'Hoe stimuleer ek my kleinding met alledaagse aktiwiteite? 

Gepubliseer op 7 Oktober, 2019

Gepubliseer op 7 Oktober, 2019

Klink die dalk bekend?

Klink die dalk bekend?

"Toe ons kinders was het ons nie al die grand speelgoed en programme gehad nie. "

O jinne, die bure se baba het ’n opstaan tafel met liggies en geluide en teksture en allerhande dinge. Ek moet ook seker so iets kry? 

Kyk net al die goed op die rak – wat is nou nodig en wat is nie? 

Het my kind te min speelgoed en/of die regte speelgoed? 

Stimuleer ek my kind genoeg? 

Stimuleer ek my kind genoeg? 

Moes hy/sy nie dalk al begin het om een of ander buitemuurse aktiwiteit te doen nie?

Het jy al ooit oor die vrae gewonder? 

Het jy al ooit oor die vrae gewonder? 

Is jy bekommerd dat jy te min doen? 

Is jy bekommerd dat jy te min doen? 

Met al die inligting wat vandag beskikbaar is kan jy as ouer vinnig oorweldig voel oor wat jy moet doen, al moes gedoen het en of jy genoeg doen. 

Ek dink in vandag se wêreld het dinge baie verander. Ons as mammas is verseker besiger as voorheen. Die lewe oor die algemeen is meer gejaagd en dit kan bydra tot ons mate van skuldgevoelens en onsekerheid.

Die feit bly staan dat ons moet belê in ons kinders se stimulasie. Juis omdat die lewe so gejaagd en besig is, is dit noodsaaklik dat ons kwaliteittyd bied vir die ontwikkeling van vaardighede. 

Vandag kyk ons na ’n paar praktiese wenke oor alledaagse stimulasie. Hoe stimuleer ek my kleinding met alledaagse aktiwiteite? Deur iets wat in elk geval gedoen moet word. 

Navorsing toon dat take in jou daaglikse lewe die rykste is in stimulasie. 

Hoeveel geleentheid vir leer is daar in gewone take en gewone items? 

In eenvoudige aktiwiteite is daar altyd geleentheid vir die vaslê van konsepte. 

Die eienskappe wat, waar, waarom en hoe van take en objekte. 

Hoe stimuleer ek my kleinding met alledaagse aktiwiteite?

1. Aantrek 

1. Aantrek 

1.1) Benoem die liggaamsdele; vryf ekstra hard en druk daardie liggaamsdele vir verrykende leer. 

1.2) Sê vir die kind wat julle doen en gee opdragte; prys hom/haar en gee geleentheid om te help met aantrek. 

Bv. “Ons druk die linkerarm deur die mou, awh waar is jou hand? Hier is hy! Baie mooi! Hy was binne-in die mou en nou kan ons hom weer sien.” 

1.3) Benoem die kleure, teksture en doel. “Kyk jou mooi groen skoene. Voel, daar is blinkers op. Die blinkers voel grof en die plastiek by jou tone voel glad. Waar trek ons skoene aan? Skoene kom aan ons voete. Baie mooi! En ons het twee voete? Waar is jou ander skoen? Baie dankie, gee vir mamma jou skoen dan trek ons dit aan. Waar kom jou skoen? Dit is reg, aan jou voete.” 

1.4) Maak bewus van nommers. Tel die hoeveelheid knope. Hoeveel vurke pak julle weg? “Een, twee, drie en in die bad tel ek jou”, ens. 

2. Maak bewus van konsepte soos kleur, groot en klein, agter, voor, langs, onder, bo, links en regs. 

2.1) Gesels met jou kind en beskryf wat jy doen:

"Ons was jou hare wat bo-op jou kop is. En dan onder jou voete en tone."

"Ons bêre die skoene binne-in jou kas op die onderste rak." 

"Kyk daardie is die boonste rak vir jou doeke en die is die onderste rak vir jou skoene." 

"Ons klim op met die trap en ons klim weer af met die trap.”

Weet jy hoe om 

Weet jy hoe om 

jou kleinding optimaal te stimuleer?

jou kleinding optimaal te stimuleer?

Sluit vandag aan by Exito waar ons jou wys hoe om 'n leer oomblik in alledaagse gebeure raak te sien. 

3. Daar is altyd geleentheid vir motoriese beplanning 

3.1) Gee hom/haar geleentheid om iets self te probeer en om self ’n plan te maak. Dit is die moeite werd om 20 sekondes langer te wag dat hy/sy self ’n plan maak om die bal onder die tafel te kry as om net vinnig af te buk en dit vir hom/haar op te tel. 

