BADSPELETJIES
BADSPELETJIES
Gepubliseer op 22 Junie, 2020
Gepubliseer op 22 Junie, 2020
Badtyd is een van die wonderlikste tye om te speel en te leer. Badtyd kan ook baie uitdagend wees. Een van daardie tye wanneer mamma en kind al moeg en oorgestimuleerd is van al die dag se take en aktiwiteite, en dan ontaard dit soms in ’n gehuil en geskel. Watter een badtyd ook al vir jou is, vandag wil ons graag met julle die wonderlike waarde van badtyd deel. Hoe kan jy badtyd kosbaar maak, spesiaal maak en dit sommer omskep in kwaliteit tyd en ’n wonderlike leergeleentheid.

Die Bad, Maak Konsepte Leer Interessant
Die Bad, Maak Konsepte Leer Interessant
2. Hand-oog koordinasie en Fynmotoriese Vaardighede

Die bad is ook ’n heerlike plek om hand-oog-koördinasie en fynmotoriese vaardighede op ander maniere te leer, asook taal en ander konsepte.
​
- Gooi die bad vol plastiekballetjies:
- Dit bied ’n lekker sensoriese ervaring met die balle wat teen hulle lyfies stamp wat help met die opbou van ’n liggaamskema.
- Hulle kan die balle opskep met klein jogurt houertjies of ’n soplepel of ’n sif of dit selfs probeer vang met ’n braaitang vir hand-oog-koördinasie en bilaterale integrasie.
- Gooi swaarder items in die bad en maak hulle bewus van die balle wat dryf en die swaarder items wat sink vir die uitbreiding van taal en konsepte.
- Gooi ’n paar swaar items in die water dat hulle met hulle hande onder die balle soek na die items. Die feit dat hulle net moet voel en nie kan sien nie stimuleer tasdiskriminasie. Julle kan dit interessant maak deur dat hulle eers moet raai wat die item is voor hulle dit mag uitlig

3. Speel met verskillende koppies en houertjies.

4. Versterk Handspiere
4. Versterk Handspiere
Voel jy as mamma soms onseker oor
Voel jy as mamma soms onseker oor
wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder
Loer jy na ander kinders en wonder
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
of jou kind dìt ook al moet kan doen?
Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy

Mammas kla baie maal moedeloos by my dat hulle nie tyd kry om hul kleuter te leer van vorms, kleure ensovoorts nie bloot omdat hy nie wil stil sit en luister nie. Dan stel ek mamma altyd gerus deur haar te herinner dat ’n kleuter wat rondbeweeg, als wil ondersoek en aan die gang is ’n gesonde kleuter (of peuter, soos sommige mense na hulle verwys) is. En dit is presies wat hulle moet doen – hulle moet bewus wees van hulle omgewing, hulle moet wil ontdek en ondersoek. Maar tog vereis hulle mylpale ook dat hulle moet begin blootgestel word aan die aanleer van konsepte soos vorms, kleure ensovoorts. My raad is altyd, het jy al die bad probeer? Die bad is ’n wonderlike omgewing vir die aanleer van dié konsepte. Eerstens geniet meeste kinders badtyd vreeslik. Tweedens is hulle soortvan ingehok en jy het beheer oor hul bewegings. Derdens kan die aanleer van dinge in die bad anders wees wat dit interessant maak en aandag kan behou.

Belê in ’n paar badkryte. Dit is kryte wat spesiaal vir die bad gemaak is. Jy kan daarmee teken op die bad se rand en dit vee maklik af sonder om enige merke op die bad of waslap of op die kinders te los. Hier is wat jy als met die badkryte kan doen en aanleer, anders sal skeerroom ook goed werk. Versprei dit egalig en teken met jul vingers in die room.

