Whats App: 083 225 5156 Epos: exito.stim@gmail.com

Aktiwiteite vir die Langpad
Aktiwiteite vir die Langpad
Gepubliseer op 12 Junie, 2019
Gepubliseer op 12 Junie, 2019
Sien jy uit na die vakansie, maar jy sien op na die langpad?

Die aanhoudende vrae van hoe ver nog.
Die aanhoudende vrae van hoe ver nog.
Die alewige gestryery weens verveeldheid.

En het jy geen idee hoe om die kinders besig te hou nie?

Hier is 'n paar wenke!
Hier is 'n paar wenke!
Wel, die kar is ’n moeilike omgewing, veral vir ons besige bytjies. Hier is ’n paar praktiese wenke om hulle ’n mate van sensoriese stimulasie te gee om die langpad nie soveel van ’n straf te maak nie. Propriosepsie is een van ons sintuie wat ons kan help kalm raak. In die kar is daar nie juis spasie vir beweeg nie, so behalwe vir gereelde stop geleenthede waar die kinders kan bene rek, rond hardloop of klim en klouter gaan ons kyk na proprioseptiewe aktiwiteite vir in die kar:

Wat moet jy inpak?
Wat moet jy inpak?
'n Leë Eierhouer
'n Leë Eierhouer
Pak ’n leë eierhouer in die kar. Wanneer die lyfies te kriewelrig raak kan hulle bietjie op die eierhouer sit. Die diepdruk sal die kind help om bietjie kalm te raak.

Opblaas Kussings
Opblaas Kussings
Laat die kind op ’n opgeblaasde kussing of sap sak sit. Dit bied ook ’n mate van beweging en propriosepsie.

'n Tuis masseerder
'n Tuis masseerder
Gee vir die kind ’n tuis masseerder wat kan vibreer. Laat hy/sy die masseerder vashou en oor die lyfie masseer. Die vibrasie en diepdruk kan ook ’n kalmerende effek hê.

'n Stresballetjie
'n Stresballetjie
’n Stresballetjie is ’n wonderlike ding. Moedig die kind aan om dit van die een hand na die ander te druk. ’n Sensoriese stekel balletjie werk ook baie goed.

'n Oefen rek
'n Oefen rek
’n Oefen rek kan ook handig te pas kom om ekstra weerstand strekoefeninge in die kar te doen. Bind die twee punte aan mekaar vas. Laat die kind die rek bo sy/haar kop trek met albei hande om so die arms te strek of laat hy/sy die rek met sy/haar voete trap om te strek. Hy/sy kan sy/haar voete binne die rek sit en sy/haar voete oop beweeg om te strek.

Stop Gereeld
Stop Gereeld
Wanneer julle stop en bietjie beweeg doen strekoefeninge, hardloop bietjie rond, doen 10 sterspronge ens.

Strekoefeninge in die kar
Strekoefeninge in die kar
Probeer ’n paar strekoefeninge in die kar:

o Raak die dak en raak jou tone
o Raak die dak en raak jou tone
o Steek jou hande bo jou kop en buig dan eers na links en dan na regs

o Druk julle lywe met julle hande op
o Druk julle lywe met julle hande op
o Druk die hande styf teen mekaar
o Druk die hande styf teen mekaar
Speletjies vir die langpad
Speletjies vir die langpad
Om die langpad korter te laat voel en boonop opvoedkundig te benut kan julle die volgende speletjies speel:

Simon Says...
Simon Says...
“Simon says” – die kinders mag net doen wat Simon sê. Simon sê raak aan jou kop, Simon sê kam jou hare, Simon sê klap jou vingers ens. Dan sê jy bv. Sannie sê raak jou tone, dan mag die kinders dit nie doen nie.

Ek sien met my kleine, kleine ogies...
Ek sien met my kleine, kleine ogies...
“Ek sien met my kleine, kleine ogies…” Speel met items wat groot buite is en nie vinnig verby gaan flits nie of items in die kar. Moedig die kinders aan om te raai voordat jy begin leidrade gee. Gee ook vir die groter kinders kans om aan te wees.

Dink aan iets..?
Dink aan iets..?
“Dink aan iets…” Die een wat aan is het kans om aan iets te dink. Die ander moet vrae vra om uit te vind wat dit is. Die geheim is dat die persoon wat aan iets dink slegs “Ja” of “Nee” mag antwoord. Die eerste een wat reg raai wen en kan dan aan wees. Bv. “Is dit iets wat ons kan eet? Gebruik ons dit in die badkamer? Kan mens daarmee speel?”

Ek dink aan..?
Ek dink aan..?
“Ek dink aan…” Jy gee ’n paar leidrade en hulle moet raai bv. “Ek dink aan iets wat mens kan eet, dit is groen buite, pienk binne en ons eet dit altyd by ouma en oupa op die plaas met Kersfees.” Hulle moet dan raai wat dit is.

Eendag lank, lank gelede...
Eendag lank, lank gelede...
Begin ’n storie vertel en elke kind kan dan ’n kans kry om te sê wat hy/sy dink met die storie gaan gebeur. Bv. “Daar was eendag ’n seuntjie en ’n dogtertjie met ’n groot, groen hond.” Vra vir hulle om die storie verder te vertel. In die kar ry is ook die ideale tyd vir stories lees of stories luister op die radio. Jy kan daai denke verder stimuleer deur bv. vir hulle te vra wat hulle dink sou gebeur het as die prins nie by Sneeuwitjie opgedaag het nie ens.

