) is die vermoë om een objek in verhouding tot ’n volgende objek te kan waarneem. Dit is ’n baie belangrike visuele persepsie vaardigheid wat nodig is vir lees, skryf en wiskunde.
Kinders begin dalk met die eenvoudige vashou van ’n blokkie en sal dan later rye of torings bou. Soos wat hul “bou” vaardighede verbeter is dit duidelik dat hierdie vaardigheid verstaan en toegepas word. Hulle begin later ook jou waarneem en naboots. Die nabou bied ’n wonderlike geleentheid vir die ontwikkeling van ruimtelike verhoudings.

3. Probleemoplossing
3. Probleemoplossing
4. Konsepte
4. Konsepte
Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Daar is soveel opvoedkundige voordele aan blokkies speel, veral vir kleiner kinders, dat ek voel hierdie ’n gereelde speletjie in elke huis behoort te wees. Ja, jy lees reg, die gewone, outydse houtblokkie.
Voordat ek jou gaan vertel hoekom hierdie gewone, outydse blokkie my gunsteling is en hoeveel voordele vir ontwikkeling dit inhou, gaan ek jou eers meer vertel van die verskillende fases van blokkies bou. Ek wet jou jy het nog nie só na blokkies bou gekyk nie.
Babas gaan nie groot konstruksies bou nie, net soos ’n vyfjarige nie blokkies net op mekaar stapel sonder ’n doel nie. Dus, wanneer kinders blootgestel word aan blokkies bou vanaf ’n vroeë ouderdom, het hulle die geleentheid om te leer en vaardighede te ontwikkel oor tyd.

Die dra-fase: In hierdie eerste fase van blokkies bou sal jy sien hoe babas die blokkies ontdek en sy moontlikhede ondersoek deur dit vas te hou, te skud, te probeer kou of eet of dit te gooi.
Die stapel-fase: Hierdie fase is veral baie gewild by pleuters waar jy sal sien dat hulle die blokkies opmekaar (vertikaal) sal stapel of in rye (horisontaal) sal uitpak. Toring bou kan reeds van kleins af aangemoedig word.

Die brug-fase: In die derde fase sal hulle eenvoudige brûe bou met twee blokkies langs mekaar en een bo-op.
Die toe-fase: In hierdie fase sal jy sien dat jou kleinding geslote areas bou met die blokkies soos ’n kamp vir diere of ’n heining om ’n huis.
Die simmetrie-fase: Hierdie fase sluit simmetrie, patrone en balans in. Blokkies word op verskeie maniere gebruik, maar word nog nie as ’n konstruksie geklassifiseer nie.

Die konstruksie-fase: In hierdie fase kry die konstruksie ’n naam en ’n doel al is dit ’n eenvoudige struktuur soos ’n toring of ’n muur.
Die komplekse-fase: Meer komplekse strukture word gebou soos kastele of huise. Dramatiese spel word nou deel van die blokkies bou soos wat jou kind sy eie kreatiwiteit bysit om sy konstruksie uniek en spesiaal te maak tot sy eie reg.

1. Motoriese vaardighede
1. Motoriese vaardighede
Om met blokkies te bou is ’n wonderlike geleentheid vir kinders om hul probleemoplossingsvaardighede te oefen en te bemeester. Met enige struktuur wat jou kind gaan bou sal dit ’n mate van beplanning verg; voordat hy begin gaan hy eers moet dink wat hy wil bou of skep. Dan moet hy vir homself uitwerk hoe om hierdie konstruksie saam te sit – is dit stewig genoeg, hoog genoeg, sterk genoeg, sal die huis se dak pas op die mure, sal die kasteel se mure dalk inval? Hierdie denkprosesse is wat hom/haar gaan help om probleme op te los in die toekoms, logies en kreatief.

Op ’n baie indirekte en eenvoudige manier leer kinders konsepte soos kleur, stabiliteit, balans, volume, gewig en aksie-en-reaksie; hulle leer die moontlikheid van objekte en hoe dit gevolge kan hê.

5. Verbeter konsentrasie en aandagspan
5. Verbeter konsentrasie en aandagspan
My seuntjies is gaande oor blokkies bou en as hulle eers begin het, raak hul heel vasgevang in hul skeppings. Hulle sal vir baie langer periodes gefokus wees op dit waarmee hulle besig is. Die rede hiervoor is omdat hulle iets self skep uit niks – ’n brug vir hul karretjies, ’n baie hoë toring – en dus sal hulle hulself druk om weer en weer te probeer en so vir langer periodes te konsentreer.