- Oefen potloodgreep en kontrole: om teen ’n vertikale oppervlak te teken dwing jy die pols tot ’n mate in ’n buig posisie wat die ontwikkeling van die korrekte potloodgreep aanhelp. Hier sit hy nou stil in die bad so dit is die perfekte tyd om teken te oefen. En omdat hulle kan teken en dan weer afwas is teken sommer baie meer pret in die bad
- Oefen teken en skryf vaardighede: oefen in die bad om lyne te teken, die nommer en letter te teken wat hulle die week by die skool leer. Oefen om ’n prentjie van ’n mannetjie te teken.
- Aanleer van vorms/syfers/letters: teken die verskillende vorms/letters/syfers om die bad se rand. Jy kan al van kleins af die vorms teken en vir jou kind benoem. Jy sal verbaas wees hoe vinnig tel hulle dit op deur jou waar te neem en voor jy weet ken hulle sommer al ’n klompie vorms.
- Aanleer van kleure: kleur een week net in met blou en maak hulle elke dag bewus ons werk die week met blou tot hulle blou goed onder die knie het, dan begin julle met die volgende kleur. Wys vir hulle die houer met kryte en vra om die bloue uit te haal (identifisering). Gee vir hulle die blou pen en vra watter kleur dit is (benoeming). Soek al die badspeelgoed uit wat blou is en benoem dit daarvolgens: kyk, waar is die blou walvis?
- Liggaamsdele: teken ’n mannetjie en vertel vir jou kind soos jy teken. Vra hom om jou te wys waar is sy liggaamsdele soos julle teken, bv. waar is jou oë? Die mannetjie het oë en ore; wat is nog op ons gesig wat die mannetjie kort? Hoeveel ore het jy? Hoeveel ore moet ons vir die mannetjie teken?

1. Badkryte is n belegging!
1. Badkryte is n belegging!
Bêre sommer ’n paar leë plastiekhouers bv. jogurt bakkies (klein en groot), pilhouertjies, maaskaas-houertjies, leë seepbottels ens.
- Gooi die water van die een koppie na die ander een
- Vang badspeelgoed met die houertjies
- Pas die houertjies in mekaar van groot na klein
- Kyk watter houertjies is die langste, korste, dikste, dunste, kleinste en grootste
- Benoem die houertjies se kleure
- Tel die houertjies
- Roer die water binne die houertjies

Spuitnaalde en spuitbottels kan heerlik gebruik word om mee te eksperimenteer en hand-oog-koördinasie te bevorder en die spiere in die hand te versterk.

5. Bevorder sensoriese spel
5. Bevorder sensoriese spel
Badskuim/skeerroom: heerlike sensoriese spel:
- Vryf dit oor die lyf, tussen die vingers en tone
- Teken prentjies daarin
- Blaas dit
- Steek items daarin weg

6. Bad Plastiek speelgoed/diere
6. Bad Plastiek speelgoed/diere
Plastiek speelgoed/diere: gooi ’n paar van die kind se plastiek speelgoed in die bad dat hulle ook kan skoon kom. Moedig die kind aan om bv. haar pop of plaasdiere te was met seep en ’n waslap. Die wasproses bied baie geleentheid vir die twee hande om saam te werk.

7. Geselstyd
7. Geselstyd
Dit kan ook ’n wonderlike tyd wees om sommer net te gesels, liedjies aan te leer of rympies op te sê. Dit kan die tyd van die dag wees wanneer hy rustig kan speel en gou vir jou die dae van die week sê, of tel tot tien ens. Gesels ook oor alledaagse dinge. Wat het julle vandag gemaak, wat was lekker, wat was minder lekker. Ek en my dogtertjie se badtyd in die aand is ons spesiale tyd waar ek glo ons ’n dieper emosionele band bou oordat ons net teenoor mekaar sit en gesels. Nie een van ons is iewers anders besig nie; ons sit, kyk mekaar in die oë en gesels. So ’n tydjie in ’n dag is so belangrik vir emosionele ontwikkeling. Jy sal verbaas wees hoe goed doen dit jou eie emosionele welstand om net vir ’n rukkie van tyd en als te vergeet en net op jou kind te fokus. Word saam met hulle kind, droom saam, lag saam en as dit nodig is, huil saam.