Liriekeraai?
Liriekeraai?
Liriekeraai! Die een wat aan is sê ’n woord en die ander moet probeer dink aan ’n liedjie wat daardie woord in het. Bv. olifant – oom olifant, jou reuse dier.

Ek pak in my tas...
Ek pak in my tas...
“Ek pak in my tas…” Hierdie is ’n lekker geheue speletjie wat almal in die kar kan besig hou. Elke persoon kry die kans om ’n item in die tas te sit. “Ek pak in my tas…’n sonbril.” Die volgende persoon moet dan die frase herhaal asook die item en nog ’n item byvoeg. “Ek pak in my tas…’n sonbril en paar rooi sokkies.” Sit elke keer nog ’n item by totdat die eerste persoon die volgorde verkeerd opsê of ’n item uitgelaat het.

Krieket
Krieket
Krieket! Ja, jy lees reg. Kar-krieket is ’n lekker wiskunde speletjie veral vir die groter kinders. Elkeen in die kar kry ’n kans om te kolf. Soos die karre van voor af gery kom kry die persoon lopies. Elke kleur kar het ’n ander waarde en so word die lopies meer, maar pasop vir ’n rooi kar want dan is daardie persoon uit. ’n Wit/grys kar kan een lopie tel, ’n swart kar kan vier lopies wees en met ’n blou kar kan jy ses lopies verdien. Sodra almal ’n beurt gehad het kyk julle wie die meeste lopies het en daardie persoon wen dan.

Handige Speelgoed vir die langpad
Handige Speelgoed vir die langpad
- Magnetiese Tekenbord
- Magnetiese Tekenbord
- Vroetel (fidget) boksie met allerhande interessante items

- Wasgoedpennetjies waarmee hulle kan konstruksies bou soos ’n vliegtuig of leer

- Gaan kyk by die boekwinkel of ander speelgoedwinkels vir plakkers wat by een soort tema pas bv. plaasdiere, vervoermiddels, seelewe ens. Gee vir jou kind die plakkers en ’n stuk papier en laat hy/sy sy/haar eie toneel plak met die plakkers. Laat die kind ook ’n storie vertel van die prentjie wat hy/sy gevorm het na die tyd.

- Gaan kyk by jou naaste opvoedkundige speelgoedwinkel. Daar is verskeie speletjies wat met magnete werk wat ideaal is vir die langpad.

- Julle kan ook jul eie magneet pret hê. As jy dalk yskas magnete het, pak net ’n plat bakplaat in en siedaar! Laat die kind eenvoudige prentjies vorm deur die magnete op die bakplaat vas te maak. Vir ’n ouer kind wat al kan spel kan jy magneet letters koop en laat hy/sy verskeie woorde uitspel.

Skakel gerus in vir ons maandelikse Exito aktiwiteite.

Daar is baie wat jy gemaklik kan aanpas ook vir die langpad.

Exito Stimulasie Program:
Exito Stimulasie Program:
Ontwerp deur Mammas wat Arbeidsterapeute

is vir Mammas wat nie is nie!
is vir Mammas wat nie is nie!
Marianne Kotze
Marianne Kotze
Marianne Kotzé het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B.Arb) aan die Universiteit van Stellebosch ontvang. Sy het toekennings ontvang aan die einde van haar studies vir die beste akademiese prestasie oor die verloop van 4 jaar, die beste bestuur van ‘n gemeenskapdiensprojek en sy was deel van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011 . Sy gaan doen haar Gemeenskapsdiens jaar in Groblersdal in 2012. In 2013 begin ‘n privaat praktyk tussen Bela Bela, Modimolle en Mokophong tot einde 2015 waarna sy na Groblersdal verhuis het en tans steeds in privaat praktyk is. In 2014 begin sy as mede eienaar Éxito stimulasie program ontwikkel en is steeds betrokke by die verdere ontwikkeling van die projek. Sy het in 2017 haar spesialisasie in Sensoriese Integrasie voltooi en is nou ‘n geregistreerde ASI terapeut by SAISI. Sy is ‘n dinamiese terapeut met ‘n passie om ‘n verskil te maak in kinders se lewens.

Cecile Niewoudt
Cecile Niewoudt
Cecile Nieuwoudt het in 2011 haar kwalifikasie in Arbeidsterapie (B. Arb) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang waar sy ook deel was van ‘n groep wat die prys ontvang het vir die beste navorsingsstudie in 2011.Haar Gemeenskapsdiensjaar was voltooi in Bethelehem, Vrystaat, in 2012 waar sy by verskeie klinieke in die omgewing gewerk het. In 2013 begin sy in privaat praktyk wat hoofsaaklik gefokus is op kinderontwikkeling en werk in Vredendal, Clanwilliam en Citrusdal en het intussen ook uitgebrei na Leipoldtville. Saam met Marianne Kotzé begin skryf en ontwikkel hulle in 2014 die Éxito stimulasie program en is steeds aktief betrokke by verdere uitbereidings van die program. Met die uitbreiding van haar kennis en persoonlike vaardighede is sy doelgerig om ‘n verskil te maak in kinders se kwaliteit van lewe.

Copyright 2019 - Exito Stimulasie Program - Disclaimer - Privacy Policy