6. Speel Saam Met Ander
6. Speel Saam Met Ander
Wanneer jou kind blokkies bou saam met ander familielede of ’n maatjie, leer hulle ook op ’n sosiale vlak en kry geleentheid om saam te werk. Om saam ’n struktuur te bou vereis dat hulle blokkies moet deel, saam moet stem oor hoe die eindresultaat moet lyk en hoe om dit te bou. Die situasie skep dus geleentheid vir argumente wat uitgeklaar moet word.

7. Wiskunde Vaardighede
7. Wiskunde Vaardighede
Wiskundige konsepte word al van ’n baie vroeë ouderdom aangeleer op ’n indirekte en informele manier, veral deur met blokkies te speel. Jou kleinding sal dalk van ’n vroeë ouderdom kan tel van 1 tot 10, maar deur met ’n fisiese objek te speel, soos blokkies, leer hulle die fisiese waarde van 1, 2 ens. Kinders leer die waarde van ’n getal, asook hoe groottes en lengtes met mekaar vergelyk. Byvoorbeeld, deur een blokkie by te voeg sal maak dat hierdie twee torings ewe lank is. As ons by hierdie toring ’n blokkie wegneem sal daardie toring kort/kleiner wees. Hoe kan ons die brug langer maak? Kinders leer sonder dat hulle besef dat hul hierdie vaardighede gebruik en toepas.

8. Taalontwikkeling
8. Taalontwikkeling
Omdat blokkies bou ook kreatiwiteit aanwakker is dit ’n wonderlike geleentheid om te gesels oor wat hulle gebou het. Hul woordeskat kan vergroot omdat hulle dalk nuwe woorde mag leer. Byvoorbeeld, wanneer jy jou kind uitvra oor sy skepping, probeer nuwe woorde gebruik om sy konstruksie te beskryf soos vloer, helling, stabiel, korter, langer, vlakke ens.
Wanneer jou kind saam met ’n maatjie, boetie of ouer blokkies bou sal hulle indirek deelneem aan die gesprek en die proses soos hulle saam bou.

Wat jy min of meer kan verwag op watter ouderdom rakende blokkies bou:

- 7 maande: slaan 2 blokkies teen mekaar
- 12 maande: pak blokkies in en uit ’n houer
- 18 maande: bou ’n 3-4 blokkie toring
- 2 jaar: bou ’n 6-7 blokkie toring
- 2 jaar 6 maande: bou ’n 10 blokkie toring
- 3 jaar: begin eenvoudige modelle nabou
- 4 jaar +: bou meer konstruktiewe modelle na

n Paar ander interessante blokkie idees:

- Bou ’n model en laat jou kind dit nabou (ruimtelike verhoudings)
- Bou ’n patroon en laat jou kind die patroon verder bou
- Bou ’n toring of pak ’n rytjie, wys dit vir jou kind vir ’n paar tellings, maak toe en gee hom dan geleentheid om te bou (visuele geheue)
- Gee verbaal instruksies vir jou kind wat om te doen bv. sit ’n geel blokkie op die groen blokkie. Sit ’n rooi blokkie agter die blou blokkie (volg van instruksies, luistervaardighede en posisie in die ruimte)
- Gee verbaal vir jou kind ’n paar kleure wat hy dan opmekaar moet plaas bv. begin met geel, groen, groen, rooi en dan blou (ouditiewe geheue)
- Leer vorms, nommers of letters aan deur dit groot te skryf en dan met die blokkies te pak (konsepvorming)
- Sorteer die blokkies volgens kleur, grootte, dikte, lengte en vorm
- Leer getalkonsepte deur die hoeveelheid blokkies opmekaar te bou bv. noem die getal vier en die kind moet vier blokkies opmekaar bou

- Die domino-effek. Wys vir jou kind hoe om die blokkies te pak sodat wanneer die een omval die volgende blokkie ook omval
- Gebruik skeerroom as sement om houtblokkies aan mekaar te laat vaskleef
- Plak “contact” teen die muur met die taai kant na jou toe en bou só op ’n vertikale vlak. Die blokkies sal aan die taai kant vassit
- Bou ’n toring of konstruksie en probeer die skaduwee van die konstruksie op ’n stuk papier teken

- Laat jou kind op die grond lê en bou met die blokkies al om sy lyf, arms, kop en bene. Laat hy nou opstaan – julle het ’n afdruk van hom op die grond.
- Gebruik die blokkies as stensils en druk dit in verf om ’n mooi prentjie van verskillende blokkies te maak
- Plak stukkies Velcro op sommige van die sye van die blokkies. So kan julle konstruksies bou waar die blokkies aan mekaar kan vassit
- Bou ’n doolhof vir ’n karretjie of bal wat deur dit moet beweeg