3.2) Prys altyd, al het hy/sy net ’n klein gedeelte van die taak self gedoen. En wanneer hy/sy dit nie regkry nie sê ons nie NEE nie maar, “Baie mooi my skat, daardie voet is amper in, kom ons kyk mooi waar is die gat van die broekspyp. Sit nou jou voet in. Siedaar! Kyk net hoe mooi help jy mamma om jou aan te trek! Baie dankie my groot kind!” 

3.3) Laat hy/sy jou help die borde agtertoe dra, laat hy/sy die skottelgoedwasser se mandjie instoot en die deur toestoot; dit is dieselfde aksie maar in ’n ander rigting. ’n Wonderlike geleentheid vir motoriese beplanning. 

3.4) Laat sy/hy die badsout in die bad gooi:

Skep aand een vir haar/hom die badsout

Skep aand een vir haar/hom die badsout

​Aand twee en drie help haar/hom hand oor hand

​Aand vier laat sy/hy aand vier self probeer

3.5) Laat sy/hy jou help uitvee – ons kan aan en aan gaan.

’n Kind kan met elke taak help. 

’n Kind kan met elke taak help. 

Die tipe taak en die ouderdom van die kind gaan bepaal hoeveel ondersteuning hulle nodig het maar ’n kind hoef nie iets totaal en al onafhanklik te kan doen om iets daar uit te leer nie. Die belangrikste is dat hulle wel iets van ’n taak self doen.

4. Fyn motoriese stimulering: 

4. Fyn motoriese stimulering: 

4.1) Laat die kind verskillende items voel. 

Die bewusmaking van teksture en die blootstelling daaraan verbeter tasdiskriminasie wat noodsaaklik is vir goeie fyn motoriese vaardighede.

4.2) Laat sy/hy iets vat (hand-oog koördinasie) of vashou (verskillende greepvorming) bv:

  • Die veter
  • Die veter
  • ​Die knoop
  • ​Die knoop
  • ​Vat sy/haar hand saam met jou hand wanneer jy die rits optrek

  • ​Gee hom/haar bietjie room in sy/haar hand en laat hy/sy ook sy/haar lyf smeer

  • ​Laat hy/sy self sy/haar lyf was
  • ​Laat hy/sy self sy/haar lyf was
  • ​Laat hy/sy die seep bottel druk om die seep uit te kry

  • ​Die skep van die badsout
  • ​Die skep van die badsout
  • ​Self eet, al is dit ’n gemors
  • ​Self eet, al is dit ’n gemors
  • ​’n Grassie uittrek
  • ​’n Grassie uittrek
  • ​’n Blom vir jou afpluk
  • ​’n Blom vir jou afpluk
  • ​Klippies optel en in die glasie gooi
  • ​Klippies optel en in die glasie gooi
  • ​Vir jou ’n briefie in die sand teken
  • ​Vir jou ’n briefie in die sand teken
  • ​Jou help skottelgoed was of afdroog
  • ​Jou help skottelgoed was of afdroog
  • ​Jou help die pot roer
  • ​Jou help die pot roer

5. Soek geleentheid vir die uitdaag van balans of die liggaam vir grof motoriese stimulasie:

5.1) Soek geleentheid vir beweging bv:

5.1) Soek geleentheid vir beweging bv:

Ry in die kruiwa rond

Ry in die kruiwa rond

​Stoot hom/haar vinnig en dan weer stadiger in die winkeltrollie

​Belê in ’n paar bewegingspeelgoed soos ’n fiets en ’n swaai wat nooit genoeg gebruik kan word nie.

5.2) Loop al op die muurtjie of die tuinslang, rol op die gras, loop soos ’n dier ens.

5.3) Loop oor verskillende ongelyke oppervlaktes. 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

Voel jy as mamma soms onseker oor 

wat jou kind op watse ouderdom moet kan doen?

Loer jy na ander kinders en wonder 

Loer jy na ander kinders en wonder 

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

of jou kind dìt ook al moet kan doen?

Wil jy graag speletjies speel wat jou kind help ontwikkel

maar jy weet nie wat of hoe nie?

maar jy weet nie wat of hoe nie?

Dan is die Exito Stimulasie Program net vir jou...

Help jou kind om LaG-Lag mylpale te bereik

Exito Stimulasie Program: 

Exito Stimulasie Program: 

Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute 

is vir Mammas wat nie is nie!

is vir Mammas wat nie is nie!

Marianne Kotze

Marianne Kotze

Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt

Cecile Niewoudt

Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy